Selfmoord

  • 4

Ek kyk na die meisie. Sy skryf iets in haar  notaboek en klap dit toe. Haar sneeuwit laerug-hare is in ‘n haastige Franse vlegsel. Sy kyk op in my rigting. Ek glimlag en sy glimlag skaam terug. Die klok se chroniese blikgeluid weergalm deur die klas.

Pouse kry ek haar in die bibleoteek. Die plek is verlate soos gewoonlik. Sy sit in die hoekie by die ensiklopedieë. Sy stoot die trui se moue op en ontbloot die are. Uit haar tas haal sy haar skêr uit en trek die buitelyne. ‘n Snik skeur deur haar keel en sy ruk. Met nuwe moed en motivering, stap ek nader.

Ek gaan sit langs haar en trek haar in. Die souterige nattigheid drup soos ‘n lekkende kraan. My vingers speel met haar hare en vry haar rug. Vingers klou aan my asof ek ‘n reddingsboei is. Haar snikke bedaar.

Ek trek weg en vis my kosblik uit. Vee  ‘n paar hare uit my oë en hou die oop kosblik na haar. Toe sy nie ‘n poging aanwend om ‘n toebroodjie te vat nie, sit ek dit in haar hand. Sy glimlag dankbaar en hap honger.

“Ek ken jou pyn. Die ergste is die wat iemand anders veroorsaak.” Sy knik en sluk die laaste van die kaastoebroodjie af. “Jy moet skree as ek kan help.”

“Dankie, Danny.”

Na skool, stap ek direk na die biblioteek om huiswerk te doen. Intussen onthou ek sy is Nelia. Sy sit by die verste rekenaar.

Nadat ons klaar is, stap ek saam met haar. Sy vertel my dat haar ouers drink en haar slaan en haar broer wat lol.

 ‘n Rukkie later, klop iemand aan die deur. ‘n Blonde vrou in  haar middel-veertigs met ‘n bekommerde uitdrukking. “Is jy Nelia se vriend?” Ek knik. “Daar is groot probleme by hulle huis. Sy het vir my gevra on net te kom sê.”

“Wil Mevrou inkom?”

“Nee, nee. Net gou kom sê. Ek is hulle buurvrou en Nelia eet smiddae by my.”

“Sterkte, ek sal definitief dink aan die hele gesin.” Die vrou knik en stap weg. Ek dink nie eens om te vra hoe die vrou weet waar ek bly nie. Verslae druk ek die deur toe.

Die volgende dag in die skoolsaal, preek die hoof.

“Een van ons studente, Nelia van Rooyen, het gisteraand selfmoord gepleeg..” Sy stem word uitgedoof soos almal begin praat.

“Enigeen kon dit sien kom...”

“Wie is dit? Ken ek haar?”

“Die kind was nog altyd ‘n weirdo.”

Dan tik iemand my skouer. “Wat gaan aan?” Ek kyk om in die bekende bruin oë. Haar hare is nou stomp geknip. Nou rus dit op haar skouers. Verlig, druk ek haar vas.

Sy gee my ‘n ware glimlag. Ek haak my arm om haar nek.

  • 4

Kommentaar

  • Mooi Annerie! Ek is waarlik trots op jou werk. Hou aan om die misterie van jou talent te ontwikkel. Ek is trots om te sê ek het jou geleer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top