Soos dit goeie Suid-Afrikaners pas ...

  • 19

... ewige lewe

In SA praat ons saam.
FC BOOT, Angus en Raed-na-gael, wil ons almal regtig vir ewig lewe?

  • 19

Kommentaar

  • Hans,
    Waarom sou jy nie wou ewig wil lewe nie?
    Ons is mos vertel dat ons (volgens die Boek) 'n keuse het en dit moet maak, nou lyk dit my dit sypel deur dat dit nie meer is soos wat ander dit algemeen verkondig, 'n skim is nie, maar iets tasbaar, 'n werklike keuse.
    'n (Lig)skim lê op die horizon, Hans.
    Die soort ewige lewe hang af van die keuse wat ek maak. Indien ek dit sou verkies, lê daar vir my 'n lekker tydjie voor - wat aanhou - gewaarborg sonder 'n "breakdown".
    Nou blyk dit volgens jou is die "evolusie" op die punt dat die mens homself in 'n masjien kan inwikkel en 'ewig kan lewe', maar sonder enige waarborg (masjiene breek).
    Hoekom sou die mens dan in 'n masjienvorm wou voortbestaan? Is dit nie 'n ook maar 'n hunkering na die ewige nie?
    Niks gaan in hierdie heelal (lewe) bly voorbestaan nie. Jou fisici bereken dat alles/alle lewe oor 300k miljoen jaar gaan vergaan. Hierdie heelal is maar net 13k miljoen jaar oud.
    Maar ons lees in Ef 4:10 - " Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het 'bo alle hemelruimtes uit' om alles met sy teenwoordigheid te vul.”
    Bestudeer dit mooi.
    Wat beteken “hemelruimtes” anders as bo die heelal uit.
    En nou is Hy buite die heelal en vul hy “alles”.
    En wat is alles? Volgens jou fisici is daar ander heelalle, nie net hierdie een nie!
    Mooi loop Hans.

  • FC Boot, Raed-na-Gael en miskien jy ook, maak julle wys, dat, as julle baie geld vir dominee gee, hy vir julle die ewige lewe sal skenk.

    • Beste Angus
      Jy het dalk in die verlede gedink die geld gaan na die dominee toe en toe besluit
      om dit liewer op iets anders te spandeer.Jy het iewers in die verlede vasgehaak
      nl in die tyd van aflaatbriewe. Geld vir jou sonde!

      Lekker dag

  • Hans Richardt

    Angus, does it Matter or Anti-matter? Selfs Newton het dit in sy teorie gestel dat alles wat beweeg 'n krag het wat in teenoorgestelde rigting werk. Alles wat tasbaar is teenoorgestelde onsigbare.
    Ek sukkel net met God se gelykenis, waarna ons almal kwansuis geskape is. As God onsigbare entiteit is, waar is die onsigbare Angus of Hans?

    • Hans
      Dit is nou regtig tyd vir jou om by te kom. Die vertaling van 'geskape na' is maar 'n swak vertaling. Onthou hierdie skeppingsverhale is geskryf deur Jode in ballingskap as teenvoeters vir die Babiloniese skeppingsverhale.
      Om die rede sal 'n mens oor "Die mens" in 'n vertaling soos die Boodskap lees dat die skrywers tot die slotsom in Gen 1 vers 2 dat '27. God het toe die mens gemaak. En die mens het iets van God in hom gehad. God het 'n man en vrou gemaak."
      Nou is dit nog meer opmerklik dat die oorlede Pous in sy baie Bybelstudievergaderings opgemerk het dat in die oorspronklike taal 'n meervoudvorm gebruik is en was hy van mening dat dit eintlik behoort te lees: “And God created humanity. Male and female He created them. Adam and Eve.”
      Jy sien Hans ek het 'n draai deur al die Susterkerke gemaak en was ouderling in sommige en diaken in ander, sekretaris , Sondagskoolonderwyser ens. Wat opmerklik was dat nie een van die baie Predikante die moed van oortuiging gehad het om die skeppingsverhale in die regte perspektief te stel en krampagtig bly vasklou aan 'n 6000 jaar oue aarde en 'n ses dae van 24 uur skepping.
      Daarom het ek my voorgeneem om die dag as ek afgetree is, my eie studie te onderneem, alles te lees, argumente voor en teen te bestudeer. In my soeke het ek ook 'n webblad soos 'Fact and Faith' afgekom wat 'n ander perspektief daar stel.
      Die probleem is dat ateïste heftig beswaar maak, want dit wat hul as hul uitsluitlike eiendom beskou het, nou betree word deur Christene. Dan tjank hulle soos babatjies sonder 'n 'dummy' en beskuldig jou van allerhande dinge en bestempel jou as 'n dissipel van iemand uit die bose.
      Die kerk van Christus bestaan uit alle gelowiges en geen ateïs sal dit ooit oorweldig nie. Die tyd het wel aangebreek dat die kerk in die algemeen 'n slaggie bykom en evolusie en die dryfveer natuurlike seleksie nie as duiwelwerke beskou nie, maar wel as die meganisme waardeur die Skepper die mens in sy verskeidenheid en alles in die waarneembare en nie waarneembare tot stand laat kom het, nie oor dae maar eeue heen.
      Lekker dag.

  • Wie wil in elk geval hier op aarde vir ewig leef? Ai Angus, jy wil maar altyd 'n hou inkry teen die gelowiges. Ek hoop regtig dat jy eendag berusting kry. Elke mens het 'n keuse om te maak. Jy glo of jy glo nie. Dit is gaaf vir die ouens wat nie glo nie. Hou verby, gaan aan met jou lewe. Dit is regtig nie nodig om die gelowiges altyd te diskriditeer of te bevraagteken nie. Sterkte vir jou.

  • Beste Hans,
    Soos ek jou nou al leer ken het hier op SêNet, is my beste raad aan jou: bly liewer weg van besinning oor wat ‘matter’ en ‘antimatter’ is, want ek kan sien, dit gaan jou heeltemal koekoes maak.
    Kyk, moenie daaroor treur nie, moet dit ook nie persoonlik opvat nie, maar volgens hierdie teorie bestaan jy nie. Jy is gemaak van materie wat uit kwarke en leptone bestaan, sodat jy sigbaar kan wees. Die kosmos bestaan uit antimaterie wat weer uit antikwarke en antileptone bestaan. As materie en antimaterie in aanraking met mekaar kom, vernietig hulle mekaar in een helse vuurbol energie. Jou redding, so lyk dit my, lê in die toestand wat deur die Standaard Model, en veral deur GUT (grand unified theory) geformuleer is. Die wanbalans het, na die vernietiging, een enkele partikel oorgelaat. Herhaling daarvan deur die hele kosmos, het genoeg materie oorgelaat sodat jy en die heelal met al sy sterrestelsels kan bestaan.
    So, bekommer jou maar liewer oor die Engelse oorlog en die oprigting van ʼn Afrikaanse universiteit by Orania. Ek glo nie ek sal ʼn pos daar kry nie, want ek is ʼn voorstander van Darwin se evolusieteorie, en buitendien is ek ook nog ʼn ateïs.
    Groete,
    Angus

  • Beste FC Boot,
    Geld is vir my 'n betalingsmiddel, 'n ruilmiddel om te bekom wat jy nodig het. 'n Mens moet dit op 'n eerlike manier verkry, nie deur ander mense 'n rat voor die oë te draai nie.
    Groete,
    Angus.

    • Beste Angus

      Waar val jy nou uit? Van wanneer af bepaal alle predikante self hul vergoeding? Was jy dan lidmaat van 'n kerk sonder 'n kerkraad?

  • Beste Reusedwerg,
    Dis juis waarom ek kla. As ateïs word ek nie toegelaat om aan te gaan met my eie lewe nie. Ek word bespot en almal vertel my dat ek hel toe gaan as ek nie glo nie. Ouderlinge, dominees en diakens trap my drumpel stukkend om my te bekeer, en tog maar weer my maandelike bydrae vir die kerk te gee. Boonop patroleer die Wagtorings ons straat gereeld en skree by die hek om in te kom om hulle pamfletjies aan my af te smeer. Ek vergeet ook nog nie hoe ek jare gelede aansoek gedoen het vir verskeie poste en weggewys was omdat ek nie 'n gelowige is nie. My Christenbuurman trek elke Sondag sy neus op as hy in sy sweterige kerkpak, vrou en skreeuende kinders, kerk toe gaan, terwyl ek lekker langs die swembad lê en die koel watertjies so met my tone die lug in skop.

    Dan vra jy dat ek gelowiges nie so 'n bietjie moet treiter nie? Hoe so?
    Groete,
    Angus

  • Beste FC Boot,
    Ek val uit 'n kerkraad waar ek diaken was en later ouderling. Ek het ook gedien in die finansiële komitee. Ons dominee het nie sommer net vergoeding gekry vir sy dienste nie, nee, hy het 'n traktement ontvang, en het elke jaar 'n nuwe Merc gery. Die pastorie was ook nie sommer net 'n huis nie, nee, dit was 'n amperse paleis. Mevrou-dominee het twee huishulpe gehad, plus 'n kok, plus 'n tuinier. Dit, terwyl daar naarstiglik geraap en geskraap moes word om die stywe bedrag per lidmaat elke maand aan die kerkkantoor te betaal.
    Na so 'n basaar sou die kerk se dak maar nog bly lek het, was dit nie vir 'n vernuftige ouderling wat dit verniet reggemaak het nie.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus

      Jy is dus mede-verantwoordelik dat jou predikant finansiële moord met die gemeente se finansies gepleeg het. Is jou stem daarteen darem behoorlik genotuleer of het jy met 'n mond vol tande gesit?

      Lekker dag

  • Beste FC Boot,
    Ek was toe nog 'n Christen, en gedink dit hoort so, want by al die ander gemeentes waarvan ek geweet het, het dit so rojaal gegaan.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus
      Dat dit by die meeste gemeentes waarvan jy geweet het so gegaan het is mos geen verskoning om jou stem daarteen te verhef nie.
      Jy was 'n Christen sê jy, dus 'n volgeling van 'n mens wat jy nou reken nie eers bestaan het nie. Dalk moet jy een van jou 23 Bybels nader trek en Mat.24 lees om te sien wat die Jesus, wat jy reken nooit bestaan het nie, te sê het.
      Lekker dag

  • Beste FC Boot,
    Waarom mag ek nie my stem teenoor ongerymdhede hef nie? (Of het jy dalk 'n "nie" uitgelaat.)
    Wat Jesus in die Bybel sê, is deur 'n sofis, 'n filosoof geskryf, en besit baie waarhede. Ek leef daarvolgens, want dit is by my tweede natuur. Eintlik het ek nie eens die Bybel nodig om dit vir my te sê nie. "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself." Ek het my buurman, met sy vrou en kinders lief as hulle Sondae so minagtend na ons langs die swembad kyk, terwyl hulle swetend in die Durbanse son, kerk toe gaan. Nog nou die dag het ek my hele studeerkamer omgekeer en uitgevee, want toe ek my hand vol geld op die tafel neersit, het 'n Rand op die vloer geval. Ek skei darem ook die koring van die kaf. As Jesus sê: "Sout is 'n goeie ding", weet hy nie waarvan hy praat nie. Ek weet dat sout gevaarlik is vir die mens. Dit jaag jou bloeddruk op, en verstop jou are. En ek is nie eens ’n god nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste FC Boot,
    Soos gewoonlik, het jou webverwysing niks met die prys van eiers te doen nie.
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top