Vir Trienie ea

  • 8

Vir Trienie, Kobus en ander godgelowiges:

Liewe Jesus hou duidelik nie van oulike bokkies nie.

http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=VklTs-Tid_I

TH
Pretoria

  • 8

Kommentaar

  • Wen-wen-storie vir jou Thys; as die bokkies weggekom het kon jy skryf 'Jesus wil nie hê arende moet eet nie'.

  • Kobus de Klerk

    Toemaar Thys, troos  jou daaraan - om jou maatstaf op jouself toe te pas - die HERE Jesus Christus is beslis lief vir jou... kyk hoe oud is jy al en jy is nog nie van 'n rots of gebou afgegooi en as prooi opgevreet deur enigiets nie, ten spyte daarvan dat jy jou so aanstootlik en antagonisties teenoor die HERE gedra.

    En wie weet, met die dat jy so gespaar bly, sal jy waarskynlik mettertyd ook agterkom en leer dat elke kreatuur en skepsel op aarde 'n rol het om te vervul en n doel het om te dien en dat die diere nie jou sentimente deel wanneer hulle oor en weer prooi nie en dat dit 'n Godgegewe sisteem is wat perfek werk, behalwe wanneer sommige mense met hul onsinnige sienswyses probeer ingryp en belangrikste van alles, dat jy dei HERE sal leer ken en eer vir Wie HY werklik is en nie wat jy van Hom probeer maak nie..

    Jy besef seker teen hierdie tyd dat jy n baie onsinnige aanmerking gemaak het wat in jou gesig ontplof.

    Kobus de Klerk

  • Thys Human (PTA)

    Presies Perdebytjie, die natuur is wreed, maar ook onthullend in die aard van die werklikheid waarin ons leef.  Hierdie soort ding vind natuurlik elke dag, elke uur, elke minuut êrens in die wereld plaas waar die een dier die ander moet doodmaak ten einde te kan oorleef. En ons wat mense is neem veral baie hieraan deel, met die verskil dat ons mense by slagpale en hoenderboerderye en op vistreilers "aanstel" om die "slagwerk" vir ons te doen – sonder dat ons dit hoef te sien en ervaar!

    Maar wat hierdie video weer eens so duidelik maak is dat daar geen manier is dat daar ’n skeppende, beskikkende godheid kan wees  wat willens en wetens hierdie bloedige natuur uitgedink en gemaak of laat wees het nie. En dit is wat mense soos Kobus en Trienie nie wil insien en aanvaar nie.  Dis net misleides wat dink dat die mens die kroon van die skepping is wat kan glo dat enige godheid hierdie dinge uitgedink het. – en soos Kobus ’n "eie rol" in die skepping aan die diere toe te skryf.  Snaaks dat dit nodig was om ’n aarde te skep met miljoene der miljoene organismes wat mekaar so moet aanval en uitwis om te kan oorleef – en die meeste daarvan vind plaas in die woude en onherbergsame woestenye waar geen mens kom of dit sien nie. Hoekom dan? 

    Nee, wat ons hier sien is evolusie in sy werklikheid – hoe wreed ook al. Evolusie het geen plan, geen doel, geen gevoel, geen gewete, geen medelye, geen voorkeure of afkeure nie. Dit IS net. Dit is die werklikheid van die lewe, maar die verskil is dat ons as mense hierdie vermoe vir waarneming en ontleding en begrip ontwikkel het wat ons in staat stel om al hierdie dinge te besef, maar ook te kan sien dat ons nie die natuur se metodes en dinge hoef toe te pas in ons onderlinge verhoudinge met mekaar nie. 

    En dan is die eerste ding wat ons doen  is om die bloeddorstige, kwaai en onregverdige godheid wat die godsdienste soos die christendom, die moslem-geloof en diesulkes vir ons voorhou, te verwerp – en hulle dwepende priesters en volgelinge se geskel en oordele oor ons te ignoreer.  

  • Kobus de Klerk

    Thys,

    Jy beweer evolusie het geen plan, geen doel, geen gevoel, geen gewete, geen medelye, geen voorkeure of afkeure nie en daarop bou jy jou konklusie dat dit nie ’n skeppende, beskikkende Godheid kan wees  wat willens en wetens hierdie bloedige natuur uitgedink en gemaak of laat wees het nie.

    Maar kyk, byvoorbeeld, net na jou eie en Perdebytjie (ook ’n ateïs) se  emosionele reaksies – dit op sigself weerspreek jou bewerings van die betrokkenheid van evolusie as lewensskepper,  juis omdat daar baie gewete, medelye, voorkeure of afkeure, beskikkings en beplannings, ens te vinde is in wat jy om jou in die natuur en die verhouding daartoe tot die mens, gadeslaan.

    Trouens, ons sien dat daar ’n baie fyn, onbeperk vindingryke, vernuftige balans is in die natuurlike sekpping van God, en dat daar juis voor en afkeure is ten aansien van habitat, voeding en assosiasie, sodat die natuurlike hulpbronne oor die spektrum heen optimaal onderling benut word in die natuurlike lewensiklus en dat die fisiese voortbestaan van alle lewende skepsels en kreature juis beplan is om op die ordelike manier verseker word deur die benutting van die natuurlike hulpbronne onderling en dat die proses weer verseker dat niks verlore gaan nie maar weer hersirkuleer om nuwe lewe te onderhou en dat dit al vir langer as  menseheugenis so aangaan.

    En hierdie uiters ordelike proses, met die mens aan die spits daarvan, sien ons bondig vermeld en beskrywe in die Skeppingsgebeure van Genesis in die Woord. Daar is absoluut niks wreed daaromtrent, nie. Die enigste wreedheid is wat mense teenoor mekaar pleeg en wat mense teenoor diere pleeg, welke loodreg strydig is met die verordeninge van God en dit gebeur juis omdat sommige mense verwyderd raak van God..

    Kyk net na die sinnelose slagtings van die ateïstiese wêreld regerings van die verlede en ander regerings en individue wat die Godsdiens wou misbruik vir julle siek en wreedaardige politieke motiewe, maar terwyl hulle self baie ver verwyderd was van God – maar nie staande kon bly, nie..

    Dus, op jou eie weergawe van wat jy onder evolusie verstaan, is evolusie ’n hersenskim as lewensskepper,  omdat die natuur met die betrokkenheid van die mens, juis nie weer soos jy sê, evolusie dit sou laat werk,. as evolusie verantwoordelik was daarvoor nie.

    So, jy wat die Godheid verwerp, verwerp daarmee saam die werklikheid en het duidelik vir jou ’n fabelagtige wêreld geskep met evolusie as jou fabel-skepper se proses waarbinne jy leef asof dit werklikheid is en is dit maar net weereens nog ’n voorbeeld van daardie agnostiese selfdesepsie sindroom in aksie.

    Kobus de Klerk

  • Thys skryf:

    "Maar wat hierdie video weer eens so duidelik maak is dat daar geen manier is dat daar ’n skeppende, beskikkende godheid kan wees wat willens en wetens hierdie bloedige natuur uitgedink en gemaak of laat wees het nie." 

    ---Thys, om by jou aan te sluit het ek hier ’n video probeer plaas van ’n kind wat aan hondsdolheid ly, met die byskrif dat Liewe Jesus ook nie juis van kinders hou nie. Die moderators het skynbaar besluit om dit nie te plaas nie, en miskien ook maar goed so want dit is nogal ontstellend. (Daar is ’n hele paar sulke video's vrylik op YouTube en elders te sien, vir diegene wat belangstel).  

    Maar dit maak dieselfde punt as die video van die bokkie, en wat jy hierbo maak. Wanneer mens die natuur aanskou is dit taamlik ooglopend dat die natuur nie goed of boos is nie. Hy is maar wat hy is. Hy maak wel heeltemal sin uit ’n evolusionêre oogpunt beskou.

    Verskynsels soos hondsdolheid skep vir kreasioniste ’n probleem, want volgens hulle eie argumente kon so iets nie deur evolusie ontstaan het nie – dit is immers te kompleks. Dit laat net een alternatief en dit is dat hul liefdevolle God dit doelbewus geskep het. Nou wonder mens watter tipe van ’n monster sou doelbewus so iets skep, en met watter doel!

    Meer verligte gelowiges aanvaar evolusie, en beskou hondsdolheid in dieselfde lig as enigiemand anders: dit het deur evolusie ontstaan en is moreel net so neutraal as die wette van gravitasie. Hulle hoef dan bloot te wonder waarom God sou toelaat dat so iets gebeur, maar dit is darem nie so erg as om dit doelbewus te gaan staan en skep nie!

    In ieder geval sien ek by meeste gelowiges ’n dubbelstandaard: hulle gee God krediet vir alles wat mooi en goed is, maar hou hom nie verantwoordelik vir die donkerder aspekte van die lewe nie. ’n Vliegtuig stort neer en uit honderd passasiers oorleef net een. "Werklik net ’n wonderwerk," sê daardie een dan dikwels. Maar wat van die 99 wat dood is!? Wat was dit? ’n Anti-wonderwerk? 

    Net so dink vele gelowiges die skoonheid van ’n skoenlapper of blom is ’n duidelike bewys van die skepper se hand, maar hulle sê maar liewer niks van lintwurms of malaria nie.

    Interessant genoeg het ek al heelwat gelowiges ontmoet wat kreasionisme beskou as een van die ergste vorms van godlastering, juis omdat die implikasie daarvan is dat God direk verantwoordelik is vir siektes, parasiete, natuurrampe ens. 

  • Thys Human (PTA)

    Baie netjiese kommentaar, dankie.

    Maar wat ek as uiters ontsellend beskou is dat daardie video oor die kind met hondsdolheid nie deur LitNet se sensor deurgelaat is nie. Ja natuurlik is dit nie aangenaam nie, maar dit is nie meer onthutsend as Kobus de K se pogings om sy godheid se optredes te vergoeilik en andersdenkendes as't ware te vervloek nie. 

    Kan net noem dat ek op Praag se Yahoogroups-blad ook kwaai kritiek van godgelowiges gekry het. Hulle wil my selfs van die groepblad laat verwyder!

    Maar ek het hierdie video en kommentaar juis hier geplaas om vir mense soos George Claassen en Jurie van den Heever te wys dat onbeskaamde Afrikaners soos ek nie alleen in evolusie kan "glo" nie (LW die aanhalingstekens want dit is nie eintlik geloof nie), maar ook 'n radikale non-teis kan wees. 

    En ek het dit op Praag geplaas om juis vir daardie godsdienstige bekrompenes presies dieselfde boodskap tuis te bring.

    Brian, ek verwag nie van jou of enigiemand anders om my sieninge oor Afrikanerskap te deel nie. Ek verwelkom egter steun vir 'n standpunt oor evolusie wat nogal skokkend kan wees vir sommiges.    

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top