ilwimi

word elk woord ma’ mos nette stuk taal, vorm,
sup’r-ultra-dinamies, persepsie, re lingua-teorie,
meer spesifiek, binne konteks, tongvrugfilosofie,
’n legkaartstuk, in grot’r-geheel-v’rhaal, norm

hou taal haar mos nooit oppe eksklusief afstand,
haar funksies nooit diskonjunk, of buit’ v’rband,
ineeng’weef, soos onn’rafdelings, vanne koerant,
v’rsprei sy, sosio-g’neties, tonglangs, in praatland

vooruitgang, progressie, Self g’evalueer, stap-vir-stap,
nie soos ’n onkund’-ontkenn’r, vuil bloed yt’ klip wil tap,
aaire mooitjies inspan, alle klanke, nuwe woorde, sinne,
dring haar energie, vol vibrasies, spraakorgaan binne

van iew’rst’, heel b’sonn’rs, ekstra-ordinêr ordinêr,
tongskynlik b’reikbaar, fisio-taalkundig glattie ver

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.