Vakbonde vs boere?

As boere nie arbeid kan bekostig, na al die skade en verliese agv 'wildcat'-stakings in oestyd, hoe kan vakbond die boere met 'regstappe' dreig???

Maw vakbond het alreeds onteien van boerderye gedoen!!!

Die pad vorentoe is om arbeid mede-eienaars in die oes te maak, sodat hul salaris van hul tasbare inset en uitset afhang. Maw arbeid word kontrakwerker wat wins deel. Arbeid dra dus dan saam met boer al die risiko vir produk gelewer. Staak en brand arbeid eiendom en beskadig die oes, moet hulself die verliese dra.

Hans

Kommentaar

  • Daar is eintlik net een opsie oor vir die boere vir selfbehoud:   Meganiseer soveel moontlik en hou jou arbeidsmag so laag as moontlik om die probleem sover as moontlik te beperk.   As daar 'n oplossing is vir die probleem, sou die boere dit lankal gedoen het.   Die probleem met 'deel van die oes maak', is daar net net winste is nie, maar ook insette.   Risiko's wat gevat moet word en verlieste wat afgewerk moet word as die seisoen nie 'n wins opgelewer het nie.   Dis hier waar die hele skema gewoonlik platval, want uiteindelik pluk die boer maar net nog 'n lat vir sy eie gat om mee geslaan te word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top