Die groot verdrukking

  • 50

Die groot verdrukking is ’n waarskuwing wat die HERE Jesus Christus gegee het tydens SY Profetiese Rede (nie die Bergpredikasie soos sommige dink, nie). Mattheus 24 word as hoofstuk hoofsaaklik aan hierdie Profetiese Rede gewy, welke die HERE aan SY dissipels alleen (Mattheus 24:3) openbaar het.

Die tribulasies van die Profesie strek oor ’n lang tydperk, oor die verloop van eeue, beginnende by die beleg van Jerusalem in ongeveer 70 nC, toe die Romeine onder die generaal Titus, vir Jerusalem en veral die tempel, in puin gelê het (Mattheus 24:1-2) en derduisende Jode gedood het, presies soos die HERE dit openbaar, het. Dus, ongeveer 40 jaar na die HERE hierdie openbaring aan die dissipels gedoen het, het die eerste fase – die verwoesting van Jerusalem en die tempel – plaasgevind en dit is ’n saak van opgetekende geskiedenis.

Daarna sal volg, die grootskaalse internasionale onrus en natuurrampe wat sal toeneem in intensiteit en vir baie lank sal duur (Mattheus 24:6-7). Ons is vandag tans in daardie fase. Geskiedenis rekords toon die toename van gebeure sedert die eerste eeu, tot die grootskaalse faksie oorloë, internasionale onrus en terrorisme en die verdrukking van Jode en gelowiges (wat met Nero begin het en tot so onlangs as Hitler voortgesit is) en steeds in sommige Moslem lande en steeds in plekke soos Pakistan en Iran (Islam), Noord Korea en Sjina (beide ateïstiese regerings) plaasvind, asook een aardbewing en dergelike natuurramp na die ander (wat sedert die eerste eeu geleidelik toegeneem het in frekwensie), valse leringe word verkondig (sien maar die evolusie, standaard kosmiese model, verskillende dwaal religieë en die valse profete daarvan) en met die advent van sekulêre humanisme en uitgebreide agnostisisme, die toename van gruwels en ongeregtigheid wêreldwyd en mense se liefde vir mekaar wat verkoel, die respek vir lewe wat eenvoudig taan (aborsies, sogenaamde ‘genadedood’, grootskaalse verkragtings en kindermoord, ens) en haat wat in intensiteit toeneem en mense mekaar toenemend verraai en dié dinge sal in frekwensie en intensiteit toeneem, soos ons dit sien gebeur. Soos die Woord sê, dit is maar die begin van die smarte (Mattheus 24:6-12).

Maar daarmee saam het die HERE, destyds toe die Evangelie van die HERE Jesus Christus meet ’n baie beperkte en gelokaliseerde Jerusalem-en-direkte-omstreke platform had, geprofeteer dat SY Evangelie wêreldwyd verkondig sal word in elke land aan elke nasie (Mattheus 24:14) - en presies dit het so gebeur en dit is vandag ’n saak van opgetekende geskiedenis – want die HERE Is die Énigste Waarheid. Dit is nodig sodat geen nasie die verskoning het dat hy nie geweet het of ooit van die HERE gehoor het, nie, sodat die kaf van die korrels geskei kan word (Maleagi 4:1; Mattheus 3:12; 13:30); die mens van sonde onderskei kan word van die mens van geloof (Romeine 6:6; 2 Tessalonisense 2:3).

Wat voorlê is die Profesie soos vermeld in Mattheus 14:15 en verder. Die heiligdom waarin die bose sal staan, waarna verwys word, is nie net die fisiese tempel nie, maar inderdaad ook die liggaam van die mens, wat óók die tempel van die Heilige Gees God behoort te wees (1 Korinthiërs 6:19). Dit sien ons vandag, hoe mense vandag spiritueel huisvesting bied aan die bose, die antichris, die dwaalleraar, die verloënaar van die HERE. Dus, die “verdrukking van daardie dae” – die groot tribulasies - waarna in Mattheus 24:29 verwys word, is nog toekomstig, naamlik dié waarna verwys word in Mattheus 14:15; Daniël 9:27 en 2 Tessalonisense 2:2-4 en wat nog sal kom, ná die mens van sonde (diegene wat swig voor die spirituele aanslag – dwaalleer verkondigers, valse leraars, agnostici, ens.) ten volle geopenbaar is. Dit is ook die tyd wanneer die mens van sonde, die ongelowige, die spirituele vyand van God, direk getref sal word. God stel egter die HERE se wederkoms uit, omdat HY algar die geleentheid gee om te besin (2 Petrus 3:4-9) - selfs om die tribulasies daarvoor te gebruik, want dié wie die HERE opreg vir die regte rede (die erkenning dat Hy die énigste ware en almagtige God is en die enigste Redder) aanroep, sal verlos word.

Die kataklismes waarna in vers 29 verwys word, verwys na ’n omvangryke gebeurtenis van astronomiese én spirituele proporsies. Trouens, die astronomiese gebeure is in reaksie tot die hewige Spirituele gebeure wat in die hemele plaasvind, wat die koms van die HERE (Mattheus 24:30-31) voorafgaan en vergesel. Die vallende sterre waarna verwys word, is enersyds ’n verwysing na die letterlike val van spirituele wesens (gevalle engele) uit die lug na die aarde om hulle kataklismiese handelinge te verrig en die inwerkingstelling van hulle oordeel te ontvang (Openbaring 9:1; 2 Petrus 2:4) – hulle word dikwels na verwys as ‘sterre’ of verskietende sterre (Daniel 8:9-11; Jesaja 14:12; Lukas 10:18) - asook die feit dat die lumineuse kosmiese liggame, die fisiese sterre, asook ons son, geskud sal word en hulle luminositeit verloor weens ’n digte, donker stofwolk (Jesaja 13:10; 24:23; Esegiël 32:7; Joël 2:10, 31; 3:15; Amos 5:20; 8:9; Sefanja 1:15; Handelinge 2:20; Openbaring 6:12–17; 8:12). Na alles, dit is God wat aan hulle die bestralingsenergie verleen om te wees hoe hulle is, soos God energie verleen aan alles wat lewe.

Daar moet in gedagte gehou word dat die openbaring van die HERE deur Hom aan die dissipels as mense gedoen is in die idioom en die taal wat hulle kon verstaan.

Die verwysing na Seun van die mens is ’n verwysing na die unieke Goddelikheid van die HERE Jesus Christus en die feit dat HY uit die skoot van ’n mens, ’n vrou, die aarde binnegekom (geïnkarneer) het. Die profeet Daniel het al ongeveer 530 vC só na die HERE Jesus Christus verwys aangesien dit só aan hom geopenbaar is (Daniel 7:13).

Die wederkoms van die HERE op die wolke, waarna in vers 30 verwys word, word ook na verwys in Daniel 7:13-14 en moet in daardie konteks verstaan word en dui op die feit dat die HERE dan uit ’n sigbare newel van die hemel te voorskyn sal kom, dieselfde soort newel wat God gebruik het om die volk daagliks in die woestyn te begelei en beskerm (Eksodus 19:9; 14:20; 16:10). Hierdie spesiale newel dui kenmerkend op die teenwoordigheid van God en sal die ganse aarde omring en oordek – dit het niks te make met reënwolke soos ons dit ken, nie. Die Heerlikheid van die wederkerende HERE Jesus Christus sal eweneens die aarde omring en Sy Heerlikheid sal oral tegelykertyd sigbaar wees en niémand sal daaroor twyfel nie en dit sal dáárom, juis nié gelokaliseer wees, nie – die HERE waarsku juis teen só ’n valse, bekrompe karnale opvatting van ’n gelokaliseerde wederkoms (Mattheus 24:23-27).

Die ‘geslag’ waarna in vers 34 verwys word, verwys nie na ’n geslag (manlik of vroulik) nie en ook nie na ’n enkele generasie, nie, maar dui op opvolgende generasies mense in ’n tydperk van kenmerkende gebeurtenisse (die Griekse woord ‘genea’ word daarvoor gebruik) – of soos ook daarna verwys word, ’n eeu – dit wil sê, die eeu (tydperk, generasies) van verval en sonde waarin die mens van sonde geopenbaar sal word direk voor die wederkoms en terselfdertyd verwysende na die verganklike net voor die oorgang na die onverganklike (Mattheus 12:32; Markus 10:30; Lukas 18:30; 20:34-35 ter demonstrasie). Die HERE Jesus Christus se aanwending van die begrip geslag word duidelik gedemonstreer in SY aanwending daarvan in soortgelyke konteks in Mattheus 11:16; 12:39, 41-42, 45; 16:4; 17:17, 21 ens. Die duur en doel van hierdie ‘geslag’, word bondig verduidelik in 2 Tessalonisense 2:3-4. Dit is inderdaad ook presies wat ons sien gebeur. Dit is die tyd waarin die kaf van die korrels geskei word en waarna die HERE Jesus Christus verwys in Mattheus 10:34-42.

Elders probeer die agnostici met hierdie kwessies deel, nadat die ateïs Panda sy onkundige interpretasies gelewer het en sy genooide agnostiese ‘kommentators’ probeer reageer – van Cornelius se waansinnige verwysing en insinuasie van aliens in ruimteskepe en OVV’s - hy kon dit darem ook regkry om ’n gelowige se weergawe van ’n inspirasie te papegaai, maar sonder om die implikasies te begryp na aanleiding van sy eie waansinnige snert oor OVV’s en ruimteskepe, by Chris se deurmekaar geskarrel verby waar hy vashaak by die kwessie of die HERE werklik bestaan het en bestaan tot by Angus wat maar net nie van die mitologie en fabelwêreld waarin hy lewe, kan ontsnap nie en alles Gods deur daardie bril probeer interpreteer. Dit is kostelik om hulle insiglose geskarrel in alle rigtings gade te slaan, maar inderdaad terselfdertyd tragies dat hulle so insigloos is, natuurlik die resultaat van hul agnostisiteit deur verwydering van God.

Groete

Kobus de Klerk

  • 50

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Beskryf die volgende nie KdK presies:

    "Return for a moment to your pre-teen days. Every neighborhood had one of them, the kid whose sole goal was to win the game at all costs. This kid, if in the middle of a game and losing, would make up his own rules, or redefine words, whatever it took to ensure that he'd win the game. As we all moved up into high school, many of our games acquired referees, we matured enough to follow the rules, and these childish antics were halted.

    Certain Christians, however, never matured enough to play by the rules, and instead, to save their savior from being a FALSE PROPHET, create out of thin air new definitions for old words. They try to change the standard definition of the New Testament word generation (from Matthew 24:34) from what it actually is into something else; a group of people that have things in common, and maybe a half dozen other variations- all equally bogus, and all designed to get their savior off the hook"

    http://www.preteristarchive.com/StudyArchive/g/genea_generation.html

  • Chris Dippenaar

    Angus, na die diens kan die kindertjies op die vloer gaan sit op die vloer rondom dominee BRAND en luister na die storie van die kinders wat verskeur is deur twee bere omdat hulle oom Elísa gespot het oor sy pankop (II Konings 2:23&24)

  • Chris,

    Nee, HEL, man, hoe lank wil jy die mense nog laat martel? Dit klink vir my al hoe meer na ds. Longdrop se oggenddiens op 'n sweterige somer Sondag.

  • Chris,

    Maar dan weet ons mos Who's who! 

    Ek wou jou nog hierdie een vertel. Soos gebruiklik met elke diens, kom die ouderlinge en diakens na die diens in die konsistorie byeen. Dan vra ds. Longdrop een van die ouderlinge om die verrigtinge met gebed af te sluit. Die betrokke oggend vra hy ou oom Koos, en ou oom Koos bid. Hy bid vir sy dorp en sy land en vir die wêreld. Hy bid vir die droogtes wat was en wat  nog moet kom. Hy bid vir die distels en die dorings, en dit is toe hy so vir die derde keer die Sjinese aardbewings en vuurspuwende berge bykom, dat hy so 'n slag asem skep. En dis toe dat ds. Longdrop (van alle mense) so saggies "amen" se. 

    "Dis die woord wat ek gesoek het," se ou oom Koos.

    Nou wonder ek soms of Kobus nie die woord amen vergeet het nie?

  • Chris Dippenaar

    Angus, oulike grappie, maar net vir 'n oomblik het ek jou gebruik van die woord "amen" allegories/simbolies verstaan en amper gedink jy bedoel dat ds. Longdrop geknor het in die gaping. Jou verwysing na Kobus aan die einde maak dit egter duidelik dat jy "amen" letterlik bedoel. Dit wys jou nou maar net wat gebeur as ons oor dinge Bybels gesels.

  • Kobus,

    Dankie vir jou stuk hierbo. Dit bevat eintlik soveel kosbaarhede wat mens opgewonde maak! Die waarheid van die Woord staan so stewig en duidelik vas, dat die spotters se lawaai daarna, net as wind voorkom.

    Soms weet ek nie wat is hul doel hier op LitNet nie. Ek lees weinig positiewe insette vanaf hulle, en kan ek nie glo dat hul net daarop uit is om gelowiges verkeerd te bewys nie. Dit moet uiters verveeld wees om net daarvoor te leef? Terwyl daar buite 'n wereld van ontdekking wag, of interessante dinge is om te doen. Tyd is so kosbaar, waarom dit op negatiewe dinge mors.

     

    Sterkte

    Trienie

     

  • Kobus de Klerk

    Trienie,

    Dit is inderdaad ’n wonderlike voorreg en ervaring om te mag deel in die HERE en SY openbaringe aan ons. Dit is ook só opvallend hoe ware gelowiges dié openbaringe geredelik kan herken en erken, omdat daar net Één Gees by ons as ware gelowiges getuig in die Woord, nes die Woord vir ons leer en ons dit sien gebeur (Johannes 14:26; 1 Johannes 5:7).

    Maar dit is ook opvallend hoe dit kontrasteer met die ongelowiges se onbegrip en onvermoë om enigiets hiervan te begryp in hul self-geïnduseerde staat van agnostisisme, selfs al misbruik sommige van hulle, soos Cornelius, die Naam van die HERE en ook dít word vir ons in die Woord verduidelik soos ons dit vandag sien gebeur (Lukas 6:46; Johannes 14:22-24).

    Ek sien elders hoe Dolf, byvoorbeeld, moeite doen om in detail vir Cornelius te verduidelik wat die verskil tussen Waarheid en ‘persoonlike waarheid’ is en hoe die sogenoemde ‘persoonlike waarheid’ wat Cornelius vir homself saamgeflans het, eintlik ’n dodelike spirituele leuen is. In stede dat Cornelius vir ’n slag gaan sit en besin oor wat Dolf en ons ander gelowiges vir hom met soveel moeite en Godgegewe insig verduidelik, demonstreer hy weereens net sy onbeholpenheid in die Waarheid en die enigste reaksie wat hy ken is om redeloos en teen Dolf as persoon uit te vaar (uiteraard, waar die hart van vol is, loop die mond mos van oor), soveel só, dat selfs sy mede agnostikus, Chris, hom tot orde moet probeer roep daaroor.

    Die enigste verskil tussen agnostikus Chris en agnostikus Cornelius, is dat laasgenoemde bereid is om die HERE se Naam te misbruik vir sy versinde leuens. Daar is egter geen verskil tussen die essensie van Cornelius se leuens en Chris se leuens omtrent die HERE Jesus, nie. Beide van  hulle het ’n ewe dodelike spirituele leuen vir hulself uitgedink wat hulle aanhang en die uiteinde daarvan is presies by dieselfde plek, weg van die Waarheid, vér weg van HERE,  al klink hulle leuens op die oor af so anders. Dit is net anders op die oppervlak, maar in die essensie, dien hulle albei satan se  leuen.

    Maar dit is ook opvallend hoe onbeholpe die agnostici oor die algemeen met die Waarheid is.

    Die onderwerp waaroor ek getuig in die artikel wat hierbo weergee word, is juis iets wat hulle onder mekaar wou bespreek. Kyk mens na die reaksie op die ateïs Panda se sinnelose en insiglose persepsies daarvan en sy uitnodiging aan mede agnostici om hom daaroor in te lig (hoe sinneloos om ander blindes vir leiding te vra - natuurlik omdat hy in Lig nie belangstel nie ne nie wil sien nie - Mattheus 13:13), sien mens dat een, Chris, homself uit die gesprek verskoon met essensieel die opmerking wat daarop neerkom dat hy nie eens weet of die HERE Jesus Christus werklik leef of geleef het, nie. Cornelius gebruik die geleentheid om weer sy waansinnige alien-en-ruimteskip fantasie te probeer promoveer by wyse van ’n suggestie terwyl Angus weer vassteek by die fabel en mitologie beskuldiging omdat hy tot niks meer volwasse in staat is, nie.

    Toe hulle egter hierbo begin reageer, het ek doelbewus stilswye gehandhaaf – ek doen dit soms met hulle – sodat almal kan sien in watter rigting ’n spontane gesprek tussen hulle oor ’n gekose onderwerp waarvan hulle niks begryp nie, rigting inslaan. Die resultaat is hierbo te sien en dit is skandalig.

    Chris het afgeskop met ’n aanhaling van ’n ander ateïs wat uitvaar teenoor ware gelowiges vanuit die bevooroordeelde onkundige en insiglose posisie van ’n ateïs. Chris, óók ’n ateïs, natuurlik, papegaai klakkeloos dié snert en meen dat dit enige gewig sal dra, sonder om te besef dat hulle juis agnostici, ateïste, is, omdat hulle juis nié verstaan wat aangaan, nie – as hulle die Woord kon verstaan, sou dit beteken dat hulle nie net die HERE erken en herken, nie, maar ook ’n persoonlike verhouding met die HERE had en sou hulle met ons saam die HERE se Naam loof. Maar juis omdat hulle daar niks van het nie, is hulle agnostici en insiglose onkundiges. Dit is só ’n eenvoudige en logiese lessie, maar hulle kan eenvoudig nie begryp hoe dit met hulle is, nie.

    Maar selfs dié trant is vir hulle te ingewikkeld. Onmiddellik slaan hulle spontaan oor in ’n onvolwasse, sinnelose spottery soos laerskool seuntjies doen wanneer hulle nie kruis of munt uitmaak van die taak ophande, nie. Dit is tipies die sielkundige gedrag van onbeholpenheid en ’n poging om dit te verdoesel deur onvolwasse gekorswel. Volwassenes sal stilbly en hulle onkunde eerder nie adverteer nie, óf die kwessie aanspreek en van die onkunde ontslae raak. Maar by die laerskool kind mentaliteit, sien ons ook tipies die kinderagtige spottery om die verleentheid van insigloosheid en onkunde te probeer verdoesel. Tragies genoeg, sonder dat enigeen hul in die geringste daartoe aanleiding gegee het hierbo, sien ons hoe hulle spontaan in daardie rigting koers inslaan, juis omdat dit hulle onderontwikkelde agnostiese mentaliteit so pas.

    Jou kosbare mededelings elders oor die verskillende dimensies, het hulle geheel en al van hulle voete af. Hulle slenter nou nog in die stof rond met kinderagtige aanmerkings - duidelik al waartoe hulle instaat is. Selfs die bekende wetenskap daaromtrent, waarop hulle ironies genoeg, so alleen-aanspraak maak, is vir hulle versluier in hul onkunde. In stede, soos ons hierbo sien, slaan hulle dieselfde laerskool seuntjie mentaliteit koers in met jou, ook natuurlik om hul onbeholpenheid te verdoesel.

    En so is hulle ook nuttig, al is dit op 'n baie negatiewe manier want hulle dien as direkte voorbeelde van hoe die agnositsisme die verhewe Godgegewe menslike hoedanighede (Psalm 139:13-15) wat hom nog altyd van dier en plant onderskei het, gaandeweg onderdruk en verrinneweer, 'n voorbeeld van hoe dit lyk as mens stadigaan spiritueel van binne af sterf en leeg word - n afskrikmiddel is hulle. Hopelik ook vir hulself want dan is daar hoop tot besinning.

    Groete,

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    KdK, kom ek herinner jou gou wat jy hierbo skryf:

    "Die ‘geslag’ waarna in vers 34 verwys word, verwys nie na ’n geslag (manlik of vroulik) nie en ook nie na ’n enkele generasie [my skakel hierbo demonstreer sonder enige twyfel dat dit inderdaad die geval is], nie, maar dui op opvolgende generasies mense in ’n tydperk van kenmerkende gebeurtenisse (die Griekse woord ‘genea’ word daarvoor gebruik) – of soos ook daarna verwys word, ’n eeu – dit wil sê, die eeu (tydperk, generasies) van verval en sonde waarin die mens van sonde geopenbaar sal word direk voor die wederkoms en terselfdertyd verwysende na die verganklike net voor die oorgang na die onverganklike ..."

    Hierdie SPIN van jou is geheel en al afhanklik van jou interpretasie van die woord 'genea'. As hierdie interpretasie van jou nie werk nie, wat inderdaad die geval is, val jou argumente heeltemal plat.

    Wat my betref is hierdie gesprek met jou onmoontlik. Jy duik links, regs en op en af, maar vermy heeltemal die kaart wat jou huisie inmekaar laat val: Jesus was 'n vals profeet, en om hierdie feit te probeer weerspreek kan nie gedoen word sonder om oneerlik te wees. Iets wat nog nooit 'n probleem was vir jou nie.

  • CorneliusHenn

    Die titel van hierdie vuur en swael dwepery deur Kobus de Klerk (soos gewoonlik ook sonder enige erkenning aan diegene wie se eerbare werk hy so blatant as sy eie voorgee en verniel), moes eerder "die groot onderdrukking" gelees het.

    Kobus de Klerk se onthutstheid met die terme ateïs en agnost blyk werklik ontroosbaar te wees.  

    In sy patologies narsistiese waan pas sy self gemaakte term "agnostikus" nou ook op eenvoudige kinders van die HERE wat sou bely dat Jesus Christus, GOD is en dit hoegenaamd waag om nie die ou grote (soos hy graag na homself verwys), vir sy "ware (mam)parakunde" ter ere na te gee nie.    

    Kobus de Klerk se behae in Trienie Mahne se dienswillige gehoorsaamheid na dese sy ontstigte waarskuwing elders aan haar net omdat sy dit durf waag het om openlik in ander se bydraes belang te stel, staan tog duidelik as voorbeeld.  

    Nietemin Kobus de Klerk, ek vergewe jou nogmaals in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE.  

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Ek dink nie dit is moontlik dat jy nog meer verward en mislei kan word as wat jy reeds is nie (een oomblik sê jy dat jy nie glo die HERE Jesus Christus het ooit geleef nie en net die volgende oomblik beweer jy lasterlik dat HY ’n sogenaamde ‘vals profeet’ is, wat beteken dat jy erkenning verleen dat Hy wel lewe of ten minste gelewe het).

    Die skakel wat jy plaas, is in die eerste plek ’n preteristiese (ek wonder of jy weet wat dit beteken, want jy besef duidelik nie eens dat jy weereens ’n klein splintergroepie se standpunt as gospel wil voorhou nie) tuiste vir ’n klein groepie mense wat dink dat die volle apokaliptiese profesieë al vervul is en wat absoluut géén gesag dra nie en boonop is daar soveel teenstrydige interpretasies van onbekende mense, sommige waarvan duidelik van dieselfde agnostiese oriëntasie as jy self is (dit is só ooglopend – het jy gedink ons sal dit nie agterkom nie?), dat dit nie vir jou moontlik is om eerlik te sê dat dit enigiets weerspreek wat ek weergee nie – behalwe natuurlik as jy oneerlik is oor sake Gods en dié is jy sonder die geringste twyfel.

    Hier is al die verskillende gebruike van die Griekse woord ‘genea’, uit die gesaghebbende Strongs leksikon “1074 γενε? [genea /ghen·eh·ah/] n f. From (a presumed derivative of) 1085; TDNT 1:662; TDNTA 114; GK 1155; 42 occurrences; AV translates as “generation” 37 times, “time” twice, “age” twice, and “nation” once. 1 fathered, birth, nativity. 2 that which has been begotten, men of the same stock, a family. 2a the several ranks of natural descent, the successive members of a genealogy. 2b metaph. a race of men very like each other in endowments, pursuits, character. 2b1 esp. in a bad sense, a perverse race. 3 the whole multitude of men living at the same time. 4 an age (i.e. the time ordinarily occupied be each successive generation), a space of 30—33 years.” Die eerste twee primêre gebruike (1 en 2 met 2 se onderafdelings) asook die 4de primêre gebruik, is alreeds as in jou en jou mede-ketters, wat jy papegaai, sê gesig. En dit is nou benewens die talle ander gebruike van dié begrip wat die HERE Jesus Christus gebruik in die Woord en wat vir julle uitgewys is, soos byvoorbeeld ook in Markus 9:19, 29.

    Maar jy is natuurlik nie in staat om die insig te bemeester om te moet weet  dat jy nie met kundiges en mense met insig moet redekawel sonder om jouself as leuenaar en ketter uit te wys, soos wat jy net weereens doen, nie. Hoe meer jy kwytraak, hoe meer laat jy die klem val op jou jammerlike agnostiese insigloosheid en onkunde en hoe meer jy ons probeer slegsê, hoe meer pak daardie byvoeglike naamwoorde soos eierkoeke op jou gesig saam, soos dit op jou boemerang.

    Dit is goed as jy reageer op my skrywes en ek verwelkom dit uiteraard. Op so ’n manier word die leuens en gif wat julle so onder mekaar en aan ander niksvermoedendes (waarvan daar ongelukkig te veel is) versprei, aan die lig gebring en reggestel, ongeag jou reaksie daarop (trouens, die woede en siedende reaksies wat dit by jou ontketen beklemtoon net jou onbeholpenheid en magteloosheid teenoor die Waarheid). En jy kan selfs daaruit iets leer as jy jouself sou toelaat.

    Kobus de Klerk  

  • Chris Dippenaar

    KdK, jou verwysing uit die Strongs leksikon en jou poging om dit te laat klink asof dit jou interpretasie van Markus 9:19, 29 ondersteun is onsamehangend, of dan meer spesifiek, kleitrappery, presies wat van jou verwag kan word.

    Volgens jou bron word die woord 'genea' 'n enkele keer vertaal as 'nation' in die King James. Ek het nie 'n probleem met die KJV nie, solank dit in gedagte gehou word dat die vertalers van hierdie Bybel nie altyd gewerk het van die beste bronne nie. Dit sal interessant wees, in die eerste plek om te weet presies waar dit so vertaal word, en tweedens, hoe dit vertaal word in ander vertalings. Dis die inligting wat jy nie verskaf nie! Ek vind dit vreemd dat jy nie na hierdie vers en gedeelte verwys nie. Dit sal mos jou saak oneindig versterk , of hoe?

    Die artikel in die skakel wat ek geplaas het bespreek nie preterisme self nie, maar wys duidelik uit dat die tweede koms van Jesus voorspel is deur hom om in sy eie generasie plaas te vind, nie honderde en duisende jare later nie. Die artikel fokus dan ook spesifiek op ouens soos jy (sien aanhaling hierbo). Dat jy 'n "Wikipedia" verwysing na preterisme opdis laat my baie wonder of jy die moeite gedoen het om die artikel te lees voordat jy reageer het.

    Ek is nie verward oor of daar 'n historiese Jesus was of nie. Die bewyse is nie goed genoeg om te kan besluit nie; ek is agnosties oor dit, alhoewel ek neig na die mitologiese Jesus. As dit vir jou klink asof ek na Jesus verwys as die karakter waaraan jy glo is dit omdat ek nie dink dit is nodig om elke verwysing van my na hom te kwalifiseer met my opinie nie; ek ly nie aan kleinlikheid soos jy nie. As jy dink jy het my "uitgevang" op hierdie punt demonstreer jy maar net jou desperasie vir aandag.

    Laastens, hoekom druk jy nie maar al jou gunsteling dramatiese en emosionele byvoeglike naamwoorde in waar dit hoort. Dit behoort teen hierdie tyd al baie duidelik vir jou te wees dat ek 'n fok voel vir sulke woordspeletjies.

  • CorneliusHenn

    Trienie Mahne se verering was nie genoeg nie - niks is ooit genoeg vir Kobus de Klerk in sy selfverheffing nie ...

    Soos klokslag gee Kobus de Klerk homself in sy onversadigbare lis na eer, hom weereens self ter ere na met: Maar jy (Chris Dippenaar) is natuurlik nie in staat om die insig te bemeester om te moet weet  dat jy nie met kundiges en mense met insig moet redekawel sonder om jouself as leuenaar en ketter uit te wys, soos wat jy net weereens doen, nie ...

    Kobus die Klerk: die self gekomplimenteerde "kundige met insig" ... ja, in alles - van die ginekologie, tot verby dit wat net GOD in ons harte ken ...

    Siestog, dis sieklik, dis totaal en al sieklik...

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Alles omtrent die Woord is vir jou onsamehangend, Chris. Ek verwag dus nie regtig dat jy iets sal begryp van wat ek skrywe nie en is dit meer vir ander wat iets gedeel wil hê wat ook lees. Ons kan egter van jou as agnostikus niks beter verwag nie – dit is waarom jy agnosties is. Die feit dat jy dus sê iets omtrent die Woord is onsamehangend, dui maar net op jou eie onvermoë om dit te hanteer. Jou oordeel as agnostikus oor die sogenaamde ‘beste bronne’, is lagwekkend en vermetel en arrogant. Wat wéét jy? As jy geweet het, was jy nie agnosties nie! Dit is juis weens jou gebrek aan insig en die vermoë om sake spiritueel te begryp, dat jy agnosties is.

    Dus, as jy kon begryp wat ek skrywe, sou jy sien dat ek nie weergee dat die woord “geslag” noodwendig sinoniem is met net ‘nation’ is nie, maar eerder ook veral dui op die tweede primêre betekenis met sy onderafdelings, naamlik ‘2a the several ranks of natural descent, the successive members of a genealogy. 2b metaph. a race of men very like each other in endowments, pursuits, character. 2b1 esp. in a bad sense, a perverse race.’

    Hier is ’n paar van baie ander gesaghebbende bronne wat die saak ondersteun.

    Die KJV Study Bible gee die volgende verduideliking : “24:34. The generation that shall not pass is the generation in whose lifetime all these signs occur. That generation will not pass away until all these things be fulfilled. In other words, the previously listed signs will continue to multiply throughout the church age and reach their ultimate climax at the end of the age in the generation of those who will live to see the entire matter fulfilled in their lifetime.”

    Veral die Wycliffe Commentary New Testament wys op die onsinnigheid van jou benadering: “34. This generation shall not pass away. To explain generation (genea) here as the lifetime of the disciples obligates one to seek the fulfillment of all these events by A.D. 70. But that is manifestly impossible unless one spiritualizes the second coming of Christ. However, genea also can mean “race” or “family,” and this yields good sense here. In spite of terrible persecution, the Jewish nation will not be exterminated, but will exist to share the blessings of the Millennial reign. In support of this view, Alford points out that Christians of ancient times continued to expect the Lord’s coming even after the apostles and their contemporaries had passed away (New Testament for English Readers, p. 169).”

    Matthew Henry Concise gee ’n uitgebreide disposisie: “His prophecy reaches to the day of final judgment; therefore he here, ver. 34, foretells that Judah shall never cease to exist as a distinct people, so long as this world shall endure. Men of the world scheme and plan for generation upon generation here, but they plan not with reference to the overwhelming, approaching, and most certain event of Christ's second coming, which shall do away every human scheme, and set aside for ever all that God forbids. That will be as surprising a day, as the deluge to the old world. Apply this, first, to temporal judgments, particularly that which was then hastening upon the nation and people of the Jews. Secondly, to the eternal judgment. Christ here shows the state of the old world when the deluge came. They were secure and careless; they knew not, until the flood came; and they believed not. Did we know aright that all earthly things must shortly pass away, we should not set our eyes and hearts so much upon them as we do. The evil day is not the further off for men's putting it far from them. What words can more strongly describe the suddenness of our Saviour's coming! Men will be at their respective businesses, and suddenly the Lord of glory will appear. Women will be in their house employments, but in that moment every other work will be laid aside, and every heart will turn inward and say, It is the Lord! Am I prepared to meet him? Can I stand before him? And what, in fact, is the day of judgment to the whole world, but the day of death to every one?”

    Believer’s Study Bible is ook duidelik teen jou onsin : “24:34 The key word in this verse is “generation,” which can mean a period of anywhere from 30 to 100 years. Several possible explanations for the text are available: (1) Generation (genea, Gk.) refers to Israel as a nation and guarantees her perpetuity until the end times. (2) Generation may mean “age” or “time period” and therefore is a reference to the dispensation of grace.”

    Jou onvermoë om die betekenis en konteks van die verse in Markus 9:19, 29 in te sien, dui maar net weer  op jou dom arrogansie om jou oor hierdie dinge uit te laat. In beide verse word die stamwoord 'genos' wat in die Ou Vertaling met ook 'geslag' vertaal word, en waarvan 'genea' afgelei is en word dit ook aangewend in die sin van die tweede primêre betekenis wat ek aangehaal het uit die Strongs leksikon nes in die Mattheus 24:34 profesie.

    Jy is heeltemal uit jou liga uit. Net julle brommer, Cornelius, is met jou beïndruk, te oordeel aan die blertse wat hy alweer kom laat en alles probeer besoedel, uiteraard omdat hy net so onkundig soos jy is, maar net dommer. Die arrogansie wat jy as agnostikus demonstreer om die uitleg van Gods Woord te wil prakseer, het net een resultaat – dit plaas jou in verleentheid.

    Jou woord en opinie daaromtrent is nie die kuberpapier werd waarop jy dit ‘skrywe’ nie. Die enigste rede waarom ek daarmee deel, is om jou uit te wys. Dalk kom jy tot besinning en ander kan sien wat agnostisisme die mens aandoen.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, laat KdK jou nie dink aan Jesus wat twee donkies gelyk probeer ry in Jerusalem in nie. Volgens Matt 21:7 sit hy op altwee, maar ek vind dit moeilik om voor te stel. Miskien het hy eerder soos 'n wafferse Gypsy regop gestaan met 'n voet op elkeen se rug, of elke paar meter of so op- en afgeklim van een na die ander. Kan jy jou indink hoe KdK met sy voetbankie en boepens van fundamentalisme hierdie laasgenoemde alternatief probeer vermag. Die arme donkies.

  • Chris Dippenaar

    KdK, jy het die Bybel in 'n klein afgodjie verander, net soos al die "geleerdes" wat jy hierbo aanhaal. Gedryf deur Christen-dogma is nie 'n enkele een van julle bereid om te erken dat daar 'n enkele fout is met die teks van die Bybel. Alles wat nie inpas by julle gelofie word verdraai en gekook sodat die pastei, selfs al is hy gemaak van stront, lyk soos ouma se wenresep.

  • Kobus de Klerk

    Die Bybel is verseker geen afgod nie, maar dit is 'n bron van God se opgetekende Woord en die Woord daarin is die Woord van God. Die 'geleerdes' weet dit ook. Maar hoe sal jy dit nou kan begryp, Chris?

    Daar het ons dit dus weer. Daardie tipiese agnostiese reaksie wanneer hulle die loef afgesteek word en hulle onkunde en insigloosheid soos 'n seer vinger uitstaan en dit soos eier in hul gesigte aankoek.

    Another one bites the dust once again ... Hoe kan julle dink julle is opgewasse teen die Woord van God?

    Wat Cornelius die brommer aanbetref, draai hy, tragies genoeg, om die stank van die snert wat julle opdis - en jy voer (misbruik) om alweer sonder dat hy die wil of die integriteit het om dit te weerstaan - indien nie hier nie, verseker elders sal hy homself verlustig daarin. Maar die kanse is uitstekend dat hy dit sommer hier en nou ook sal doen.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Die stomme onnoselheid van Chris die ateïs beskaam soms selfs alle laagste verwagtinge – soos nou weer met sy stommerik aanmerking oor die HERE Jesus Christus wat kwansuis op twee esels sou sit toe die HERE Jerusalem binnegaan, na aanleiding van die verhaling daarvan in Mattheus 21:7.

    Die volle verhaal en die profesie (Sagaria 9:9 en Johannes 12:15) waarop dit betrekking het, word in detail verhaal in Mattheus 21:2-11. Maar hoe kan mens nou van ’n spiritueel stompsinnige agnostikus verwag om dit te verstaan?

    Dit is báie duidelik dat die HERE Jesus juis op die vul gesit het en nié die merrie nie, presies soos die profesie lui (en die HERE het mos juis die profesie in vervulling gebring daarmee). Vers 7 vermeld dat hulle die esel en die vul gebring het en nadat hulle hul klere daarop gesit het, het die HERE Jesus daarop (die vul, ooreenkomstig die profesie) gaan sit. Die spreekwoordelike goeie begrip van die gelowige (wat die profesie in ag sal neem) het dus net ’n halwe Woord nodig. Die Bybel is mos immers nie vir opsetlike spirituele stommerike geskrywe om hulle onbegrip te dien, nie (Mattheus 13:10-13). Dit is ook logies waarom die HERE Jesus die merrie laat saamkom het – die vul was klaarblyklik nog nie heeltemal gesoog nie en dit word aangedui deur die feit dat vul by die merrie gebly het terwyl net die merrie vasgebind was toe die dissipels daarop afkom (sien vers 2). Die vul sou dus nie die merrie wou verlaat nie en daarom moes die merrie saamkom – en ook dié logiese natuurverskynsel is vir die arme Chris verborge en onverstaanbaar.

    Soos ek sê, Chris, skrywe nog – by elke geleentheid laat die Woord jou met die gesig in die stof agter terwyl jy oor jou eie spirituele onbeholpenheid en lompheid struikel en jou arrogansie na eier in die gesig verander en dien jy as voorbeeld vir die stomme en afstootlike gevolge van selfopgelegde agnostisisme.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    KdK, as jy David Friedrich Strauss se boek gelees het, soos ek weke terug al aanbeveel het jy doen, sou jy geweet het dat hy in 1835 alreeds die valsheid van jou verskonings hierbo uitgewys het. Jou verduideliking, dit wat jy noem 'n halwe woord, is geheel en al die produk van jou verbeelding, iets wat jy in die teks inlees sonder enige regverdiging. 

    Hier is die argument van Strauss:

    "But how was Matthew led into this singular statement ? Its true source has been pointed out, though in a curious manner, by those who conjecture, that Jesus in his instructions to the two disciples, and Matthew in his original writing, following the passage of Zechariah (ix. 9), made use of several expressions for the one idea of the ass, which expressions were by the Greek translator of the first gospel misconstrued to mean more than one animal. Undoubtedly it was the accumulated designations of the ass in the above passage which occasioned the duplication of it in the first gospel ; for the 'and' which in the Hebrew was intended in an explanatory sense, was erroneously understood to denote an addition, and hence instead of: 'an ass, that is, an ass's foal', was substituted: 'an ass together with an ass's foal'" (p.554)

    Die lees van Sagaría 9:9 maak dit duidelik: "VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en hy ry op 'n esel - op 'n jong esel, die vul van 'n eselin"

    Hy kom tot die enigste slotsom wat die flater van Matteus verduidelik: "...we cannot abstain from the conjecture, that we have here nothing more than a product of the tendency which characterized the Christian legend, and of the effort to base Christian belief on ancient prophecy" (p.556)

    Die skrywer van Matteus het die hele insident gefabriseer vanuit die Ou Testament, en dit ook heeltemal opgemors.

    Ek los maar weer die skakel vir jou. Dalk sal jy jou huiswerk beter gaan doen in die toekoms voordat jy gif begin spoeg in my rigting. 

    http://archive.org/details/lifeofjesuscriti00straiala

     

  • Chris Dippenaar

    KdK, nog 'n skakel wat jou sal help om die stront uit jou oë uit te kry:

    http://ecmarsh.com/lxx/Zacharias/index.htm

    Die skrywer van Matteus gebruik natuurlik die Septuagint (LXX) vertaling van Sag. 9:9 Rejoice greatly, O daughter of Sion; proclaim it aloud, O daughter of Jerusalem; behold, the King is coming to thee, just, and a Saviour; he is meek and riding on an ass, and a young foal.

    As die ou, Matteus of wie ookal, 'n ooggetuie was tot hierdie insident sou hy nooit hierdie fout gemaak het nie!

  • Kobus de Klerk

    Dit is maar weer jy wat so absoluut insigloos is, Chris. Magtie, daar is nie einde aan jou hopelose gespartel nie.

    Daar is ook nog, behalwe die tekste wat jy vermeld, die Bible in Basic English : “7 And got the ass and the young one, and put their clothing on them, and he took his seat on it”; en die New King James Version: “?7? They brought the donkey and the colt, ?laid their clothes on them, ??and set Him on them”; New Living Translation “7 They brought the donkey and the colt to him and threw their garments over the colt, and he sat on it”; Afrikaanse Nuwe Vertaling “7? Hulle het die donkie en die vul gebring, van hulle klere op die diere gesit, en Jesus het opgeklim”; Afrikaanse Ou Vertaling “7 hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit”; American Standard Version “7?and brought the ass, and the colt, and put on them their garments; and he sat thereon”; Contemporary English Version “?7? They brought the donkey and its colt and laid some clothes on their backs. Then Jesus got on” en dan ook die King James Version “7 And brought the ass, and the colt, and put on them their clothes, and they set him thereon”; New International Version “7 They brought the donkey and the colt, placed their cloaks on them, and Jesus sat on them”, ens.

    Wat baie duidelik is, is dat die meervoudsvorm, byvoorbeeld ‘them’ in al die tekste wat jy opnoem en dié hierbo vermeld, verwys na die meervoudwoord ‘garments’ en ‘clothes’. Dit is só voor die hand liggend – en ook gepas, omdat die klem daardeur gelê word, nie op die twee diere nie, maar op die feit dat die klere uitgelê word vir die HERE om op te sit – dit was ’n tradisie om eerbied en respek vir ’n hooggeplaaste en geëerde persoon te betoon (2 Konings 9:13) en derhalwe was die klem daarop gelê. Jy sal ook sien dat ál die vertalings opvolg met ’n vers 8 waarin daar ook spesifiek melding gemaak word van die feit dat die meeste van die skare óók hulle klere, “garments” en palmtakke uitlê vir die HERE Jesus om daarop te beweeg soos ’n mat tot Sy eer.

    Dus, in dié verhaling val die klem val op twee dinge van belang – die klere wat uitgelê word en die profesie. Waarop dit dan neerkom, is dat die dissipels hul klere as ’n eerbiedige uitnodiging op die esels gesit het sodat die HERE kon kies waarop Hy wou sit – en dit is duidelik dat Hy ooreenkomstig die profesie op die vul gaan sit het om deur die poort Jerusalem binne te gaan en dié profesie word weer daar direk in konteks vermeld. Dit is ook waarom die vul in ál die weergawes vermeld word en die merrie, nie (sien bv., Johannes se weergawe). Markus en Lukas vermeld baie duidelik dat die HERE Jesus Christus op die vul Jerusalem binnegegaan het en laat geen twyfel daaroor nie – juis as gevolg van die profesie wat só vervul was. Beide van hulle gebruik ook die Griekse woorde ‘deo’ in verband met die vul, wat ‘vasgemaak’ en ‘luo’ wat ‘losgemaak’ in die metaforiese sin, beteken. Sommige het die merrie ook vermeld, soos Mattheus, ter wille van volledigheid. Al die evangelies is dus volkome in ooreenstemming met die profesie in daardie verband terwyl sommige meer en ander minder sekondêre besonderhede daaromtrent vermeld.

    Dit is baie waarskynlik dat die HERE Jesus tóé onderweg vanaf die dorp Bétfagé by die Olyfberg, waar die esels gekry is, op die merrie gery het om die vul te spaar en oorgeklim het by die Jerusalem poort om, soos die profesie ook lui, die stad binne te gaan op die rug van ’n eselsvul waarop geen mens nog gery het, nie (daardie simboliek van ’n nuwe begin, ’n nuwe Geestelike geslag) – Daar is die korrekte verklarings vir algar van die verse, maar om te wil voorgee dat dié verse beteken dat die HERE gelyktydig op twee rydiere gesit het, is die onnoselste snert wat net julle soort kan uitdink.

    Gewone, normale mense dink eenvoudig net nie sulke snert uit, nie. Geen mens by sy volle positiewe sal dink dat iemand op twee rydiere gelyk sal probeer sit nie – maar dié soort van absolute onnosel redenasie en insigloosheid kan mens net van julle agnostici verwag – en jy demonstreer dit keer op keer.

    Skryf gerus nog. Ek het jou mos gesê, jy sal elke iedere keer die loef afgesteek word.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    O, maar jou David Frederich Strauss is reeds uitgewys as ’n insiglose ketter nes jy, Chris, dus, waarom sal sy geketter nou skielik meer gewig dra as voorheen? Dit doen uiteraard nie.

    Kom ek help jou grammatikaal gou reg. Ons kan sê die man is getroud met sy vrou - ’n professor en mediese dokter (die Septuagint tipe gebruik), of ons kan sê die man is getroud met sy vrou - ’n professor wat ook ’n mediese dokter is. Nou, ons wat normaal van begrip is, weet dat daar in die eerste instansie nie van twee of selfs drie verskillende mense gepraat word nie, maar dat dié beskrywings presies dieselfde beteken wat die tweede spreekwyse beteken en dat daar slegs na een persoon, die vrou met haar kwalifikasies, verwys word. Maar skynbaar is selfs dié taalfigure ook vir julle agnostici en ketters een te veel.

    Daarom, die feit dat daar in Mattheus verwys word na die merrie en haar vul, is ’n feitelike verhaling van ooggetuies en dié sluit volkome aan by die profesie van Sagaria wat ongeveer 510 v.C. gelewer is en waar daar slegs op die vul klem gelê is en nié die merrie nie, omdat die profesie gaan oor die vul wat beskikbaar sou wees en dit juis die vul is waarop die HERE Jesus Christus gesit het. Die profesie is dat die HERE Jesus Christus op ’n vul en nie ’n volwasse dier nie (die belangrike simboliek van ’n nuwe begin, ’n nuwe Geestelike geslag in nederigheid, nes die gelykenis oor die nuwe wynsakke), Jerusalem sal binnegaan. Toe die HERE dié profesie bewaarheid ongeveer 500 jaar later, het HY geweet daar is ’n merrie by die vul en daarom het hy Sy dissipels ook aangaande die merrie opdrag gegee en tóg, presies soos die profesie sê,  vir Jerusalem op die vul binnegegaan. Daarom doen die profesie nie afbreuk aan die feitelike gebeure nie en ook nie andersom, nie. Die feit is eenvoudig – die profesie konsentreer op die vul as ryding vir die simboliek daaraan verbonde en só het die dissipels meer as 500 jaar later ’n vul aangetref waar die HERE gesê het hulle sal die vul aantref, maar by die vul was die vul se merrie ook – ’n blote addisionele stukkie logiese detail in die ontplooiing van die vervulling van die profesie, wat met die  profesie oor die vul geheel en al te versoen is, maar ook die logiese praktiese situasie waarin die vervulling van die profesie afspeel, in meer detail uiteensit.

    Dus, weereens, nou het jy nog jou voorkeur ketter, Strauss, wat jy graag papegaai, ook vir ’n leë eierdop uitgewys, nes jy.

    Julle insiglose oppervlakkige vooroordeel is julle ondergang.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Maar Pappa, daar ís 'n tandmuis? Ek het gedroom van sy huisie gemaak van melktande ... en dit is al bewyse wat ek nodig het.

    Jou woordspeletjie laat my dink aan Bill Clinton: "It depends upon what the meaning of the word 'is' is. ...... "

    Dis regtig tyd dat jy groot word.

  • Kobus de Klerk

    Nou, dit is nou net mooi die uiteindelike reaksie wat ons verwag het - jou fut is uit  en jou gesig gepak met die eier en dit wys. Natuurlik kan jy nie 'n gesprek van hierdie aard enduit volhou nie - jy kan nei afhandel waarmee jy begin het, nie. Hoe anders? Jy had in die eerste plek nie 'n fondasie, 'n soliede basis, waarvandaan jy jou vertrekpunt geneem het nie, soos dit mos maar met  agnostici en klakkelose papegaaie is.

    Ag, hoe jammer kry mens julle ...

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Ek het jou na Adolf Deissmann, 'n gelowige en deskundige op die gebied van die Nuwe Testament verwys en sy siening is in elke essensie van die gesprek 'n weerlegging van Strauss se kettery. Dus, vir jou om te probeer om stukkies detail uit te sonder, gaan nie by die toets van die essensies verbykom nie. Die detail dien die essensies, nie andersom nie. Alles wat Strauss skrywe, elke detail daarvan, is op die ou end verwant aan sy pogings om die Nuwe Testament en daarmee saam, vir die HERE Jesus Christus verdag te probeer maak.

    Dus, die werk van Deissmann  en baie kundige skrywers na hom, weerlê die essensie van die snert wat die Strauss'e van die sekulêre  wêreld probeer opdis.

    Wat soos 'n paal bo water uitstaan, is die gebrekkige insig wat die sekularis en agnostikus in die uitleg van die Woord en dus ook die Woord omtrent die HERE Jesus Christus, demonstreer. Dus, die agnostikus en sekularis lê klem op onbenullighede (al wat hulle min of meer kan begryp), maar verstaan nie hoe Goddelike inspirasie werk nie, kan nie die essensie van Spiritualiteit in die uitspeling van die konstruksie en beklemtoning van historiese feite in hul Spirituele verband, begryp nie. Kortom, die hele essensie waaroor dit in die Woord gaan en wat ook essensieel is om die Woord in Sy essensie, konteks en detail te verstaan, is vir die agnostikus en die sekularis verlore.

    Veral die verhouding tussen Johannes die Doper en die HERE Jesus Christus is uit en uit op Spirituele gronde belangrik, uniek en uitsonderlik en word as sulks in die Woord hanteer. Hoe sal julle dit dan kan begryp? Julle weet nie en kan ook nie begryp waarom sekere outeurs van die Woord oor dieselfde onderwerp skrywe, maar sommige meer en ander,. minder detail gee, nie. Julle begryp nie hoe die inspirasie, want van Een Gees, die Heilige Gees van God, kom, die outeurs so inspireer dat hulle vir doeleindes van die volledigheid van die Evangelie in sy deurlopende essensie, die klem op verskillende aspekte van dieselfde gebeurtenisse laat val, nie. Julle sien dit as onvolledig en weersprekings, omdat julle eenvoudig geen begrip het vir wat daar gebeur en veral, vir die Groter geheel, nie.

    Om dus soos 'n hoender 'n paar korrels te wil gaan pik tussen die magdom openbaring en kennis en die Spirituele konsekwensies soos dit in die Woord voorkom, is om met 'n paar klippertjies in die bek op te eindig soos dit met jou is. Jy het eenvoudig nie nie die vermoë om die pitkos waarvan gelowiges, insluitende Deissmann, praat, te onderskei van nuttelose klippies nie. Dit is juis waarom jy 'n agnostikus is, kan jy selfs dit  nie begryp nie?

    Ek stel dus hoegenaamd nie belang daarin om jou te probeer vermaak, deur aan jou uitdaging te voldoen nie - vir die voorgemelde redes. Jy is blind en dit is al keer op keer uitgewys. Jou stommerik optrede om dus met 'n siende te stry oor wat gesien kan word, is onnosel, dwaas en arrogant - ek stel daar nie in belang nie.

    Die enigste redes waarom ek reageer op die snert wat jy hier en daar kwytraak, is juis om die aspekte uit te wys sodat mense kan sien wat agnostisisme die mens aandoen, hoe dit hom afbreek tot op 'n oppervlakkige vlak waar hy geen diepte insig en evaluasievermoë  meer oor het, nie. Jou uitdaging sal dus nie aan my doel voldoen nie.

    Geen ware gelowige sal met my verskil dat Strauss se goed 'n spul kettery is, nie - en dit is wat van belang is. Ander wat dit sien en nie agnosties is nie (daar is maar 'n piepklein hoeveelheid van julle op aarde), sal gou genoeg besef dat dit snert is.

    Daarmee is die saak dus afgehandel.

    Kobus de Klerk

  • Hello, 
     
    Dit is duidelik dat die donkie nie 'n ass is nie en maak dit waar die bekende ou liedjie, O die donkie is 'n wonderlike ding ...

    Baie dankie

    Wouter
  • Chris Dippenaar

    KdK, ek kon die volgende boeke van Adolf Deissmann aflaai van die internet:

    1. New Light on the New Testament from Records of the Greco-Roman Period

    2. Bible Studies

    3. Light from the Ancient East

    4. The Philology of the Greek Bible - Its Present and Future

    5. The Religion of Jesus and the Faith of Paul

    Watter een van hierdie boeke weerlê die werk van David Friedrich Strauss?

    Watter een beveel jy, die kenner van Deissmann se werk, aan dat ek eerste lees?

    As nie een van hierdie boeke die argument teen Strauss se werk bevat, verwys my dan na die titel van die werk wat dit wel bevat.

  • Kobus de Klerk

    Die ou nederige donkie is inderdaad 'n wonderlike ding.

    Jy was vir lank stil, Wouter. Dalk is jou keuse van 'n die bietjie humor juis die regte ding.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Vir volledigheid, hierdie twee reaksies (nie dat ek dink iemand stel belang) behoort hier bo iewers in te pas:

     

    KdK, ek het niks verder om by te voeg by jou gorrel (roggel?) oor die donkies nie, behalwe 'n paar aanhalings van Matteus 21:6&7 uit 'n paar vertalings:

    Darby English Bible: But the disciples, having gone and done as Jesus had ordered them, brought the ass and the colt and put their garments upon them, and he sat on them.

    Young's Literal Translation: And the disciples having gone and having done as Jesus commanded them, brought the ass and the colt, and did put on them their garments, and set ‘him’ upon them.

    Weymouth New Testament: So the disciples went and did as Jesus had instructed them: they brought the she-ass and the foal, and threw their outer garments on them. So He sat on them.

    ESV: The disciples went and did as Jesus had directed them. They brought the donkey and the colt and put on them their cloaks, and he sat on them.

    NRSV: The disciples went and did as Jesus had directed them; they brought the donkey and the colt, and put their cloaks on them, and he sat on them.

    Baie ander vertalings lees soos die ou Bybel in Afrikaans: En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het; hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en hy het daarop gaan sit.

    Nie 'n enkele Bybel klink soos die KdK-Bybel nie: En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het; hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en hy het op die vul gaan sit, terwyl die eselin agterna drentel.

    Ek kan nie beluit of jy moedswillig of onnooslik is nie. Vir wat het jy nie hierdie reaksie geplaas waar dit hoort nie (skakel hier onder). Nog 'n paar dae en jou brief sou verdwyn het in die gatkant van LitNet se argief waar niemand belang sou gestel het om te lees watter groot gat jy al weer van jouself gemaak het

    https://www.litnet.co.za/Article/senet-die-groot-verdrukkingKdK

     

    KdK, ek sien jy het die stuk wat begin met: "O, maar jou David Frederich Strauss is reeds uitgewys as ’n insiglose ketter nes jy, Chris, dus, waarom sal sy geketter nou skielik meer gewig dra as voorheen? ", waarop ek hierbo reageer het, geskuif het na die blad waar dit hoort.

    Die bus is verby, jy het jou kaartjie gekoop en dit toe gemis.

    Wat ek graag hier wil weet is na watter werk jy verwys wat David Friedrich Strauss se werk, 'The Life of Jesus Critically Examined', weerlê? Vat as voorbeeld Deel II, Hoofstuk I, § 45 en bespreek in detail. Gee dan vir my verdere verwysings vir die res. Om eenvoudig te sê dat sy werk weerlê is, is nie goed genoeg nie, veral wanneer dit kom van jou. Ek los maar weer die skakel hier onder: http://archive.org/details/lifeofjesuscriti00straiala

     

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Al die werke wat jy afgelaai het van Deissmann sou ek aanbeveel dat jy dit aandagtig lees ter wille van wyer insig en kennis.

    Strauss dek 'n redelik wye veld met sy meer as 500 bladsye geketter, so, om die volledige prentjie te verkry sou ek aanbeveel jy lees ook Philip Schaff se werke.

    Maar die eintlike werk van Deissmann  wat ek aanbeveel wat die eksposisie van die Nuwe Testament goed weergee, is The New Testament In Light Of Modern Research van Deissmann. Hierin sal jy sien dat Deissmann in sy lesings geheel en al 'n ander, 'n Geestelike benadering instede van net 'n historiese benadering weergee, wat dit bykans onmoontlik maak vir die Strauss'e en die Chrisse om dit te begryp en onder die knie te kry. Kortom, Deissmann se proposisie kom daarop neer dat die agnostikus nie die Woord sal kan verstaan nie - en natuurlik stem ek saam en sien ons dit telkens in julle hantering van die Woord.

    'n Woord van waarskuwing - jy is geneig om rond te pik in die werke en dan die piksels op te dis, maar dit moet jy met Deissmann en ook nie Schaff, doen nie. Die werke volg 'n progressie wat by gevolgtrekkings kom, en 'n gepikkery sal jou nie laat vorder nie.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Wel, wel, wel Woutie, Kobus de Klerk se Alie verskyn ook seker ook weer binnekort in hierdie moerse onderdrukking ... ja, dink net hoe kan Kobus se Alie die res van hul nes weer bemoedig ...

  • Chris Dippenaar

    KdK, jy is een yslike bullshitter. Die feit dat jy jouself uitgee as 'n kenner van Deissmann se werk moet seker een van die grootste liegstories wees wat jy nog ooit op LitNet probeer verkoop het, en jy weet dit!

    Eerstens, Deissmann spreek nie 'n enkele argument van Strauss aan nie, nooit, ooit! Dis nie eers asof hy dit probeer vermy nie, dit kom net eenvoudig nooit op nie. Ek kon slegs 'n enkele verwysing na Strauss in 'n voetnota kry (Light from the Ancient East, p.403), en hier word sy naam genoem saam met ander kundiges: "The Protestant Seminary or " Stift " at Tübingen, founded in 1537, has a very high reputation and is recruited from the pick of the schools of Württemberg. F. C. Baur and D. F. Strauss (the theologians) F. T. Vischer (writer on aesthetic), Eduard Zeller (the philosopher), and Mörike (the poet) were among its distinguished pupils".

    Tweedens, en hier maak jy 'n absolute gat van jouself, Deissmann, wat ek met jou vorige verwysing na hom vermoed het, is 'n teoloog wat ek moeilik glo inpas by jou eng fundamentele siening van wie Jesus was. Dit is so duidelik soos daglig dat jy nie die vaagste benul het van sy werk/teologie. In 'The Religion of Jesus and the Faith of Paul', wat opgedeel is in twee reekse lesings, verduidelik hy sy siening van Jesus as volg:

    Deissmann sien nie Jesus as die seun van God in die sin wat ons dit verstaan nie (dus, geen drie-enige god nie). Die woorde "Vader" en Seun" verstaan hy as die algemene gebruik daarvan in die antieke wêreld wanneer die verhouding tussen mense en gode beskryf word. Volgens hom is daar geen sprake van Jesus as gelyk met God nie (p.86).

    Jesus was wel 'n besondere mens, wat eers deur die Doper bewus gemaak word van sy profetiese vermoë, en dan later, met die ondersteuning van sy volgelinge, sy rol as Messias:

    "The question how this consciousness of His Mission arose in Jesus cannot be answered. In our sources it is something given. One can only suggest, as I said in an earlier lecture [p.80-83], that the appearance of John the Baptist, with his powerful prophecy, brought into the forefront of the consciousness of Jesus the sense of His own Mission; that, in fact, the holy spark had leapt from the Baptist to Him.

    The question also how the Messianic consciousness arose in the soul of Jesus cannot be answered. History has drawn a veil over the birth-hour of that momentous conviction. We have probably but one remaining reminiscence in the story of the Baptism [in ooreenstemming met die Ebionite, sien hier onder] (p.129).

    Dit wat Deissmann noem die "Messianic consciousness of Jesus" het drie belangrike gevolge:

    1. Dit lei tot 'n konflik met die gesag wat uiteindelik eindig in sy kruisiging

    2. Dit lei tot die vorming van 'n nuwe gelowige gemeenskap. Dit, ten spyte van die feit dat Jesus, as lid van die Joodse geloof, nooit so iets voorsien of beplan het nie.

    3. Die aandag is gevestig op die persoon van Jesus, wat al hoe meer geidentifiseer is deur sy volgelinge as die Messias, wat hom uiteindelik die sentrale figuur maak in Christendom: "...the concentration of religious feeling on a personality makes possible the evangelisation of the world, of mankind in all its varying strata and stages of culture" (p.147).

    Wat Jesus laat uitstaan is sy besonderse benadering tot gebed/kommunikasie met God, en dan meer spesifiek sy absolute geloof in sy God. Hy word die werktuig van God wat deur hom wonderwerke doen (soos hy gedoen het met die profete van die Ou Testament) en die komende Koninkryk van die Hemele/God (Deissmann onderskei nie tussen die twee - p.109) hier op aarde verkondig. Christene se geloof is 'n flou weergawe van Jesus se geloof in God, soos Deismann dit stel: "'I believe ; help thou mine unbelief ' -that is the confession of the believing man. He is a believer when he puts himself under the influence of the powerful, believing personality of Jesus" ; "Yes, truly the faith of Jesus in God His Father and His Lord is like a volcano. Our faith is like a flickering candle" (p.96).

    Die kruisiging van Jesus was nie 'n offer vir mense se sondes nie: "The statement that Jesus made the forgiveness of sins, which He preached, secretly dependent upon His own future death, is to be placed among the most poverty-stricken of theological foundlings" (p.89). Wat dit wel tot gevolg het is dat God se boodskap, deur Jesus, gefokus word op 'n persoonlikheid: "It carried the conflict of Jesus with the rulers to His martyrdom and His cross, and it then became one of the driving forces of the Christ cult" (p.120).

    Deissmann se siening van Jesus stem in 'n mate ooreen met die van die Ebioniete, wat Bart Ehrman as volg beskryf in 'Lost Scriptures - Books That Did Not Make It Into The New Testament': "The Ebionites were a group of Jewish Christians located in different regions of the Mediterranean from at least the second to the fourth centuries. What distinguished this group of Christians from many others was their attempt to combine Jewish views and lifestyles [Deissmann:117] with the belief that Jesus was the messiah. In particular, they were said to have emphasized belief in only one God to such an extent that they denied, as a consequence, Jesus’ own divinity" (p.12).

    Deissmann het 'n paar dinge te sê oor die onfeilbaarheid van die Bybel (p.34-37; 84; 98) wat diep in jou krop sal steek, jy kan maar self gaan lees (vir die eerste keer).

    Deissmann is effens vaag in sy slot tot die eerste deel wanneer hy sê "I come upon the same ground as many others, of whom I will only mention two : Adolf von Harnack and Julius Wellhausen" (p.150). Dit maak seker nie regtig saak nie, behalwe om uit te wys dat hierdie twee name, veral Wellhausen, sekerlik, soos Strauss, een van jou ketters sal wees. Hy word beskou as die vader van die JEDP hipotese.

    Ek weet glad nie waar jy gekom het aan die naam van Deissmann, en wat jou laat dink het hy is 'n "vriend" van fundamentele Christendom nie...en ek gee ook nie regtig om nie. Jy het jouself weereens bewys as 'n oneerlike deelnemer aan enige gesprek oor godsdiens! Hierdie gesprek is oor.

  • CorneliusHenn

    Chris, ek bewonder mense soos jy, Brianvds, en Mefiante se geduld om sulke gedissimuleerde onsin aan die kaak te stel. Kobus de Klerk lieg en bedrieg in die algemeen soos tien perde skop. Tog sal sy steun onder ware gelowige Christene in hul selfbejammering net toeneem, veral aangesien Kobus de Klerk kwansuis so gereeld deur die "agnostici" gekruisig word ... Nietemin, enigeen met gesonde verstand kan lees hoe Kobus de Klerk se skrywes van leuens aanmekaar gesit is ... en ja, 'n leuen het maar 'n kort been waarmee dit soms tot oor die honderd woernale haal ... genadig; die waarheid agterhaal hom wel!

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Jou tirade teenoor my is maar net weer ‘n onbeholpe poging om jou onvermoëns en insigloosheid en jou besef van ontoereikendheid in hierdie gesprek, te verdoesel.

    Daar gaan jy toe boonop heen en doen presies wat ek jou gemaan het om nié te doen met Deissmann se werk nie – jy gaan pik rond soos ‘n hoender en jy laat na om die gesaghebbende werk van Deissmann oor die Nuwe Testament waarna ek jou verwys het, wat al sy werke ook in perspektief saambind, te lees óf jy begryp daar niks van nie, soos ons al tevore gesien het toe ek jou daarna verwys het. En dit, tesame met die feit dat jy nie die geringste insig het om te verstaan waarvan Deissmann praat nie, gee daartoe aanleiding dat jy die onverdunde snert oor die werk en Geestelike standpunt van Deissmann kwytraak wat ons nou hier van jou sien.

    Wat jy eerstens glad nie kan begryp nie, is dat Deissmann se weergawe in elke belangrike opsig geheel en al bots met dié van Strauss. Strauss volg ‘n streng sekulêr histories-akademiese benadering wat hom by geen antwoorde behalwe verdraaiings uitbring, nie. Deissmann daarenteen, maak juis argument téén só ‘n benadering en is sy benadering dat die Woord benader moet word op die Spirituele, die Geestelike, inslag daarvan, anders sal dit gewoon nie verstaan kán word nie - "THE question of the religious value of the New Testament is not nearly so difficult to answer as the question of its historical value. Everything religious is simple. It becomes complicated only when strange elements are introduced into it. This question as to the religious value can only be answered from a religious standpoint. A work of art cannot be appreciated by a savage, and the religious value of the New Testament cannot be appreciated by a man who has no feeling for religion. Just as the grinning savage would perhaps shatter the work of art with a blow of his club, so the unreligious man would regard as absurd the question of the religious value of the NewTestament."

    Dit diskwalifiseer jou derhalwe geheel en al om 'n opinie hier uit te spreek en te dink mens moet jou hoegenaamd daaraan steur. Vir dieselfde rede verstaan jy en ander soos jy ook nie Deissmann se behandelings van sake Gods, nie - want hy doen dit ooreenkomstig sy Spirituele insig, waarmee jy geen raakvlak het of kan bewerkstellig nie. Mens sien dit ook in jou insiglose en oppervlakkige aanmerkings.

    So,  om dus vir Strauss se naam te gaan soek in die hoop dat Deissmann hom spesifiek trompop gaan loop, is belaglik. Al wat jou voetnoot verwysing na verwys, is bevestiging van die feit dat Deissmann bewus van en kennis gedra het Strauss se werke toe hy sy Nuwe Testament verhandeling (waaruit die aanhaling hierbo kom) behandel het – en sonder om Strauss se naam te noem (sy lesings was nie teen Strauss as persoon gerig nie, maar teen die foutiewe en misplaaste leer wat deur Strauss en ander gepropageer was) skiet hy die gehele benadering en leer wat Strauss aanhang, in flarde af – maar ek het gedink jy sou dié insig nie kon bemeester nie, want daar is geen papegaai werk aan verbonde nie, maar verg diepe insig – iets wat juis deur Deissmann sterk uitgewys word.

    En die feit dat Strauss as teoloog die seminaar bygewoon het beteken niks behalwe net dat hy daar bygewoon het nie – soos ons almal weet, is teoloë in hul hoedanigheid per se hoegenaamd nie te vertrou met die Woord nie – kyk maar na die teoloog en ateïs, J W Gericke (as ek die naam reg onthou), wat jy self hier kom probeer verkwansel het – onder hulle is daar heelwat wolwe in skaapsklere en juis hulle moet fyn uitgekyk word... Strauss en kie is juis sulkes.

    Deissmann se “Religion of Jesus” handel juis oor die bediening van die HERE Jesus Christus qua Mens op aarde – en jy sal later sien dat Deissmann tereg volledig erkenning verleen aan die twee hoedanighede van die HERE Jesus – dié van Mens en die dié van geïnkarneerde Woord van God – Seun van God, maar dié belangrike onderskeid en insig het jou natuurlik ontglip – hoe anders! Daarom dat jou opinie oor The Religion of Jesus se verkeerd is soos dit is, want jy besef nie dat Deissmann juis in daardie werk klem laat val op Jesus se bediening vanuit Sy hoedanigheid as en oogpunt van volledige Mens, nie.

    Dit is juis waarom Deissmann na die Godsdiens (Religion) van Jesus verwys en dit behandel, want dit is juis van kardinale belang vir ons as mense en as gelowiges – Godsdiens is juis die mens se wyse om tot God te nader en só het die HERE Jesus qua Mens dan ook suiwer Godgerigte Godsdiens beoefen om op só ‘n wyse vir die mens te demonstreer wat die ware Godsdiens is in teenstelling met die talle vals religieë van die tyd.

    Dit is wat Deissmann se “The Religion of Jesus” so duidelik uitlig en nie die snert wat jy daaroor kwytraak omdat jy nie insig daarin het, nie.

    Kyk, byvoorbeeld, hoe lieg jy – jy sê dat Deissmann op p.86 sou beweer dat daar geen sprake van Jesus as gelyk met God is, nie.  Watter snert – die teendeel is waar - “Not that He invented the name ‘Father’. In the whole realm of the religious civilization of the Mediterranean world there was nothing unusual for a people to call God, or a god, ‘Father.’ In the Old Testament, in Jewish religion, as well as in Graeco-Roman antiquity and elsewhere, it is common enough. So Jesus when He prays " Abba " in Gethsemane shows the influence of His mother's prayer. The name ‘Father ' is an old gold coin. But where else did it bear the impress that Jesus gave it ? Jesus had so experienced the mystery of divine sonship that He, in a moment of overflowing thankfulness, could confess that everything was delivered to Him of His Father; that no man knew the Father but the Son, and he to whom the Son willed to reveal Him, and that no man knew the Son but the Father. He thus claimed the whole knowledge of what the Father is, and with it the complete possession of the grace that comes to him who knows God. The bounded truth of this claim might be doubted, if the content of His knowledge of God had been something complicated, but the greatness, the divine simplicity of its content, is the seal of its genuineness.”

    Wat Deissmann juis hier uitlig, is dat die HERE Jesus Christus qua Mens, soos mens, God as Vader dien, maar terselfdertyd intens onder die indruk is van Sy Eie Goddelikheid as Seun van God (divine sonship) én Deissmann verduidelik waarop die HERE Jesus juis dáároor daarop kon aanspraak maak dat HY alleenkennis van die Vader het.

    In dieselfde lig moet Deissmann se behandeling van die wyse waarop die HERE Jesus Sy bediening vanaf Johannes die Doper ontvang het, gesien word. Die HERE Jesus is rééds God in Sy hoedanigheid as Woord van God (jy sal sien hoe Deissmann dit elders direk uitwys), maar moet nou, qua Seun van die Mens, qua Mens, Sy outoriteit vir Sy beding as Mens, ontvang. Dít is waaroor Deissmann se bespreking daar gaan en dit is juis waaroor die Doop gaan. Johannes die Doper was dus die Goddelike instrument om die Heilige Gees deur middel van die Heilige Doop aan die HERE Jesus qua Mens ast’ware oor te dra.

    Jy vergeet ook seker geriefshalwe dié mededeling van Deissmann op p 130 “But in any case, however we may call them, they appear to be quite typical of what we have called in the title of this lecture ‘the dynamic culmination of communion with God.’ The consciousness long present that God was His father, and He was God's child, increases in this moment to the certainty that He is the Son of God.”

    In dieselfde lig moet jy ook die mededelings van Deissmann op pp 96 en 109 verstaan en nie soos jy dit probeer verdraai weens jou insigloosheid nie.

    Net so ook met jou bewering dat Deissmann die betroubaarheid van die Nuwe Testament op pp 34-37, 84 en 98 betwyfel – jy sal later sien dat hy jou in hierdie aanname van jou direk weerspreek wat hy die Nuwe Testament oor die algemeen as bron as betroubaar aanstip.

    Jou bewering dat die kruisiging van die HERE Jesus nie as offer vir die mens se sondes gesien moet word nie, is ’n infame leuen en verdraaiing van wat Deissmann sê – “The statement that Jesus made the forgiveness of sins, which He preached, secretly dependent upon His own future death, is to be placed among the most poverty-stricken of theological foundling”. Wat dit werklik beteken, is dat Deissmann die nosie wat sommige teoloë had, dat vergewing van sondes nie sou kon geskied was dit nie vir die kruisdood van die HERE Jesus nie, ’n valse leer is en dus kritiseer, omdat God, die HERE Jesus, inherent as God, die mag het om sondes te vergewe en dit natuurlik al die eeue vóór die kruisiging al gedoen het (die eerste opgetekende versoek tot vergiffenis kom al in Genesis 50:17 voor en talle daarna deur die Ou en Nuwe Testament).

    Maar wat Deissmann bevestig is dat die kruising nie gaan oor die ontstaan van die mag om sondes te vergewe wat, ooreenkomstig die dwaalleer wat beweer dat die woorde aan die kruis só ’n betekenis en uitwerking sou hê, sou vestig met die kruisiging nie, maar eerder dat die HERE Jesus Christus met die kruisiging die opgelope en natuurlike skuldlas weens sonde wat die dood verdien, op Hom neem en daarvoor met Sy Lewe qua Mens betaal ter wille van mense – en dan ook nie álle mense nie, maar wel alle  mense wie bereid is om Hom aan te neem as Verlosser en in Hom glo, die verlossing sal smaak (Johannes 3:16, 18; Handelinge 26:18; Romeine 10:11; Galasiërs 3:22).

    Kortom – mense wat die HERE verwerp is dié Genadegawe nie deelagtig nie en die mag om sondes te vergewe het nie eers inwerking getree met die kruisiging, soos die dwaalleer te kenne gegee het, nie.

    Jy begryp dus werklik niks oor wat Deissmann sê nie.

    Oor die HERE Jesus Christus as Gods Woord en die feit dat Hy juis veel méér as die ander profete is (in teenstelling met wat jy weens insigloosheid sê), sê Deissmann in The New Testament In Light Of Modern Research, die volgende:

    “It is part of the unsurpassable greatness of the historical Jesus that He did not come forward as a lawgiver with sections and paragraphs, but rather as a sower who scattered with blessing hands the divine seed over the field. This seed He left to itself, so convinced was He of its vitality (Mark 4:26 ff.). The Jesus who wrote no book but staked all on the Spirit and the living Word surpassed all the book prophets. If Christianity began with Jesus, then it can be said that it did not begin with a book. Christianity is older than the sacred book of Christianity, Christianity is older than the New Testament. In the beginning was, not the book and not the letter; in the beginning was the Word and the Spirit. First of all Christianity learned to pray, afterward it learned to write — just like the children. The prayer, “Our Father,” is older than the New Testament; the Gospel is older than the Gospels. Thus we place a non-literary, a pre-literary period in the history of Primitive Christianity, before the literary period in which the first Christian books were written ... The Book, the New Testament, is really the result of Christianity. It is true that Jesus and His followers honored a book, the old Bible of the people of Israel, as a divine authority. But the fact that it owned the Old Testament does not distinguish Early Christianity from Judaism. What distinguished Early Christianity from Judaism was, not the possession of a book, but rather the possession of the personality of Jesus of Nazareth. With Jesus everything depends on the vitality of the Word, on deep thinking, on a living, winged Spirit, on the simple, triumphant Truth - In the beginning was, not the book, in the beginning was the Word which had become flesh in Jesus of Nazareth.”

    Oor die Goddelike hoedanigheid van die HERE Jesus Christus en die waarde van die geskrewe Woord, sê Deissmann as volg:

    “On the other hand, I could also give a religious answer to this historical question from the standpoint of my Christian belief in Divine Providence. By comparing the New Testament to a great church building I could say: We must thank the Master-Builder for this sanctuary. It was according to His plans that the Evangelists and the Apostles worked. The foundation which was laid by the Master-Builder Himself is the personality of Jesus and His eternal words. On this foundation the Apostles began the building work with massive, hewn stones. From the workshop of Paul came the living forest of aspiring columns, on which the dome of the Acts of the Apostles rests securely. The big windows with the crystal splendor of their richly colored paintings are the Revelation of John. The Fourth Gospel is the tower reaching upward, its open work allowing a part of the blue sky to glitter through. And the Epistles are the different toned but harmonious bells which ring to call together the people of the Lord.”

    The Johannine Gospel, in which Christ always says emphatically, “I am,”  does not reveal the Christ who has been the Word, Spirit, Vine, and Shepherd in the past, but the Christ who is the Word, Spirit, Vine, and Shepherd today. And when the Gospel of John says, using the imperfect, “In the beginning was the Word,” it does not mean something completed in the past, but the eternal coming of Christ from the beginning, revealing the eternal, living God. It is this powerful, vibrating conviction running through the Johannine letters which constitutes the religious value of the Johannine writings, and not their biographical details. It is from this conviction that the facts of the past receive their divine light, and in particular the Cross receives its light by the exalted Christ. The piety of Paul, culminating in the fellowship with the exalted Lord, has become a completed whole in the Johannine Gospel and has created definite cult forms of expression for itself, in which the believers from that time onward could render their confessions to the glorified Master.

    The Johannine Gospel shows to us the Word which has again become Spirit, the Synoptic Gospels show more the Word which has become flesh. That vein of gold of which we spoke when dealing with the different strata of the Synoptic tradition during our examination of their historical value, the golden vein of the sayings of Jesus, is also decisive for the religious valuation of the Synoptic Gospels.

    But it must be clear at this point that the religious valuation does not begin with asking, “What did Jesus, who once lived in Palestine under Tiberius and Pontius Pilate, say?” The question of the religious value is much more of this nature, “What does Jesus command of me today, what does He expect from His Church today? What goal does He set today for the work of the social classes, of the peoples, of mankind?” If the great German poet-philosopher, Friedrich Nietzsche, wrote above one of his great works, “Thus said Zarathustra,” we can write under the Synoptic Gospels, valuing them as revelation, the words “Thus says Jesus,” “Thus says Jesus today,” “Thus He speaks to me and to all of us today.”

    Putting the question in that form, we cannot expect the words of Jesus which move mankind to have everywhere the same effect as if they operated mechanically. Because the question of religious value will be asked by individual men, the answers will be different on account of the subjective element. There are words of Jesus which say little or nothing to a young man who is not yet troubled by the great problems of life, but which have a great deal to say to the fighter struggling with the powers of darkness, or to the patient woman who knows no rest from the day’s cares. There are words of Jesus which retreat at one period in order to appear to the following generation like a cherub with a flaming sword, or like a messenger of peace from the heavenly Jerusalem. But there is not a single word of Jesus which can in no place and at no time be a divine revelation for a man.

    We need not prove this revealing character of the words of the Master with our theological arts, or with the subtlety of our academic apologetics. Jesus justifies Himself — justifies Himself wherever He wishes. There is no secret code, no nova lex in those words which were never written by His hand. In those words which are always bursting the husk of the letter in which they are inclosed today the soul of Jesus breathes — the immortal, the eternal soul of Jesus. In these words is revealed today the will of Jesus, the eternal will of Jesus which is the will of the Father. From these words there streams today the power for regeneration and the hopeful waiting for the coming of the Kingdom of God.”

    En dan hierdie geloofsbelydenis van Deissmann wat alles wat jy oor hom te se het, soos die kaf wat dit is, in die Wind van suiwer geloof, laat wegwaai:

    “With these main indications I profess a conception of religion which is more mystic and practical than intellectual. Religion, and especially Christian religion, does not consist for me in the first place in acknowledging certain facts of the past. Christian religion is to me a living and moving in the present living God, a fellowship with the living Christ, which is a fellowship of submission and of following Him. The facts of the past have an eminent religious value, but they acquire that value from our present faith. The facts of the past are not the basis of faith. The only basis of our faith is the present living God, and Jesus Christ when He has become for us in some way or other a present and effective Reality. We will also, it is true, welcome thankfully the result of the historical examination of the New Testament for its religious valuation. It is of the greatest importance for all of us, for theologians and for the churches, to know that we have in the New Testament an excellent historical tradition of Jesus and His Apostles. But to know the past is not the unconditional basis for our present-day living in the higher world.

    After all, the religious value of the New Testament is contained in this: that this little book brings us into sure contact with our Lord Jesus Christ and His first witnesses. And this contact with Jesus and with His disciples means fellowship with the living God, means a steady hope for the Kingdom of God and of eternal life, it means forgiveness of sin and salvation, triumph in the midst of affliction, power and help for all good, moral earnestness, self-denial, brotherliness, unity.

    Considered historically, the New Testament is the trustworthy record of Jesus and His Apostles. Religiously considered, it proves itself from within by its influence to be the Magna Charta of the present Jesus Christ. Therefore we confess the New Testament as a Holy Book, the Book of Life. And we are confident that the New Testament, in virtue of its own unique power, as it enters more into the clear light of modern investigation and as it penetrates further among men of all races and tongues, will justify the judgment that it is both: the trustworthy record of the beginning of our religion, and the Magna Charta of the present Jesus Christ.”

    Hierdie getuienis dui duidelik Deissmann se geloof en verkondiging van die ewige lewende Jesus Christus die HERE as Lewende Woord van God en as deel van die Goddleiike Drie-eenheid, waar hy ook dkiwels na die 'Spirit' verwys. Oor die opgestane Jesus Christus en Sy Goddelike verhouding met dissipels en gelowiges, sê Deissmann as volg:

    “The Glorified Jesus remained the infallible authority for His followers. We know that especially through the indications given by Paul in his letters. It is true that Paul stood, like every pious Jewish Christian, firmly on the ground of the Old Testament, even in every polemic against the Law. But his highest authority is the living Jesus Christ, exalted to the Lordship of the Spirit. From Him Paul had received his revelations, and from Him, he knew, the believers received the life force. For He is the body and His followers are the members. Paul, and with him the earliest Christians, did not refer to a written tradition of a Jesus of the past. They were able to receive “grace for grace” from the fullness of the present living Christ. Paul was in touch with a higher world, with the Redeemer who had become Spirit, and in Him with the Living God.”

    Oor die hoedanigheid van die HERE Jesus Christus as die Seun van die Mens in Sy perfekte Menslike hoedanigheid cum Goddelikheid, sê Deissmann die volgende:

    :“Also the Man from whom the greatest spiritual impulse has come, an impulse which is felt through two thousand years of Christian history, Jesus of Nazareth, in common with His disciples, had the greatest reverence for the Holy Scriptures. It is not insignificant, in this connection, that in the narrative of Luke we find Him when He was twelve years old, in the Temple sitting among the learned, listening to them and asking questions. We gather from the words of Jesus, which have been handed down to us, that He was intimately acquainted with the contents of the Holy Scriptures, and had the greatest love for them. Yet He did not bow down to the letter of the Law, for example, the Sabbath commandment; He performed works of relief and love to His neighbor on the Sabbath. But still he would not annul the Holy Scriptures. He even confessed once, “Think not that I came to destroy the law or the prophets: I came not to destroy, but to fulfill. For verily I say unto you, Till heaven and earth pass away, one jot or one tittle shall in no wise pass away from the law” (Matthew 5:17 ff.).”

    Die HERE Jesus Christus het Mens geword om as egte mens ook te demonstreer dat onwrikbare geloof en geloofsdade ook vir die mens beskore is, soos Hy as mens dit ook dan uitgeleef, het. Dit is wat deur Deissmann in die werke soos The Religion of Jesus and the Faith of Paul bespreek word – die uitlewing van die geloof in Sy menslike hoedanigheid. Andersyds is die HERE Jesus Christus ook geïnkarneerde Woord van God, dus God Self. Hierdie twee hoedanighede word deur Deissmann in die evangelies duidelik onderskei en benoem:

    “In the first three Gospels [synoptic gospels] there stands before us a figure of flesh and blood, in the Gospel of John an ethereal, spiritual figure. We know the figure. It is the Christ which Paul had also seen, Christ the Lord, Christ the Spirit.”

    Terloops, jy verwys in jou laaste kommentaar na 'in die sin wat ons dit verstaan' met verwysing na die HERE Jesus Christus se Goddelike Seunskap - hoeveel 'onse' is daar in jou pond? Sien ek en jy die HERE Jesus Christus op dieselfde wyse en betekenis? Sekerlik nie - tensy jy natuurlik besig is om tot bekering te kom.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Hello Cornelius

    Ek dink nie dat Gustav Adolf Deissmann se interpretasie van wie Jesus was, was toevallig nie. 'The Religion of Jesus and the Faith of Paul' is gepubliseer (1923) kort na die Eerste Wêreldoorlog. Hy het hom beywer vir vrede en beter verhoudings tussen verskillende nasies en kulture. Uit bogenoemde werk van hom het ek die volgende aangrypend gevind:

    "What we have experienced in the last ten years seemed at first sight to be nothing but a parousia of anti-Christ, that left nothing but ruin, wretchedness, hunger, bitterness, hatred and darkness. But because it is a period of darkness and misery, we may trust that a new parousia of Jesus Himself has begun. Jesus, even when He wandered beneath the sun of His Galilean home, identified Himself with the hungry, the sick, the prisoners, and homeless fugitives. Now millions upon millions of hungry, sick prisoners and fugitives driven from home by brutal force, a great choir of the disinherited, sigh their troubles to heaven in Europe and Asia. There where this mass of wretched humanity is, Jesus Himself is present. There He is in each individual of millions. He is hungry, He is sick, a prisoner, homeless.

    And even if this mass of wretchedness continues for some time to come, yes, if through acts of brutal violence it is increased to-day and to-morrow, yet in many lands earnest and deep-thinking men have recognised in the stillness that He is hungry, sick, a prisoner, and homeless. And they have gone to Him in the least of His brethren and have helped them. So the people who have sat in darkness have perceived on the horizon the first gleams of the dawning of a new day for mankind. Is it too fantastic to hope that after the night of distress of the present era a new day will follow a time of new enthusiasm in following Jesus, and that by means of this very activity in following Jesus there will come a new revelation of Jesus Himself? " (p.21)

    Ek hoef nie 'n gelowige te wees en in Deissmann se Jesus te glo om in hom 'n mens te sien wat van die wêreld waarin ons woon 'n beter plek wou maak. Sy hemel wou hy hier op aarde sien kom. Sy boek het my hartseer gemaak toe ek besef dat Hitler aan bewind gekom het 'n jaar voor sy dood.

    Ek los die skakel na sy boek, sou jy belangstel om dit te lees.

    Chris

    http://www.unz.org/Pub/DeissmannAdolf-1923

     

  • Kobus de Klerk

    Tragies (vir sy onthalwe) hoe net die grootste ketter van hierdie forum - Cornelius - vir Chris kamstig 'ondersteun'. Omdat hulle ewe min insig het en ewe groot haat en renons in my as persoon. Dit gaan dus nie vir hulle oor integriteit en Waarheid nie, maar oor 'n patetiese  paranoia oor Kobus de Klerk wat gevoed moet word bo en behalwe die ondraaglike las wat hulle agnostisisme, wat maar net op verskillende maniere, so duidelik manifesteer.

    So hou Cornelius die lokaas na jou uit, Chris, om my as persoon te probeer bykom en jy gryp dit en gooi terselfdertyd weer vir hom ook lokaas uit. Nog 'n ding kom ook in jou reaksie aan Cornelius uit - daardie vooroordeel en wanpersepsie wat jy in jou reaksie verwoord wat eintlik maar jou eie versugtinge weergee, wat jy heeltemal insigloos en skaamteloos aan Deissmann wou toedig en op hom projekteer, hoewel dit met die werklikheid omtrent wat hy geskrywe  het, net eenvoudig niks te make het nie, soos uit wat ek hierbo weergee, duidelik blyk.

    En in die paranoia - daardie sielsiek, ongegronde abnormale neiging om alles wat ek ookal sê, klakkeloos en insigloos te wantrou -  het julle net weereens te gou gepraat en nie eens die insig en integriteit openbaar om net eers te wag op my reaksie nie - nie dat julle iets daaraan sou kon doen nie, want die stortvloed Waarheid daarin verswelg die insiglose snert en leuens wat jy kwytgeraak het en openbaar jou maar net weereens vir die spirituele swendelaar wat jy is, so duidelik vir algar om te sien. Maar dit sou julle darem die addisionele verleentheid bespaar wat julle nou te beur val. Dink net hoe julle nou sal moet probeer uitvaar om die skade vir julself te probeer verdiskonteer en hoe julle maatjies julle nou sal met kom probeer lawe.

    Die resultaat is net nog eier aan  julle reeds volgepakte gesigte - tragies koddig want dit is eintlik lagwekkend en die ironie is dat dit juis die spul eier aan julle gesigte en die verterende jaloesie is, wat julle so paranoïes ten opsigte van my maak. 'n Siek kringloop. Hoe siek.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    KdK, soos ek gesê het hiebo, hierdie gesprek is oor. Om te reageer op jou laaste reaksie sal jou net 'n verdere geleentheid bied om Deissmann verder te verkrag vir jou eie doeleindes. Die skakel vir Deissmann se boek is hierbo. Enige iemand kan dit aflaai en self lees om te sien dat my opsomming van sy werk ooreenstem met sy bedoelings.

  • Chris Dippenaar

    KdK, na jou woorde van "liefde" hierbo kan ek dit nie weerstaan om tog iets by te voeg:

    Foeitog, wat 'n skok moes dit nie vir jou gewees het om na al hierdie jare (?) se aanhaal van Deissmann uit te vind dat hy in heeltemal 'n ander Jesus glo as jy. Met baie bravade het jy hier op LitNet die woorde van Deissmann in ongelowiges se gesig gegooi: "A work of art cannot be appreciated by a savage, and the religious value of the New Testament cannot be appreciated by a man who has no feeling for religion. Just as the grinning savage would perhaps shatter the work of art with a blow of his club, so the unreligious man would regard as absurd the question of the religious value of the New Testament."

    Jy het dit 'n vereiste gemaak om met "spirituele insig" te kyk na die teks van die Bybel voordat jy enige iets van waarde daaroor kan sê. Jy het eenvoudig aanvaar dat Deissmann saam met jou in jou fundamentele hokkie sit.

    As 'n hamer al is wat jy het sal alles na spykers lyk. Hoe belaglik is jou aandrang op "spirituele insig" nie nou nie. As spirituele insig die pad is na Waarheid, hoekom is daar soveel duisende verskillende kleinletter waarhede onder gelowiges wat almal dieselfde "metode" gebruik?

    Ek het amper hardop gelag toe jy die volgende ingesluit het by jou aanhalings: "If the great German poet-philosopher, Friedrich Nietzsche, wrote above one of his great works, “Thus said Zarathustra,” we can write under the Synoptic Gospels, valuing them as revelation, the words “Thus says Jesus,” “Thus says Jesus today,” “Thus He speaks to me and to all of us today.” Deissmann is duidelik te skerp vir jou!

    Miskien sal die volgende aanhaling uit 'New Light on the New Testament from Records of the Greco-Roman Period' jou 'n wenk gee: "Briefly the problems before us can be thus formulated : Aided by the self-recorded evidence of antiquity, including, of course, that of ancient Judaism and the Semitic religions of which we have not had to speak here, we have to win a point of vantage from which to study the New Testament scientifically; the exclusively retrospective method, in which the predominating dogmatic and ecclesiastical interests have only too often made us blind to religion, is to be replaced by the historical investigation of religion. In this last phrase 'religion' is to be emphasized as strongly as the 'historical.' It cannot be otherwise, since the study of ancient religious texts, which are certainly not dogmatic, is bound to restore to us more and more that feeling for the religion in the New Testament which we had almost entirely lost. A whole mass of discussions, unintelligible apart from the inner mysteries of the higher dogmatics of after-generations, and connected with the New Testament only by an artificial bond, will cease to be. (p.109)

    Ns. Ek los 'n skakel na 'New Testament in the Light of Modern Research'. Ek het nog net 'n gedeelte daarvan gelees en alreeds is dit duidelik dat KdK se hamer oortyd werk.

    http://media.sabda.org/alkitab-10/LIBRARY/COMMENT/DEI_NTLM.PDF

     

  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk,

    Soos jy dit self mos altoos seg; jou tirade teenoor my is maar net weer ‘n onbeholpe poging om jou onvermoëns en insigloosheid en jou besef van ontoereikendheid in hierdie gesprek, te verdoesel...

    Ek vergewe jou nogmaals in die liefde en genade van Jesus Christus onse God.

    Jou Amigo in Adam,

    Cornelius.

  • CorneliusHenn

    Beste Chris,  

    Baie dankie vir jou leersame antwoorde hierbo.  

    Dis wonderlike genade om te weet dat selfs tussen die infernale Kobus de Klerk se haat en riool deur, die voedsame geestelikheid wat jy met ons deel tog totaal en ongeskonde daardeur kon kom (nes 'n Daniel in die leeukuil).  

    Ek het jou skakel in my argiewe gelaai en sal dit verseker lees.  

    Namaste!  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Hierdie gesprek was einlik al in essensie verby voor jy nog jou eerste 'kommentaar' gelewer het - want in die woordstorm wat jy afgestuur het, het jy niks van belang bereik nie en al wat jy andersins bereik het, was om jouself net weer te verneder om oor dinge te praat waarvan jy niks weet nie.

    Dit is so, mense sal kan lees wat Deissmann geskrywe het, en meeste van hulle sal met insig kan lees en hulle sal besef watter insiglose mens jy is wanneer  dit by dinge Gods kom - uiteraard, want jy is juis daaroor, agnosties.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    A! So, die gesprek is dus nié op ’n einde nie, Chris, ten spyte van die feit dat jy dit twee maal benadruk het… natuurlik omdat die insiglose, maar arrogante verwaande agnostikus – dit is nou jy – voel hy móét wéér vir sy paaltjies keer!

    So, ons kan dus nog ’n paar aflewerings van jou verwag en ek het mos vir jou gesê ek verwelkom dit…

    Maar ek het nuus vir jou – jou paaltjies lê mos al van die begin van die gesprek af plat en die paaltjies waarvoor jy nou weer wil keer, bestaan net in jou verbeelding – daardie soort waarvoor Angus so lief is.

    Kom ons demonstreer weereens – ek het gewag vir jou reaksie oor die agnostikus Nietzsche wat deur Deissmann aangehaal is… en geweet jy gaan in die slagyster trap.

    Hierdie keer is dit weer ook jou onkunde aangaan die Duitse taal wat jou, bykomend tot jou insigloosheid, so gruwelik met die gesig in die stof laat beland. Wat Deissmann daar demonstreer is dat selfs die deurdagte agnostikus en bekende Nietzsche só deur ’n antieke Persiese spiritualis, Zarathustra (oftewel Zoroaster), begeesterd word, dat hy ode aan hom opdra - hoeveel te meer sal ons nie vandag geïnspireer word deur die lewende Woord van HERE Jesus Christus nie – en die verskil lê in die Duitse woord ‘sprach’, wat die verlede tyd (past perfect) van ‘sê’ of ‘spreek’ aandui en juis hiérin lê die kragtige maar subtiele lessie... Dus, wat Deissmann sê is dat selfs die agnostiese Nietzsche geïnspireer word deur ’n spirituele man, Zoroaster (Zarathustra), wat gekom en gegaan het (aangedui deur die verlede tyd van die woord ‘spreek’ – ‘sprach’), terwyl die HERE Jesus Christus stééds vandag met ons Is en steeds vandag,  nóú, met ons spreek, wat dui op die onverganklikheid en ewigheid en die Goddelikheid van die HERE Jesus Christus die Woord. Verstommend dat jy dit nie kon insien nie – Deissmann maak gewag daarvan en verduidelik dit nogal omvattend én boonop haal ek dit vir jou aan in vet druk, om vir jou aan te dui waar die klem val met betrekking tot die aanwending van die verlede teenoor die teenswoordige tyd, juis gedagtig aan jou onvermoë om dinge te begryp… maar steeds het dit nie gehelp nie.

    Jou aanhaling uit Deissmann se ander werk neem die saak vir jou niks verder nie. Trouens, dit maak maar net melding dat die religieuse aspek van die semitiese en judaistiese aspekte ook bestudeer moet word saam met die historiese aspekte, gedagtig daaraan dat die Nuwe Testamentiese religieuse gebruike ook as agtergrond het die religieuse gebruike van die semitisme en die judaisme.

    Skryf gerus nog.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Wil jy nou regtig maak asof ek in jou slagyster getrap het? Hoe desperaat is jy nie tog om maar net die laaste woord in te kry nie. 'n Laaste woord wat finaal demonstreer hoe onnooslik en oningelig jy regtig is.

    Probeer 'n klein bietjie meer uitvind oor Nietzsche se Zarathustra voordat jy 'n nog groter knater van jouself maak as wat jy alreeds gemaak het. Woordpasteitjies oor hoe ek kastig nie weet dat 'sprach' verlede tyd aandui is nie goed genoeg nie. Enige poepol weet dat die Engelse titel van Nietzsche se boek 'Thus Spoke Zarathustra' is, maar dat Zarathustra, as fiktiewe karakter, 'n spreekbuis is vir Nietzsche se filosofie. 'n Herinterpretasie van dié Persiese profeet wat so 'n groot invloed gehad het op die ontwikkeling van Judaïsme en Christendom.

    Is daar niks waaraan jy kan vat sonder om 'n strontreuk agter te laat nie? Ek stel myself maklik 'n scenario voor waar Adolf Deissmann, Friedrich Nietzsche en David Friedrich Strauss om 'n tafel kan sit en gesels vir ure. Nie een van hulle sal langer as vyf minute vat om hulle self te verskoon van jou nie.

  • Kobus de Klerk

    Ek is heeltemal bewus van Nietzsche se Zarathustra sage, Chris en jy kan nie ontken dat Nietzsche deur Zoroaster se filosofie geïnspireer was nie – vandaar die keuse van die naam wat so direk op Zoroaster slaan. As dit nie juis daarvoor was nie, kon en sou Nietzsche waarskynlik enige van vele ander name gekies het. Dus, sy spesifiek keuse spreek boekdele, maar  jy kan dit net nie begryp nie, net soos al die ander dinge wat ek al uitgewys het, wat jy nie kan begryp nie – volg net op die spoor van jou banaliteite teenoor my terug – die spoor van jou desperasie oor jou onbeholpenheid omtrent wat ek weergee - en jy sal op almal daarvan afkom.

    Jy lieg ook oor die naam Zarathustra – jy kan maar net nie ophou lieg nie. Zarathustra is geen fiktiewe persoon nie – dit is inderdaad Zoroaster se oorspronklike naam in sy Oos Persiese moedertaal, Avestan. Zoroaster is maar ’n verengelsing van die oorspronklike Zarathustra.

    Jy kan ook nie die beduidende kwessie en effek van die verlede tyd waarin die woordkeuse teenoor Deissmann se kontrasterende keuse van die teenswoordige tyd, weerspreek nie en ek sien jy probeer nie eens nie – jy probeer eerder weer maar die stortvloed van banaliteite in die hoop dat mens nie jou eierdans sal kan agterkom nie – maar, jy is wéér uitgevang.

    Terloops, Zoroaster is die een wat deur die tradisie van die ware Godsdiens soos dit met die generasies vanaf Noag en sy seuns oorgelewer is, beïnvloed en geïnspireer was en glad nie andersom nie – dis logies. Noag en sy gesin was die enigste oorlewendes van die vloed en hulle almal was dienaars van die ware God. Almal daarna, die Sumeriërs ingesluit tot by Zarathustra verby, het hulle religieuse oorlewering van die nasate van Noag en sy seuns gekry en daarom is daar elemente van die ware Godsdiens in al die tradisies te vinde. Dus, álle ander religieë wat ’n ooreenkoms, tot watter mate ook al, toon met die ware Godsdiens van die Christendom, is uiteraard daardeur geïnspireer en deur die tradisie daarvan, beïnvloed.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Daar waar jy nou aan 'n graspolletjie van jou slimmigheid oor 'n afgrond hang is waar ek jou maar sal los.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top