Ek moet bieg!

Ek het nogal erg gesukkel met herstel van pype onder die wasbak van die badkamer. Dis maklik om 'n buigbare/'flexible' pype op te skroef, maar dit hou net solank die plastiekpyp nuut is en dan kom ’n onverwagse lek, as mens 14 ure op pad is en by werk sit! Dis nogal ’n vet gemors as alles onder water is, matte ens!

Koperpyp is die beste, as jy van die begin die pype presies gesny kry! As die pype nie presiese lengte is nie, met los konneksies, is daar 'n drup wat irriterend is! Omdat werkspasie beperk is onder die badkamerwasbak, het ek met seer rug, omdat ek vorige week alleen vrieskas opgetel en geskuif het, dinge stadig gedoen. Vanoggend was vloer droog, niks wat byna onsigbaar êrens lek nie en moet ek sê 'n beter installasie. Nie 'n kraan wat los is nie of lelike pype nie! Net gesukkel om silikone wat oortollig was, af te kry vanaf wasbak!

Selfdoen word moeiliker met ouderdom? Nou ja, 'boer' maak 'n plan? Les geleer, iets wat onder stres is, gee probleem.

Hans

Kommentaar

  • Mmmm - klink my dit was maar 'n watergemors gewees. Is bly dat jy kon plan maak teen die irritasie Hansie!

    Trienie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.