Simulasie van Jupiter en Io Eklips

  • 3

Gedurende die nag van 16/17 November het die Galileaanse maan Io tussen die son en Jupiter deur beweeg en ’n duidelike skaduwee op Jupiter gewerp. In my animasie: Jupiter-Io Eklips, word die verskynsel, wat in werklikheid  meer as twee uur geduur het, in enkele sekondes saamgevat. Die ster links van Jupiter in die konstellasie van Taurus wek die indruk dat dit in die teenoorgestelde rigting as Jupiter en Io beweeg. Die werklikheid is egter dat dit Jupiter en Io is wat beweeg en nie die ster nie.

Die magnitude van Io op die spesifieke nag was 4,9.

’n Goeie saamgestelde foto van Jupiter en die vier Galileaanse mane en die oorsprong van hulle name kan gesien word by: Galileaanse mane. Ganymede is nie nét die grootste maan in die sonnestelsel nie maar selfs groter as die planeet Mercurius.

Panda

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top