Afrikaanse idiome

  • 2

Ek is op soek na verwysings / beskrywings van die idioom: Trek aan die kortste end.

Enigiemand met idees asb?? Ek benodig dit vir ’n skoolprojek. Enige hulp sal baie waardeer word. BAIE DANKIE!

Jean

  • 2

Kommentaar

  • Verwys dit nie na trek van stokkies om te besluit oor 'n saak, waar 1 korter is as al die ander? 'die lot werp'? Dit verwys na 'n beslissing in 'n groep, wat met behulp van die stokkies gemaak word, maw toestem dat jy jouself wetend kan benadeel sou jy die kort stok trek!

    Hans

  • As mens sê "Hy het aan die kort ent getrek" beteken dit dat hy sleg daarvan afgekom het. Ek sou sê "die kortste ent" beteken eintlik dat hy die slegste daarvan afgekom  het.   Sien Johanna de Wet se boek Wat praat jy! oor idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings. Dit is uitgegee deur Protea Boekhuis.  

    Groete,  
    Varkspek

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top