Kan Ferdi Greyling nie lieg nie?

  • 15

'n Rukkie gelede (15 Januarie 2013) bespreek Ferdi Greyling in Beeld 'n verslag van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se kongres waarin ‘die wêreld se politieke en ekonomiese leiers` waarsku teen die gevare verbonde aan `digitale waninligting` wat strek van `terrorisme tot kuberaanvalle en die mislukking van globale regering`.

Nou kom Ferdi met 'n ongelooflik naïewe oplossing, “'n kragtige teenvoeter vir sulke waninligting”`: “Dit word koerante, TV en radio genoem. Die “outydse media” (aanhalingstekens van Ferdi)”.

Dan volg 'n ophemeling van daardie media as “'n finale soort toetsbord vir gerugte’’.
“Selfs in diktatoriale lande soos die ou Sowjetunie’’, glo Ferdi.

Ferdi noem dan 'n paar voorwaardes waaraan die koerante moet voldoen, soos geloofwaardigheid en vertroue. “Dit beteken net hulle moenie lieg nie.” Dit kan slegs as die joernalis net oorspronklike bronne vertrou, asook ‘waar nodig, die “ander kant’’( Ferdi se aanhalingstekens) se mening vra’.

Toe ek hierdie goed lees, het ek gedink aan Nietzsche: “Hulle (die geleerdes) dink dat hulle die waarheid praat, omdat hulle nie kan lieg nie’’. Want Ferdi is opreg: Hy dink dat hy die waarheid praat.

Wat bedoel Ferdi en die WEF met “digitale waninligting”? Dit is alle inligting wat die globaliste van die WEF en elders nie pas nie. 'n Beter term is “alternatiewe inligting”.

Die “outydse media”, wat op die Internet as die hoofstroommedia (Internasionale afkorting is MSM) aangedui word, is die dienswillige dienaars, om nie te sê slawe, van daardie globaliste oftewel wêreldregeerders.

Die MSM, veral die koerante en weekblaaie, is in die moeilikheid. Sirkulasiesyfers oral ter wêreld daal dramaties. Soveel dat ‘n weekblad soos Newsweek nog slegs elektronies verskyn. Die laaste nuus hier te lande is dat Die Burger 'n groot deel van sy redaksie gaan afdank.

As die oorsaak word gegee dat amper alle nuus gratis op die Internet beskikbaar is. Dit is egter nie die volle waarheid nie.

Die “outydse media’’ het altyd die monopolie op hul eensydige nuusverspreiding gehad. Die lesers het hulle geglo. Ek hoor nog my ouma: “Dit was mos in die koerant.’’

Op die Internet is daar egter alternatiewe inligting. Mens weet nou, of kan dit altans te wete kom, dat die oorlog in Afghanistan gevoer is om die opiumtoevoer na die Weste te beskerm en nie, soos Leopold Scholtz geskryf het: “Vir vryheid en demokrasie’’ nie.

‘n Ekonoom, wat as ‘n rubriekrywer in Sakebeeld jare lank gewaarsku het teen Alan Greenspan en die FED se krediet-tsunami (“fly now pay later’’, “borrow your way to prosperity”) en die komende krisis as gevolg daarvan, is deur Sakebeeld uitgeskop. Ons mog dit nie hoor nie.

Die belaglike storie, dat ‘n stuk of twintig Arabiere op een dag drie of vier vliegtuie kon kaap, met twee daarvan die WHS kon laat inplof en met ‘n derde een die Pentagon beskadig, het die meeste koerantlesers geglo (behalwe ‘n paar Beeld-joernaliste wat ek van weet, maar hulle moet hul bek hou). Deur die Internet weet ons nou dat die CIA en Mossad die waarskynlike aanstigters en uitvoerders was.

Almal wat ‘n afwykende mening koester oor hierdie en baie ander sake, word as komplotdenkers gebrandmerk.

Oor die MSM se ondersteuning van die siekte-industrie, met name die kanker- en diabetes-epidemies kan mens 'n boek skryf. Google vir die `ander kant` byvoorbeeld “cancer” en “mafia”. 26 Miljoen trefslae (0.10 sekondes).

Ferdi se ’ander kant’ kry mens nooit in die MSM nie, maar wel as ‘digitale waninligting` op die Internet.

Vir wie belangstel in ‘digitale waninligting’: Google enige onderwerp: `global warming`, oncology,`Big Bang`) gevolg deur `controversial` of `alternative`.

Bokwerda

  • 15

Kommentaar

  • Ferdi was in die laat 90's 'n onderskrywer van die 'wigte en teenwigte' wolhaarstorie.

    Ek is egter (natuurlik) nie nuuskierig oor waarom hy daardie woorde klaarblyklik uit sy onmiddelike woordeskat verwyder het nie maar spits slegs my ore in die hoop dat jy sal uitbrei op jou 5de laaste paragraaf waar jy oor Arabiere gesels. Ek is nie seker of jy dieper as die komplotdenkers gedelf het en of jy een van hulle is nie. Skyn bietjie die flits direk daarop asseblief.

  • Dis nes jy daar sê Bokwerda.  Ek het dit al meer as eenkeer ondervind; skryf iets, of sal ek sê wys iets uit wat daarop wys dat mense slaafs glo wat in die koerant staan, of iets wat die koerant ongemaklik maak word dit bloot uitgegooi of so verander dat jy nie jou eie brief erken nie.

    Maar, ek moet sê, ek sluk swaar aan die storie van die Mossad en die CIA.  Om watter rede sal hulle so-iets aanvang?

  • Best Dave en Jan Rap

    Dave, jy kan my gerus `n komplotdenker noem, want ek is een. Samesweringskenner is ook `n mooi woord. Ek is dit sedert my studentejare toe ek bedrieg is deur twee predikante. Ek het toe uitgevind dat hulle en ander (`n staatsaanklaer, `n adjunkminister, `n burgemeester, ens) mekaar beskerm en
    die hand bo die hoof hou. Gevoeg by my onblusbare navorsinginstink, ook buite my vakgebied, het dit my ‘n komplotdenker gemaak, soos geen ander nie. Daardie lewenshouding het ook al my lewe gered, maar dit is ‘n ander storie.

    President Roosevelt (Delano of Theodore) het reeds gesê: In die politiek gebeur niks toevallig nie.
    Alles word beplan en alles is onder beheer.

    Wat die nine-eleven inploffing van die Wêreldhandelsentrum betref, het ek dieselfde aand reeds besef, dat daardie saak stink. Die CNN-verslaggewer kom elke half uur met steeds meer dooies. Eers duisend, toe vyfduisend, om tien uur reeds tienduisend dooies en om twaalf uur in die aand is die getal van twintigduisend genoem. Uiteindelik was daar amptelik 2800 dooies.

    Die getal 28 is ‘n bekende Vrymesselaargetal (die getal 14 en alle veelvoude), soos julle maklik kan uitvind.

    Later blyk dat die volgende dag nog ‘n derde gebou langsaan ontplof het. Dit is, met ‘n bietjie gesonde verstand, tog baie onwaarskynlik dat ‘n stuk of twintig Arabiere deur al die sekuriteitskontroles kon loop en al die vliegtuie kaap? Tensy hulle deur hoërhand (lees CIA) gehelp sou wees.

    Later het geblyk (lees die Internet, Google maar 9-11 en ‘controversial’) dat die vliegtuie van buite af gestuur is om teen die geboue vas te vlieg.

    ‘n Jaar later kon mens aflei hoekom dit alles gedoen is. Die Amerikaanse volk moes kriegsfertig gemaak word vir die oorlog teen Irak anderhalf jaar later.

    Voldoende verduideliking?

  • Bokwerda, 
     

    Is jy ernstig - en dan predik jy vir die verantwoordelike media dat hul onverskillig is - hoe voel dit om deel van die gekkegrens te wees, wat jul gedurig laat dink net julle het die waarheid in pag en terwyl die res blind deur die bestaan gaan?.

     
    En dan prys jy jouself oor jou navorsinginstink.  

     
    Belaglik
     
    Jy glo wat jy glo en gaan soek dan die webwerwe wat dit ondersteun. 
     
    Die een meer gek as die ander. 
     
    Kan hierdie absurde stellings van jou hoegenaamd staaf word, behalwe vir 'n gekkige webwerf wat dit bevestig, 'n werbwerf, met 'n naam soos '911Trurth', 'CIA911Truth', of iets in der voege...
     
    Wouter
     
    Samesweringsdenker is die verkeerde terme want dit maak 'n bespotting van die begrip denker.....
  • Behalwe vir 'n ander postering wat nog nie geplaas is nie, waar ek wonder hoekom bevind julle samesweringsteoriste julle self gedurig op die gekkegrens is daar tog die volgende vraag? 

     
    Wanneer is die waarheid aan jou en die uitverkorenes openbaar en dan spesifiek aan jou? 
     
    Behalwe nou vir jou 'vlymskerp navorsinginstink' ? 
     
    Wat laat jou sien, wat die res te dom is om te sien? 
     
    Hoe het julle toegang tot Mossad en die CIA se diepste geheime gekry waar dit in besonderhede beskryf is hoe die plan gaan werk? 
     
    Hoeveel ander geheime het jy nou al ontdek, wat die res van die bevolking nog moet ontdek en kan die nuus dalk nou gedeel word?
     
    Die oorlog in Irak het $1 200 000 000 000 000 gekos en die oorlog in Afghanistan ongeveer $ 500 000 000 000 en verwante kostes bring dit tot en met $3000 000 000 000. 
     
    Die opbrengs uit opium is ongeveer $3000 000 000 en is 'n onwettige bedryf. 
     
    'n Halwe triljoen dollar agter drie miljard dollar en die inkomste uit olie vir Irak is maar $67 miljard is. 
     
    Drie triljoen dollars vir 67 miljard dollars 'n jaar se inkomste, terwyl 95% van Irak se inkomste na hul begroting en heropbou gaan. 
     
    Dit werk nie uit nie. 
     
  • re
    'Deur die Internet weet ons nou dat die CIA en Mossad die waarskynlike aanstigters en uitvoerders was.' (steeds dieselfde paragraaf waarna ek reeds verwys het)

    Wie is die 'ons' waarvan jy hier praat? Ek dink dit sal meer van pas wees as jy jouself 'n
     ''verbeeldingsdenker' noem want aan verbeelding skiet jy geensins tekort.

  • Insake, re....

     
    My fout, dankie vir die korreksie en nog 'n groter verskoning aan Dave wat deur die vraag ook implisiet na die gekkegrens verban is. 
  • Wel Wouter, dat daar 'n verbanning na 'n gekkegrens nodig is, stem ek saam mèt die byvoeging dat Dave beslis niè die een is wat daarheen moet verkas nie. Kommentare het nooit dieselfde waarde wanneer dit met behulp van 'n teelepel verduidelik moet word nie. Dit is soos wanneer jy aan iemand 'n grap vertel en die luisteraar kyk jou met so dom uitdrukking aan. Dan verduidelik jy gewoonlik nie maar verander die tema of glimlag meewarig en stap met die kelkie in jou hand na 'n ander groep.

  • Aan Wouter en ander  
    Dit val my dikwels op hoe kinderagtig baie van die kommentaar op die SêNet briewe is. As die waarhede nie maklik verteerbaar is nie raak die kommentators persoonlik en verval in slegsê en spottereny.
    Ek gee nie om om vir gek verklaar te word nie. Julle is nie die eerstes nie. Dit verander net my agting in veragting.  

    Ek sal my tog verwaardig en gee wat kommentaar op julle kommentaar.  
    Eers ‘n paar vrae: Sluk julle alles wat die MSM julle opdis? Stel jy ooit `n vraag en doen jy ooit self navorsing om antwoorde te kry?  Boer een van julle ooit op die Internet?  

    Wie is die ‘ons’ vra Dave.
    B: Behalwe die paar Beeldjoernaliste wat ek genoem het, honderde ander wat ook nie alles vir soetkoek opvreet nie en hulle gesonde verstand gebruik.
    Dat CIA en Mossad aandadig is aan die 911-tragi-komedie is `n afleiding wat ek elders gelees het en wat vir my heeltemaal aanvaarbaar klink.  

    Wouter skryf:
    Wanneer is die waarheid aan jou ….openbaar?   
    B: Lees weer my eerste brief  

    W:   Wat laat jou sien, wat die res te dom is om te sien?    
    B:  Vrae vra. Moeite doen. Soek, lees, twyfel en dink..
    Die res is deurgaans nie te dom om te sien nie, maar neem nie die tyd nie, of het nie die tyd nie of stel nie belang nie. Of hulle het in hulle oë belangriker dinge om te doen. Byvoorbeeld golf speel. Of rugby kyk..
    Dit maak nie saak nie, so lank hulle dan maar versigtig in hulle oordeel is en nie aan gesprekke op SêNet deelneem nie. 

     W: Hoeveel ander geheime het jy nou al ontdek, wat die res van die bevolking nog moet ontdek en kan die nuus dalk nou gedeel word?  
    B: Daar is baie. Nie so seer geheime nie, maar wel ‘n alternatiewe opinie en insig in valshede en soms ook bedrog en misleiding op velerlei gebiede van politiek en die meeste wetenskappe.  
    Dit help nie om mense in te lig wat nie ontvanklik vir nuwe iedees is nie en wie se oë toe is. Om dit in godsdienstige terme te stel: ‘So lank hule nie die Lig gesien het nie’ 🙂
    Om jou nie heeltemaal teleur te stel nie, hier twee voorbeelde:
    In Beeld was daar onlangs weer ‘n huilartikel oor die Holycause.
    Ek het toe die SMS gestuur wat hulle wonder bo wonder geplaas het::
    ‘’Die getal Jode wat in die gaskamers beland het is gelyk aan die getal mans wat op die maan geland het’’.  Duidelik? 

     W: Die oorlog in Irak het $12 triljoen gekos (Gekorrigeer: Jy was drie nulle uit).  
    B: Het jy ooit gewonder aan wie daardie geld betaal is?
    Ooit gehoor van Blackwater?  Wat van Bush, Cheney, Rumsfield en ander se finansiële belange?  

    W: Die opbrengs uit opium is …..'n onwettige bedryf.   
    B:  Nou kan ek net (glim-)lag. 
    = = = =

  • Bokwerda, jy is beslis nie 'n bokryer nie en dit was my afleiding oor jou insetsel mbt die 14's:-)

    By my vraag oor wie die 'ons' is het ek tog ooglopend slegs daarop gedui dat 'ons' nie (noodwendig) met jou saamstem nie.

     

    Jy maak vreemder en vreemder uitsprake. Hoveel kollegas het Neil Armstrong gehad?  Gee jy voor dat die geskiedkundige stories oor die gaskamers verdigsels is?

     

    In jou oorspronklike skrywe het jy die moslems verdedig. Nou plaas jy blykbaar ook 'n stralekrans om die koppe van die Duitsers. Probeer jy 'n nuwe geskiedenis verkoop?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top