Skryfkompetisie: Vroue wat my inspireer

  • 0

Let wel: Hierdie kompetisie het reeds gesluit.

In die lig van Nasionale Vrouedag op 9 Augustus nooi LitNet jou om ’n gedig/storie/ware verhaal te skryf oor vroue wat jou inspireer. 

LitNet verwelkom inskrywings oor enige vrou wat jou inspireer: jou ma, jou vrou, jou suster, jou ouma, jou juffrou, ’n mentor of ’n publieke figuur. 

Riglyne en reëls:

  • Jy mag oor enigiets skryf, solank dit verband hou met die onderwerp.
  • Elke persoon mag net een inskrywing instuur.
  • Jou inskrywing mag nie meer as 600 woorde bevat nie.
  • Jy kan ’n gedig, storie of ’n ware verhaal skryf.
  • Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet gepubliseer mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
  • Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitend op sosiale media.
  • Die sluitingsdatum is 31 Augustus.

Hoe om in te skryf:

Stuur vir ons 'n e-pos na vrouedag@litnet.co.za wat die volgende bevat:

  • Jou naam en van
  • Jou telefoonnommer
  • Jou posadres
  • Jou skryfstuk (in die e-pos self of in ’n Word-dokument)

Prys

Jy kan ’n boekpakkie wen met die volgende boeke wat deur NB-Uitgewers (Human & Rousseau, Tafelberg, Lux Verbi) en LAPA Uitgewers geskenk sal word:

Vroue na aan my hart 
Hannes van Wyk

Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798172646

In Vroue na aan my hart val die kollig op vroue en vrouwees. Skink ’n koppie tee en skuif reg vir ’n hartsgeselsie met ’n vriendin. Daar’s so baie om van te kies: Carike Keuzenkamp, Elize Cawood, Anna Neethling-Pohl, Michélle van Breda, Emsie Schoeman, Mariëtta Kruger, Ingrid Jones en selfs Evita. Kry ook ’n blik op die vroue na aan Hannes: sy ma, oumas, vriendinne. Humoristiese vertellings – soms selfs lekker stout – sorg vir lekker lees en weer-lees.


Paaie van hoop
Nadia Beukes

Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796320117

Ons almal se paaie lyk nie dieselfde nie. Net omdat jou pad anders is, beteken dit nie daar wag nie ’n gelukkige einde nie. Glansaktrise Nadia Beukes nooi jou saam op die paaie wat sy al geloop het: kronkelpaaie, bergpasse, en soms ook ompaaie. Só leer ken ons die ware Nadia weg van die kalklig. Sy deel haar verhaal van diepe hartseer, maar ook van uitbundige vreugde.


God praat Afrikaans 
HemelBesem

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799382761

Luister na die braste, 
wat kruisbeen oppie trap sit.
Behalwe entertainment, kry ’n taste wat Afrikaaps is!

Aitsa, sy boots het stars ..
Aitsa, hy’s soe die star ...
Aitsa, gloe dis waar ..
Hy’s John Wayne in Afrikaans!

Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde.

Dit is HemelBesem. 

In hierdie boek nooi dié gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart lê ... en hy doen dit in die taal van sy hart. 

Afrikaans. 

Oor sý Afrikaans sê hy: “Afrikaans is ’n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gesê het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.”

Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om ’n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwêreld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart lê.


50 Blaaskansblokraaie 8
Suzanne van Niekerk (Samesteller)
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799379662

In vandag se gejaagde lewe is dit uiters belangrik om ’n gesonde balans tussen werk en ontspanning te skep. Om tyd te maak vir aktiwiteite wat jou ’n blaaskans gee is nie ’n luukse nie, dit is ’n noodsaaklikheid.


Vrouekeur kreatiewe en inspirerende jaarbeplanner
Janine Bevolo-Manders
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799379846

Die Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner bestaan uit ’n versameling van Janine Bevolo-Manders se boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike illustrasies deur Rina Burger, ’n plaaslike kunstenaar, en illustreerder van die blitsverkoper ROUGE, inkleurboek vir grootmense.


Early One Sunday Morning I Decided to Step Out and Find South Africa
Luke Alfred 

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624075530

South Africa is a country rich in pathways, tracks and roads – both tar and gravel. It is also a country of wonderful stories, blessed with a varied, colourful and contested history. 

For more than a year veteran journalist Luke Alfred walked South Africa’s roads through cities, countryside and everything in between. 

Early One Sunday Morning I Decided to Step Out and Find South Africa tells the stories of some of the country’s most interesting and sometimes forgotten places.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top