Sinnelose argumente oor Afrikaans

  • 15

Ek haat argumente voor en teen oor taal wat nie patentreg of eienaarskap het nie. Zoeloe, Pedi en Tswana verskyn op geen etikette of bottels en houers nie. Ek dink die idee van globale wêreld en handel het Engels weer tot status van koloniale era verhef. In Orania is Afrikaans baas ... 

  • 15

Kommentaar

  • Op Pick 'n Pay se houer vir Full Cream Milk sal jy vind: "Good Day! Dumela!Goeie Môre! Sawubona!"

    Lekker dag

  • Beste Hans,
    As jy sê jy haat 'n argument, dan is jou beoordeling subjektief. As jy dink, gaan dit al 'n bietjie beter. Dink so 'n bietjie harder: is Engels nie al baie ver verby die koloniale era nie? As jy sê in Orania is Afrikaans baas, moet jy oppas. Netnou gooi Klaas vir baas met 'n vyfpond-kaas. Toe ek laas deur Orania gery het, het ek niks gesien nie: alles kruip weg agter 'n helse lang laning bome. Dit het my laat dink aan die Voortrekkers toe hulle nog moes laer trek. Ek sien tog al so 'n klein krakie in die naam Orania. Dis so Engelsrig as ek na die spelling kyk. 'n Mens kan dit maklik "Ourainia" uitspreek. Tipiese Afrikaanse spelling sou wees "Oranië".
    Toemaar, Hans, ek wil nie aan jou been vat nie, want dis die Engelse manier van dinge doen; daarom steek ek maar die draak met jou so op die Afrikaanse manier.
    Groete,
    Angus.

    • Beste Angus
      Dit nou daar gelaat oor Hans se haat vir sekere soorte besprekings, betoë, argumente en redenasies; ek kan in elk geval nie eintlik agterkom wat hy bedoel nie.
      Jy raak 'n interessante punt aan oor 'Orania' vs 'Oranië'.
      'Oranië' sou juis die Engelse uitspraak naboots; soos hulle bv “Pretoria” uitspreek as “Pretôrië” (Afrikaanse manier gespel vir duidelikheid). In Engels word die laaste “a” gewoonlik uitgespreek soos die Afrikaanse " 'n". Dink maar aan handelsname soos “explora” wat die Engelse uitspreek as “explorer”.
      Also en dus, gevolglik reken ek, soos ons praat van Cornelia, Pretoria, Amelia, Emmerentia, Nadia, Ria, Victoria ens moet ons ook praat van Zambia, Namibia, Argentinia, Bolivia, Liberia ens (soos ons reeds van “Orania” praat).
      Groetnis

  • Beste Jan,
    Orania is reg gespel; ek terg Hans sommer so bietjie. Dit het jou egter deurmekaar gemaak, sodat jy appels met pere vergelyk. Jy dink nou dat plekname nou almal met -ia aan die einde gespel moet word na aanleiding van Pretoria. Feit van die saak is, volgens spelreëls skryf ons Zambië, Namibië, Argentinië, Bolivia, (omdat die inwoners Boliviane is), Liberië, Australië, (omdat die inwoners Australiërs is, nie Australiane nie), Brasilië, ens. In Afrikaans is die uitspraak [zɑmbiə, nɑməbiə, argəntiniə, boləwiə\boləwiɑ, ɔstrɑliə, brɑsəliə, ləbe:riə]
    Vir spelling moet ʼn mens maar oppas. Jy kan nie die uitspraak presies weergee nie, want daar is 26 letters van die alfabet en oor die honderd spraakklanke in Afrikaans. Fonetiese voorstelling kom die naaste aan uitspraak.
    Groete,
    Angus

    • Hans Richardt

      Liewe Angus, waarom was daar nog geen ewolusie in spelreëls om Tshwane as Pretorië te spel, soos bv Namibië?

  • Beste Hans,
    Seker maar omdat ons so ver moontlik darem die uitspraak wil weergee wanneer daar geskryf word. Die uitspraak van Pretoria is [prə’to:riɑ] en dié van Namibië is [nɑ’məbiə]. Jan Spies het nog destyds op Maak ʼn Las gesê die uitspraak behoort eintlik [nɑ’mibiə] te wees.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Dankie vir daardie inligting, dit maak sin. Terloops, ek het 'n ou ou boekie hier oor Engelse grammatika en die hele boek is in fonetiese skrif geskryf. Die titel is English Grammar in fonetiese skrif maar die simbool vir die tweede “a” in “grammar” is presies dieselfde as vir die eerste “a”. Dis mos verkeerd of hoe? Dit moet eintlik neerkom op iets soos “ghramme” of “ghrammer” (as hulle dan die laaste 'r' wil uitspreek). Of luister ek nog al die jare verkeerd as die Engelse “grammar” sê?
    Groetnis
    Jan Rap

  • Jan, die uitspraak van Grammar is [‘græmə] of [‘græmər], hang af hoe Engels die Engelsman is. Ek tik sommer altyd maar [a] ipv [æ]. Om een of ander rede het my sleutelbord nie [æ], en ek is te lui om elke keer die hex-kode te tik. Die hex-kode is e6 alt-x. Daar is nie volgens my wete ʼn teken vir die Engelse silent [r] as hy nie so silent is nie.

  • Hans Richardt

    Vir my was Shakespeare se verhale in grammatika geskryf ... Donners moeilik, ek het net E vir Engels gekry ...

  • Vir my is en was Shakespeare se dramas nog altyd Grieks! Ek het 'n B vir Engels gekry, wat bleddie moeilik beteken.

  • Mens sê 'sinlose' in hierdie konteks, mnr Richardt. Sinneloos is omtrent die strekking van jou argument.

  • Net 'n opmerkingtjie Hans - Zoeloe, Pedi en Tswana verskyn nêrens op blikkies en botteltjies nie, nes jy sê. Die rede daarvoor is die Engels op blikkies en botteltjies; dit is die taal wat hulle wil hê. Hulle kom dan by Afrikaanse skole aan en EIS om in Engels onderrig te word. Hulle WIL Engels wees; ek nie. Afrikaans is afgradeer om nie op blikkies en botteltjies (en in die howe, en by SARS, en by die munisipaliteite, en by de poskantoor, en by Spur, McDonald's en by die aanklagkantoor en by die universiteite en skole en kolleges ens) te wees nie en hule s'n nie want, lyk dit my, hulle het nog nooit 'n behoefte gehad om dit daar te hê nie; hulle wil Engels hê.

  • Net 'n opmerkinkie, Jan, die spelreëls sê dat ons koninkie, laninkie, spelinkie, woninkie, so spel. So het 'n koning ook 'n koninkryk.
    Dis maar 'n klein vermaninkie, of miskien 'n kort lesinkie oor spelreëls.

    • Dankie Angus; ek hét nogal gewik en weeg (of is dit gewik en -weeg?). Het selfs op 'n stadium gedink aan opmerkingetjie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top