Selfvernietiging

  • 9

Groete
Panda

  • 9

Kommentaar

  • Beste Panda,
    Sonder om nou met Lynn Margulis se teorieë te lol: vir die evolusionis beteken "suksesvolle spesie" nie die dra van selfone in die sak en laptop onder die arm nie. Dit beteken "getalle"; dus is die mens redelik suksesvol, maar ook nie die suksesvolste nie. Bakterieë kom hierdie eer toe. Of bakterieë selfvernietigend kan wees, weet ek nie. Niemand kan my sê waarom antibiotika bakterieë dood nie.
    Groete,
    Angus

    • Angus,
      Ek het die aanhaling van Lynn Margulis geplaas na aanleiding van die insiggewende artikel in Orion Magazine deur Charles C. Mann: “State of the Species — October 2012” https://orionmagazine.org/article/state-of-the-species/
      Ek is 100% eens met jou dat met “suksesvol” in hierdie verband nie bedoel word om bv ’n lid van die spesie op die maan te land en veilig terug te bring aarde toe nie, maar dat dit gaan oor die vermoë om suksesvol te vermeerder. Natuurlik is die mens, soos jy uitgewys het, in dié opsig ook nie die suksesvolste spesie op die planeet nie. Afgesien van bv bakterie word ons in die opsig selfs deur rotte en muise oorskadu. Maar ons spesie is nogtans volgens Lynne Margulis “unusually successful.”
      Haar stelling dat: “the fate of every successful species is to wipe itself out”, wat dan nou Human Sapiens insluit, is natuurlik ’n mondvol en ’n veralgemening, maar tog ’n moontlikheid in ons spesie se geval.
      Mann wys oa daarop dat: “As a relatively young species, we have an adolescent propensity to make a mess: we pollute the air we breathe and the water we drink, and appear stalled in an age of carbon dumping and nuclear experimentation that is putting countless species at risk including our own.” “Adolescent propensity” — Donald Trump?
      Om suksesvol te vermeerder is beskikbaarheid van voedsel natuurlik ’n vereiste, soos deur Georgii Gause in sy boek The Struggle for Existence in 1934 uitgewys op grond van eksperimente met bakterie in proefbuise met verskillende hoeveelheid voedsel daarin. Dit sal te veel ruimte in beslag neem om daaroor uit te wy, maar ek is seker jy weet in elk geval meer daarvan as ek.
      Gaan daar nog iets te ete wees vir die moontlike agt tot 10 miljard mense teen 2099? Ek wonder!
      Groetnis,
      Panda

    • Beste Angus
      Bakterieë hou wel aan vermeerder totdat die omgewing (agar) uitgeput is. Die mens, nou al bykans 7 miljard, is besig om fluks te vorder op die pad na selfvernietiging.
      Terloops, ek wonder wat dink die Rooihuide as hulle byvoorbeeld na Manhattaneiland kyk - 'n eens bosryke landskap is nou een moerse miershoop - en waar gaan al daardie riool heen? Die moontlikheid is natuurlik daar dat, sou die blanke Amerikaners nie die Rooihuide byna uitgewis het nie, die Rooihuide self ook in die toekoms die land kon oorbevolk het.
      So, ek reken dié Lynn (wie sy ook al is) het heeltemal gelyk - suksesvol is bo in die voedselketting wat lei tot getalvermeerdering en uiteindelik gevolglike verdwyning.
      Groetnis
      Jan Rap

  • Die mens kan vooruit dink. Beplan.
    (Die spesies wat hulself uitgewis het, het nie diè vermoë gehad nie.)
    Watter ander wese/lewe is daartoe in staat?

    • Miere tel beslis onder die mees sukselvolle insekte,wat sonder die mens heel goed klaar kom.
      http://www.bbc.com/news/magazine-29281253Sep 22, 2014 - There are 7.2 billion humans on the planet today - if we take everyone over the age of 15, they weigh a combined total of about 332bn kg. If we imagine there are 10,000 trillion ants in the world, weighing an average of 4mg, their total weight comes to just 40bn kg.

  • Prometheus Ongebonde

    Meer en meer as wetenskapjoernalis is dit vir my duidelik ons is die slimste maar ook maklik die onnoselste spesie op Aarde. Ek vermoed die planeet sal beter kan voortbestaan sonder mense wat bly vasklou aan die idee daar is nog 'n kans in 'n gewaande lewe hierna, as hulle net voorbeeldig lewe en steeds bly glo in hul mitiese gode wat hulle oor die 20 millenia self uitgedink het.

    • ... en jy reken wat jy uitgedink het vervang wat hulle oor 20 millennia uitgedink het? Terloops. ek praat nie eintlik met ouens met skuilname wat sê hulle praat nie met ouens met skuilname nie maar in jou geval maak ek 'n uitsondering.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top