Israel – ’n vingerwyser

  • 7

Die afgelope tyd word daar oor Israel gesels hier op die Net. En ja, Israel is voorwaar God se uitverkore volk. En daarom werd om dop te hou as ‘teken’ van toekomstige dinge wat hier op aarde gaan gebeur.

‘n Groot deel van die Bybel handel oor die volk Israel. En wanneer jy die kronologiese gebeure begin dophou, sien jy Israel is voorwaar:
Die volk...
Die land...
Die belofte...
Die stryd...
Die heerlikheid!

Ons kan baie by Israel leer. Die Here het ‘n geestelike standaard aan Israel gestel vir die voorreg om “volk van God” genoem te word. Verlengde tye van nasionale rebellie en ongehoorsaamheid het daartoe gelei dat die Here Sy volk dikwels aan hulle vyande oorgegee het, sodat hulle tot besinning kon kom en uit foute gemaak, kon leer. Baie mense meen, (indien volledige godsdiensgeskiedenis nie bestudeer) dat God in die ou Testament uiters wreed en ongenaakbaar voorkom. Maar wanneer daar indiepte gekyk word na Israel se voortdurende rebellie, sondes gepleeg, hul ondankbaarheid oor die goeie dinge wat God hul geskenk het, hul afgodery en verwerping van die Messias, besef jy dat God moes optree! Kom ons leer by Israel ...

Maar, wonderlik om te dink op geen tydstip van Israel se bestaan was daar twyfel aan die geloofwaardigheid of geldigheid van die onvoorwaardelike beloftes wat God aan die vaders van die volk Israel gemaak het nie. Die Here self was, en is steeds, die waarborg van die Abrahamitiese, Kanaänitiese en Davidiese verbond wat die land as ‘n ewige toesegging aan Israel verseker.

Hierdie wete laat my hart swel. Die besef dat God beloftes aan sy kinders gemaak het, in sy Woord, wat Hy nooit sal verbreek nie.

Israel se toekoms is dus seker, omdat die God met wie hulle voorvaders plegtige verbonde gesluit het, getrou is. Weldra, sal God self Sy heerlikheid aan Israel en die nasies openbaar, waarby ons ingesluit is: “Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.” Hand. 15:16-17

Kom ons hou Israel maar dop – ‘n vingerwyser na die horlosie.

Trienie Mahne

  • 7

Kommentaar

  • Israil  'n Vingerwyser Beslis

    Lesbian, gay, bisexual, transgender (LGBT) rights in Israel are considered the most progressive in the Middle East and Asia.

     Israel also has one of the highest percentages of support for same-sex marriage in the world, with 61% of Israelis supporting civil marriage for same-sex couples

    [2] Openly gay soldiers serve without hindrance in all branches of the military. Discrimination against gay and lesbian soldiers in recruitment, placement and promotion is prohibited in Israel.[16] Harassment on the grounds of sexual orientation is also prohibited in the Israeli military. The military recognizes same-sex couples, including widows and widowers of the same-sex.[17] Soldiers are also allowed to participate in Gay Pride Parades.

    [18] Israel has an active gay community, with well attended annual gay pride festivals[26] held in Tel Aviv and Jerusalem since 1998. Pride events are also held regularly in Haifa, Beer Sheva, Petah Tikva, Hadera, Ra'anana, Eilat and Rishon LeZion.  

    Today, Israel's Labor Party and the New Movement-Meretz support gay rights, as did the now-defunct Shinui. Under Tzipi Livni, Kadima has reached out to the gay community.[33][34] Other minor liberal or progressive political parties support a similar platform as well, including the Green Party and the Green Leaf Party.

    Jaco Fourie

  • Nog ‘n Israeli Vingerwyser:

    Secularism in Israel shows how matters of religion and how matters of state are related within Israel. Secularism is defined as an indifference to, rejection or exclusion of religion and religious consideration.[1]

    In Israel this applies to the entirely secular community that identifies with no religion and the secular community within the Jewish community which identifies with no particular division of the religion

    The Jewish population of Israel, can be divided, albeit imperfectly, into three groups: Orthodox, Traditional, and Secular. The largest group is the Secular Jews making up 41.4% of the population, followed by the Traditional Jews accounting for 38.5% of the population, with the remaining 20% populated by the orthodox and ultra-orthodox. In Israel there are rarely distinctions made such as Reform and Conservative Judaism, although this is a popular practice in much of the diaspora.

    Secular Jews in Israel identify as being Jewish because they serve in the Israel Defense Forces (army)TT  , they celebrate Jewish holidays (usually not in strict conformity with Jewish Law), and speak Hebrew.[10] This part of the population makes up 41.4% of the Jewish population.[11] Secular Jews are largely supporters of the Israeli Labor Party and Masorti/

    Traditional Jews make up 38.5% of the Jewish population in Israel.[11] This is the second largest group. Many of these "traditional Jews" differ from the Orthodox only because they will drive their cars on the Sabbath, use electricity, watch television, or go to a soccer game or thebeach frequently after attending religious services in the morning and the evening before.

    19.9% of the Jewish population identifies as Orthodox ("dati") or ultra-Orthodox.[11] Most of the Orthodox and some ultra-Orthodox, believe that secular Zionist nationalism and Judaism can successfully work and live together in Israel. Politically they align with National Religious Party, the Morasha Party and by the two state-appointed Chief Rabbis. Orthodox Jews are often seen wearing knitted yarmulkes.[14]

    The ultra-Orthodox (Charedi) are the smallest part of the population, representing only 8.2% of Jews living in Israel.[11] The Charedim tend to live in their own communities and live according to Jewish law by following moral and dress codes passed down from ancestors. This part of the population is often seen wearing black hats or yarmulkes and some Hasidic sects are related to Hasidic sects in the United States.

    Dus die werklike goddelike Jood maak net 8.2% van Jodendom ‘n Vingerwyser beslis.

    Jaco Fourie

  • Ek stem nie saam nie - die bybel is absoluut geen handleiding vir  toekoms voorspelling of die verlede, die boek neem ons omtrent 6 000 jaar terug terwyl die heelal ongeveer 7 biljoen jaar oud is . hierdie is maar net weer 'n godsdientige resep vir oorlog-iets wat godsdiens groepe natuurlik baie goed kan doen.

  • Hoekom het die Jode vir 40 jaar in die wildernis rondgedwaal?

    Moses het 'n munstuk verloor...

  • Jaco,

    Dankie vir jou brief, jy het my nou eers opgewonde!

    Jou skrywe is so in die kol, dat my hart skoon ‘n slag gemis het. Natuurlik is jy reg, omtrent Israel en hul huidige toestand. Baie mense dink dat die slag van Armageddon, soos die bybel dit voorhou, vir die sondaar bedoel is. Dit is nie! Dit is juis vir die Jood, juis omrede van die Jood se afvalligheid en verwerping van hul Messias (kruisiging). Die oorgrote meerderheid van die Ou Testament handel oor die Jood en sy geskiedenis. Na die kruisiging, wat eintlik die begin van die NT is, het God se aandag gedraai na die heiden - ons (Kerkbedeling) – maar vir seker is God nie klaar my Sy volk, die Jode nie. Eintlik moet ons vir die Jode dankie sê, want so het die genade van God na ons gedraai.

    Die kerkbedeling is naby sy einde. Ons leef voorwaar in die Laodiceaanse (sewende Open 3:14-22) kerk wat gekenmerk word aan afvalligheid en louheid. Selfs die ongelowiges kan dit sien, en die kerk self sal dit nog minder erken. Maar as hierdie kerkbedeling sluit die dag, draai God se volle aandag weer terug na die Jood. Dan is die genadebedeling verby.  

    Dit is die Jode wat Jesus gekruisig het. Wou nie die Messias aanvaar. Daarom het God Sy gesig na ons gekeer (heiden/kerk). Met die Jood gaan hy afreken heelwat later wanneer die kerkbedeling verby is.

    Die doel van die 7 jaar verdrukking is dus juis om die Jood op sy knieë te kry! Om hom te laat insien dat hy sy God verwerp het. Daarom sal die Jode nie in die eindtyd ontpop in ‘n christelike land nie!  Ek vra verskoning as my skrywe enigsins in hierdie rigting blyk. Inteendeel, ek verwag baie erger dinge wat gaan plaasvind. Jou skrywe is so in die kol – ‘n tipiese Sodom en Gamorra. Soos die bybel self hierdie “tyd” noem, voor die groot en deurlugtige dag van die Here aanbreek.

    Selfs die antichris gaan deur God gebruik word, om die aandag van die Jood te trek.   

    Ek verwag nie die Jode as vingerwyser van ‘n “gelowige voorbeeld” nie, hul vingerwyser is juis  afvalligheid, moord, oorloë, haat van die christendom.  

    Ek waardeer jou insette/info hierbo, Jaco, omtrent Israel, en sal dit defnitief druk om in my Eindtydse leër te plaas. Voorwaar speel hul die spel soos vervat in die Woord van God. My doel is ook nie om jou te probeer oortuig omtrent wat reg of verkeerd is. Ondervinding het my geleer wie van siening sal verander, of wie nie. Jy gaan in elk geval nie na my luister – maar voel ek dit is niks minder as reg dat ek jou ten minste terug antwoord.   

    Voorwaar sal daar ‘n dag aanbreek, wanneer die Jood op sy knieë na die ware God en Messias sal roep, dan sal God aan Sy volk s?, “Hier is Ek” en hul verlos van die verskriklike skrikbewind van die antichris. (Eintlik ‘n pragtige belofte aan die Jode, in die Woord opgeteken.)

    Ek waardeer.

    (Alhoewel ek nie tyd daartoe het om dit op te kyk nie, glo ek dat KdK hierdie onderwerp al breedvoerig op hierdie forum bespreek het.)

    Trienie

  • Johan,

    Ek antwoord jou ook terug soos ek dit sien. Ek self glo ook nie aan die 6 000 jaar wat sekere mense voorhou nie. Sien dit sommer al raak in Gen 1:1 en 1:2. Tussen hierdie 2 verse kon miljoenie/biljoene? jare verloop het :

    Vers 1: "In die begin het God die hemel en die aarde geskape."  Ek glo dat God die aarde goed en mooi geskape het. Want dit is soos ek die Here ken. Dit is die 'oorspronklike' aarde vir my. Hy sou dit nie woes en deurmekaar geskape het nie.  En dan verder vers 2; "En die aarde was woes en leeg..."  Tussen hierdie twee verse het iets groots gebeur dat die aarde woes, leeg en donker geword het.  Sekere mense glo dit was die uitwerping van Lucifer uit die hemel, of soos ander dit noem :  "The big bang".

    Hoe dit ookal is, glo ek dat die bybel soos dit vandag voorkom, goed genoeg is vir ons om die nodige dinge omtrent die saligheid te weet. Dit wat van belang is. 

    Verder bring die wetenskap ook sy aandeel om hierdie ander interresante dinge vir ons oop te maak. 

    Geniet jou lewe hier op aarde. Leef voluit!

    Trienie 

  • Oi  gevalt!!

    Die fundamentalisme drup soos varkvet van hierdie artikel.

    Alles word verabsoluteer en as ENIGSTE waarheid aangebied en verslind.

    Oi vay!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top