opp’rkardinale kruks

so historio-sentraal, volg’ns g’skied’nis, v’n Azania,
al vind Mens’t seer moeilik, so iets t’probeer staaf,
“Duiw’lspiek”-siekes aan’t laster, galbraak, “braaf”,
ong’willig, tot Self-identifiseer, m’t Skepping, Afrika

ná Allah Wet’skapl’ksheid’s Lewe Een gou klaar,
sal nie almal heel selle taal tetha, symst’ ilwimi,
t’veel taalkundiges, linguïste wattie wil skiemie,
hoe “onaantasbare” apartheidspejoratief ervaar

Herwinning, v’n G’wete, een g’wigtig Saak,
t’r wille van g’willigheid, wil, tot Oorwinning,
Utopia, Jannah, post-Lewe-Een-B’stemming,
afstaan v’n Self-destruksie, ultra-sup’r Taak

t’veel veels t’min g’pla m’t visie, slagspreuk, leuse,
Lewe Twee mos Homo Sjap-Sjap se éígene keuse

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top