Afrika-taal-status

kom’t Mens toe, oënskynlik inne droom, visioen,
duid’lik, nes in 3D, kan Mens’t ampe’ nie glo nie,
jongst’ Afrika-taal, m’t allie ann’r, sosiaal v’rsoen,
uitdrukking t’sjee aan medemenslikheidsfilosofie

vir eeue al heers wantrou’, wie’s in wese superieur,
hoekom’s mag, g’koppel aan kleur, altyd g’sentreer,
sou Mens, ordentlik, allie “ann’rsmaking” af kon leer,
nes onse Moeder, elemente, stuk vir stuk, t’int’greer

wyd b’kint as “Boer se taal”, innie gange vannie Parl’ment,
vra Mens Mens Self, waar’p Aard’s Afrikaans se beskermlui,
hoe lank moet sy, onskúldig, aan pejoratiwiteitsindroom ly,
word net “Boer se taal” simbolies v’rg’stalt deur Monument?

v’rvlaks, ommie Vlak se flêtse klappie skote, struktuurg’weld groei,
t’rwyl Ma’Frikaans se Afrikaansheid ultra-onv’rklaarbaar weg vloei

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top