Sport se doodskis

  • 1

Sporthelde het koning gekraai in amateurdae. Dink aan die glorieryke dae van Springbok en Suid-Afrikaanse rugby. Iemand wat op klubvlak uitgeblink het, kon provinsiale kleure wen en met genoeg durf en deursettingsvermoë kon hy in die Springbokspan stap.

Was Suid-Afrikaanse rugby nog op ‘n amateurgrondslag bedryf, sou byvoorbeeld die Sharks, wat lief vir die tjekboek is, waarskynlik nog ‘n middelmatige span gewees het. Unies soos Wynland, Oos-Vrystaat, Noordwes-Kaap en so voorts sou gedy het.

Net so het amateursport, of die amateur-era in verskeie sportsoorte, sy goeie dosis helde opgelewer. Kerry Packer, Rupert Murdoch en ander TV-base het die potensiaal van sport raakgesien om kykersgetalle ‘n hupstoot te gee. En gierige sportbase het hierna gegryp. Net so het geld ook has been sportsterre na die kommentaar-hokkie gelok … Vraag: Waarom rig Kobus Wiese of Kepler Wessels nie junior provinsiale spanne af nie?

Dus, die Indiese Krieketraad, FIFA en Sepp Blatter, Louis Luyt, die Internasionale Rugbyraad, die IOK is van die organisasies en persone waarvoor ek geen ooghaar het nie. Hulle het sport, of die skoonheid van sport, met hul “versiendheid” gesaboteer.

Daar word gereeld gespog dat die Engelse Premier Sokkerliga die beste in die wêreld is. Nou waarom wen Engeland nie die Sokkerwêreldbeker nie? Een jaar – seker ‘n goeie vyf tot sewe jaar gelede het Arsenal se span basies uit Franse en Afrikane bestaan. Chelsea het in die FA Beker-eindstryd met net een Engelsman aangepak. Wat het van God Save The Queen geword?

In die jare sewentig en tagtig was daar ware ysters in die destydse Engelse eerste divisie. Spanne wat nou in die laer ligas spook vir oorlewing het sterre opgelewer. Leeds United, met die uitsondering van ’n Skot of twee en Wallieser, het bykans die helfte van die Engelse sokkerspan opgelewer. So ook Ipswich, Derby County. Nottingham Forest het twee keer agtereenvolgens die Europese Kampioene-beker gewen. Iets wat Chelsea eers verlede jaar reggekry het na hoeveel afrigters en miljarde dollar spandeer is,.

Dit bring my by die punt wat ek graag wil maak – sportbase is verantwoordelik vir gevalle soos Lance Armstrong, Jan Ullrich, Marco Pantani – drie Tour de France-wenners wie se loopbane in skande afgesluit is.

Met die verkoop van TV-regte het borgskappe gekom. Groot bonuse. Sportsterre het oornag miljoenêrs geword. Dit het daartoe gelei dat daar gekul is om daardie ekstra pond te verdien. Sportsterre het van dollars, ponde, mark, gulde, frank, lira, krone gedroom.

Borgskappe het vir presteerders gewink. Dus was daar bykomende motivering om te kul …

Ander tragiese sporthelde sluit in Marion Jones, Florence Joyner …

En die sportbase het oor die wêreld in eerste klas gevlieg. Vyfster-hotelle gebly. Met konings, president en diktators partytjie gehou.

En alles was dollie – solank jy nie uitgevang is nie. Hulle was egter die eerste in die koor om dinge soos dwelms, dobbel ens te veroordeel terwyl dit juis deur hul gierigheid aangemoedig is. ‘n Vet sportbaas wat nie eens ‘n sport beoefen nie verdien byvoorbeeld 250 000 dollar ‘n jaar net om vergaderings by te woon. Tog die ou wat daagliks moet harde werk verrig om toeskouers tevrede te stel, kan 500 tot 1000 dollar ‘n byeenkoms verdien. Tensy hy ‘n slim dokter het wat weet hoe om naalde te gebruik.

Armstrong mag skuldig wees, maar sportbase se gierigheid en mammon is die duiwel.

Yuri

  • 1

Kommentaar

  • Jy het 'n punt beet daar Yuri ...
    Can jy onthou hoe 'n groot voorstander Danie Craven van die amateur was?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top