Soeke na waarheid

  • 43

In die soeke na waarheid moet eers die waarheid agter die "waarheid" nagevors word.

 

  • 43

Kommentaar

  • Die gesoek na die waarheid is 'n eienaardige verskynsel. Die waarheid is oral. Dit kan nie gesoek word nie.

    • Die waarheid is wel orals, maar nie altyd maklik waarneembaar nie, die dat daar ook gesoek en nagevors hoort te wees.

  • En die wat wel die waarheid gevind het, soek nie meer nie. Want die waarheid het berusting gebring.

    • Die feit dat almal nie dieselfde waarheid deel nie en onderling daaroor hewig verskil, sê dat die waarheid nie gevind is nie, die dat agter elke "waarheid", die waarheid gesoek en nagevors moet word.

  • Truth is eternal, knowledge is changeable. It is disastrous to confuse them.
    Madeleine L'Engle

          • Geen tong in geen kies. Dit is 'n vreemde opmerking vir iemand wat soek na die waarheid. As jy soek na waarheid het jy seker al gehoor van bewysreg. Dit is een van die eerste plekke wat jy aandoen as jy ernstig is met die soektog. F C Boot se kennis van 'n regstaat skiet ook ver te kort. Dit is duidelik dat julle kennis van geregtigheid gebrekkig is.

        • In die howe het die waarheid 'n funksie geword van hoeveel geld jy het en hoe bekwaam jou prokureurs en advokate is.

          • Daar is 'n wesenlike verskil tussen "geregtigheid" deur jou genoem en waarheid, of anders gestel, 'n soeke na geregtigheid en 'n soeke na waarheid. In die howe word meer leuens vertel as waarhede, en op die einde word 'n beslissing gevel op die sterkte van beskikbare getuienis, en 'n balans van moontlikhede (probabilities) wat nie noodwendig die werklike waarheid weerspieël nie; die dat ek verkeerdelik vermoed het jy het na die howe tong in die kies verwys.

          • CM
            Ek was al paar keer as getuie in die geregshof. Advokate pak mekaar met mening en jy sou sweer elkeen se weergawe van die gebeure is die waarheid,afhangende aan watter kant hul staan.

            En dit het bokkerol met 'n regstaat te doen, want 'n regstaat is tog in sy eenvoudigste
            vorm 'n staat waar met wette en nie mense geregeer word.

  • Soek en jy sal vind. Klop en vir jou sal oopgemaak word. As jy reeds soos Trienie sê, die waarheid gevind het, hoef jy nie meer soekend te wees nie. Maklik en eenvoudig soos dit.

    • En natuurlik Reusedwerg, so slim soos jy is, het jy al die waarhede so eenvoudig soos dit, gevind?

  • Nog 'n bewys dat die Bybel herskryf moet word. Soek en jy sal almaskie vind. Klop en vir jou sal almaskie oopgemaak word. Bid en jy sal almaskie kry. (Vir Jan: 'almaskie' is in die woordeboek.)

    • Beste Angus
      In Lukas 11 vers 9 en 10 lees ek, sê Jesus:10 Weet julle, God is net soos hierdie vriend.(Vriend wat in die nag opstaan om sy vriend te help.)
      Daarom sê Ek vir julle: vra en God sal vir julle gee. Soek en julle sal kry. (En waar moet 'n mens klop?) Klop aan God se hemelse deur en Hy sal vir julle oopmaak.10 Want elkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek kry en elkeen wat klop, tref uiteindelik 'n oop hemelse deur aan."
      En die vraag wat jy alleen kan beantwoord Angus: ' Aan watter deur klop jy?'
      Lekker dag.

  • Ek het so 'n paar dae gelede nog aan my skelmpie se deur geklop. Sy het sowaar nie almaskie vir my oopgemaak nie.

  • "What is truth" vra Jaco ala Pontius Pilates, maar
    Madeleine het van beter geweet!
    Dink Jaco dat hy bestaan of ontken hy dat sy bestaan "truth" is?
    of neig hy na kwantum-fisika se onsekerheidsbeginsel!
    hy, al soekende in sy eie duisternis.
    Ag ja ...

    • Raed

      Pleks om bond te spring, beantwoord Pilatus se vraag,want Jesus het nie, en terloops hoe het Madelein dit beter as Jesus beantwoord?

  • Beste Jaco,
    'n Bekende Afrikaanse spreekwoord: Iemand van Pontius na Pilatus stuur: rond en bont stuur. Nog een is: iemand van bakboord na stuurboord stuur.
    Groete,
    Angus

  • My laaste pos vir die jaar. Vertrek Woensdag en arriveer Donderdag in -3gr temp in Praag (Czech Rep), vanwaar ek saam met vriende na Liberec (100km van Praag) per motor besoek gaan aflê tot 03 Jan 17. Oujaarsaand om die nuwe jaar in te wag, op die Wenceslasplein te Praag.

  • Martin op George

    Die probleem hier is die vraag. Die waarheid is nie 'n "iets" wat gesoek kan word nie. Die waarheid is altyd gekoppel aan een of ander onderwerp wat ondersoek word, of moet word. "Waarheid" het nie 'n onafhanklike losstaande bestaan nie. Geen sinvolle antwoord kan op 'n sinlose vraag gegee word nie.

    • Martin
      Jy is heeltemal in die kol met wat jy hierbo skryf; dus wat Jesus in Joh 18:37 sê: “Ek is die waarheid, en getuig van die waarheid” is soos jy sê, onsinnig, en wat van ’n verontwaardigde Pilatus die volgende vraag lok: “Wat is waarheid?” Maw wat se waarheid praat jy van, wat Jesus nie beantwoord het nie? Joh 18:38.

  • Beste Jaco
    Luister nou wat Petrus sê:" U is die Christus, die Redder wat deur God na ons gestuur is. U is die Seun van die Lewende God.'
    Dit is die waarheid wat nog Pilatus, nog enige ander ateïs ooit kon snap nie, want soos Jesus tereg opmerk teenoor Petrus is dit nie iets want 'n mens by mense hoor nie: "Nee, my Vader in die hemel het self hierdie groot waarheid aan jou bekend gemaak.”

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top