Sin van die lewe

  • 3

Ek wonder maar soms oor die sin van die lewe. Waarom is jy gebore en waarom moet jy eendag sterf? Tussen geboorte en dood gebeur soveel dinge, soms aangenaam, maar soms ook troumaties. Ek self het maar heelwat trouma opgedoen in my lewe, genoeg om party mense permanent in ’n gestig te laat inwoon. Tog het ek alles oorleef en gaan ek redelik goed aan!

Die Groot Skepper van Hemel en Aarde swyg en troos ons nie op ’n tasbare, opsigtelike manier nie. Ons moet net aanhou glo en krag en rustigheid in gebed soek. ’n Goeie, lang gebed het darem die manier om mens geestelik te versterk.

Maar ek wil graag die lewe verstaan. Waaroor gaan alles? Waarom is daar soveel twis en stryd op aarde? Wanneer kom die ewige vrede op aarde, wanneer sal die lam veilig by die leeu kan lê?

Maar jy soek die hemel terwyl jy nog aan die aarde gebonde is, waarvan jy nie maklik kan ontsnap nie. Sit in die parkie en peins oor verhewe dinge, maar dan word jou aandag afgetrek deur ’n mooi boud aan ’n oulike jongmens wat verbystap. So keer jy dadelik terug na die aardse, na die seksgedagtes wat God ook aan die mens geskenk het as wonderlike ontsnapping van al die stres – om seks te geniet.

Maar pasop! Die ou profete en priesters dreig met verskriklike strawwe as jy dit verkeerd doen. Seks buite die huwelik is taboe, om nie eens te praat van “selfbevlekking” en gay seks nie. Dis glo van die bose!

Tog, in die jare her het kerklikes mense gruwelik laat vermoor vir die geringste oortreding en het hulle wrede oorloë goedgepraat. Is dit dan nie ook sonde nie? Vandag nog word afskuwelike dade onder die vaandel van geloof gepleeg.
Wat my terugbring by my oorspronklike punt. Wat is die sin van dit alles?

Tiens Pretorius

 

  • 3

Kommentaar

  • Beste Tiens,
    Met die lees van jou laaste twee paragrawe, kom die vraag onwillekeurig by my op: Wat is die sin van godsdiens?

  • Hello Tiens. Dit was nogal 'n moeilike vraag om te beantwoord. Gelukkig nie meer nie. Berusting kom uiteindelik tot 'n mens en dan voel jy gelukkig in jou eie vel. Dit vat geduld en gebed. 'n Eenvoudig antwoord op die vraag het ek al in 'n vorige brief genoem wat die heer Koos Kombuis sou gesê het. Hy was blykbaar in 'n plek waar iemand die vraag gevra het, "why are we all here" waarop 'n ander persoon sou gesê het, "because we are not all there".

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top