outo-aluta

g’n plek v’r halfhartigheid, twyf’l, in só ’n veldtog,
versetkampanj’, versus struktuurg’weldsindroom,
lat Mens’t innie kop kry, ja, sonn’r oor’t t’skroom,
Self-destruksie, essensieel ’n soort inn’rlik’ oorlog

leuens, b’drog, eksploitasie, aan orde vannie dag,
Naaste inne blik g’druk, inne hiërargie herrangeer,
jeentemal t’veel wat t’veel onmenslikheid ontbeer,
naïwiteit, onskuld, kil-’n-fel, deur Skeps’l v’rkrag

hoewel God’t telk’ns, oor-’n-oor, só Op’nbaar,
Mens b’wus is van so iets soos “G-herwinning”,
sal Mens so wragtig ma’ prontyt moet v’rklaar,
sekeres nette dom, vir Slimstes se Oorwinning

van alle idees is hierie seker heel holrugst’ g’ry,
net Mens Sélf kan Self yt deesk’ Krisis yt b’vry

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.