Skryfkompetisie vir skoolleerders: "Ek voel anders as ander mense"

  • 3

Hierdie kompetisie het reeds gesluit.

As jy in graad 7 of in die hoërskool is, word jy uitgenooi om vir LitNet se skryfkompetisie in te skryf.

Pryse* gaan vir elk van die volgende kategorieë toegeken word:

  • graad 7
  • graad 8
  • graad 9
  • graad 10
  • graad 11
  • graad 12.

Die tema van die skryfkompetisie is: “Ek voel anders as ander mense”. LitNet verwelkom inskrywings oor enige onderwerp. Hier is ’n paar idees wat jou kan help besluit waaroor jy wil skryf, maar gebruik jou verbeelding:

  • hoe mense op Facebook, Instagram, Snapchat, ens optree
  • identiteit en selfbeeld
  • verhoudings en vriendskappe
  • romantiese gevoelens oor mense van dieselfde of teenoorgestelde geslag
  • boelies en bullebakkery
  • groepsdruk en partytjies
  • velkleur
  • enige onderwerp van jou eie keuse.

Riglyne en reëls

  • Jy mag oor enigiets skryf, solank dit verband hou met die onderwerp en jy dit self geskryf het.
  • Elke persoon mag net een inskrywing instuur.
  • Jou inskrywing moet in Afrikaans wees.
  • Jou inskrywing mag nie meer as 600 woorde bevat nie.
  • Jou skryfstuk mag nog nie voorheen elders, insluitend op enige sosiale media, verskyn het nie.
  • Die storie hoef nie fiksie te wees nie, maar gedigte sal nie aanvaar word nie.
  • Jy mag sê as jy wil hê jou storie moet onder ’n skuilnaam verskyn, maar jy moet ook jou regte naam stuur.
  • LitNet het die reg om nie alle inskrywings te publiseer nie. Indien jy inskryf, gee jy wel vir LitNet toestemming om die skryfwerk te publiseer en vir die bemarking van die kompetisie te gebruik.
  • Eksplisiete seksuele of lasterlike inhoud sal nie aanvaar word of gepubliseer word nie.

Stuur vir ons ’n e-pos na ekvoelanders@litnet.co.za met die volgende:

  • Jou naam en van
  • Jou telefoonnommer
  • Jou posadres
  • Jou ouderdom, graad en skool se naam
  • Jou skryfstuk. (Dit moet getik wees en in die e-pos self of in ’n aparte Word-dokument aangeheg wees – geen foto’s of geskandeerde weergawes sal aanvaar word nie.)

Die kompetisie sluit op Donderdag 30 November 2017.

*Pryse

Die boekpakkies word deur Protea Boekhuis, Pharos, Zebra Press, Tafelberg en Human & Rousseau geborg.

Graad 7

  • Die seun in die rok deur David Walliams (Protea Boekhuis)
  • Die tande-terroris deur David Walliams (Protea Boekhuis)
  • Aaklige ant Alberta deur David Walliams (Protea Boekhuis)
  • Blits: Perlemoendiewe deur Nadine en Adriaan Blom (Tafelberg)
  • #Presiesanders: eksperimente en eerste soene (Human & Rousseau).

Graad 8

  • Jasper die speurder deur CF Beyers-Boshoff (Protea Boekhuis)
  • Jasper en die ruimtemanne deur CF Beyers-Boshoff (Protea Boekhuis)
  • Jasper die atleet deur CF Beyers-Boshoff (Protea Boekhuis)
  • Jasper speel toneel deur CF Beyers-Boshoff (Protea Boekhuis)
  • Jasper in die wildernis deur CF Beyers-Boshoff (Protea Boekhuis)
  • Jasper in die koshuis deur CF Beyers-Boshoff (Protea Boekhuis)
  • Jasper in gevaar deur CF Beyers-Boshoff (Protea Boekhuis)
  • Jasper se sirkusavontuur deur CF Beyers-Boshoff (Protea Boekhuis).

Graad 9

  • Saartjie: omnibus 5 deur Bettie Naudé (Human & Rousseau)
  • Trompie: omnibus 5 deur Topsy Smith (Human & Rousseau)
  • Skool is ’n riller, saamgestel deur Marianna Brandt (Human & Rousseau)
  • Jenna en die leesperd deur Marga Jonker (Tafelberg)
  • Maanlig-meermin deur Troula Goosen (Tafelberg).

Graad 10

  • Mr Humperdinck's wonderful whatsit deur Wynand Louw (Human & Rousseau)
  • Mr Humperdinck's mysterious manuscript deur Wynand Louw (Human & Rousseau)
  • Kewerknaap deur MG Leonard (Protea Boekhuis)
  • Die poort: reisigers deur Nelia Engelbrecht (Tafelberg).

Graad 11

  • Lafras Cuyper in Frankryk deur Karl Kielblock (Protea Boekhuis)
  • Lafras Cuyper in Venesië deur Karl Kielblock (Protea Boekhuis)
  • Lafras Cuyper en die gravin deur Karl Kielblock (Protea Boekhuis)
  • Pharos English Dictionary for South African Schools (Pharos).

Graad 12

  • Vlerke vir almal deur Marion Erskine (Human & Rousseau)
  • Sirkus deur Irma Venter (Human & Rousseau)
  • ’n Wolf in skaapsklere en ander Afrikaanse idiome deur Kobus Galloway (Zebra Press)
  • Elevation: The thousand steps deur Helen Brain (Human & Rousseau)
  • Hartsnaar deur Cecilia Steyn (Human & Rousseau).
  • 3

Kommentaar

  • Shanda van Rooyen

    Ek is mal oor die idee, maar dink julle boekpakkies is nie ouderdomsrelevant genoeg nie. Geen gr 9 wil byvoorbeeld volgens my nog Saartjie lees nie.

    • Ek stem 100 % saam. Veral kinders met skryftalent se leesvlak is baie hoër. Dink dalk eerder aan 'n boekbewys vir 'n volgende keer?

      Maar die idee is fantasties! My dogter skryf beslis in. 🙂

    • Beste Shanda, baie dankie vir jou kommentaar. Ons sal die boekpryse uitbrei en later bekend maak watter boeke ons bygevoeg het. Vriendelike groete, Liné Enslin, assistent-produksiebestuurder

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top