Selfbeduiweling

  • 18
Oor die aarde heen is daar 'n menigte mense met 'n aangeleerde minagting van die enigste kort bestaan wat hulle ooit bewus van sal wees, en wat sonder ophou poog om met onsin die lewe vir mekaar so onaangenaam as moontlik te maak.
 
CM
  • 18

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Watter bewyse het jy vir jou stelling van die enigste kort bestaan wat mense ooit bewus van sal wees? Of gorrel jy sommer maar net weer vir die vermaaklikheidswaarde daarvan ...

    • Daar is niks om te bewys nie. Iets wat nie bestaan nie, kan nie met woorde geskep word nie - net fiksie en hallusinasies.

      • Kobus de Klerk

        Kan jy bewys dat dit met woorde geskep is en dus fiksie en hallusinasies is? Of is jou siening maar jou eie fiksie en hallusinasie ... As jy jou stellings nie kan bewys nie - want jy kan beslis nie - hoe kan jy dit as feite probeer aanstip?

          • Kobus de Klerk

            Jy maak die stelling, jy verskaf die bewys. Dit is hoe dit werk. Ek sê juis dat daar nie bewys is vir jou stellings nie. Jou ontwykende antwoorde bevestig dit ...

  • Woorde kan werklikhede beskryf, maar kan nooit werklikhede skep nie. Gebruik dit gerus na goeddunke vir die skepping van versinsels, soos ons voorgangers gedoen het. Dit is hoe dit werk.

    • Kobus de Klerk

      Ek gaan akkoord met die eerste sin van jou stelling net hierbo. Wat jy egter moet bewys, want dit is wat jy beweer, is dat die woorde wat jy as versinsels bestempel, wel versinsels is. Dit is jou plig. Jy sal moet bewys dat dit inderdaad, objektief gesproke, nie die werklikheid beskrywe en/of na die werklikheid verwys nie. Jou eie gebrek aan ervaring en insig in verband met dit wat deur die woorde - wat jy as versinsels bestempel - beskrywe word, bepaal hoegenaamd nie die grense en bestaan al dan nie, van objektiewe werklikheid nie. Dit dui net daarop dat jy uit onkunde stellings maak, wat eintlik dan 'n gegorrel met die einste woorde is.

        • Kobus de Klerk

          Sien, jou reaksie hierbo is nogeens wat ek bedoel met jou ontwykende antwoorde omtrent wilde stellings wat jy maak sonder enige hoop van bewys of substansie daarvan. 'n Verleentheid vir jouself, is jy... Dit is dus eerder beter vir jou om verby te hou. Jy het jouself laat uitvang.

  • Kobus de Klerk

    Jou kommentaar hierbo waarby hierdie antwoord pas, het geen "reply" funksie beskikbaar nie, seker maar in die hoop dat ek nie sal antwoord nie ... Jy sê die bewyse wat ek van jou verlang is oral op aarde vryelik beskikbaar - nog 'n super-ontwykende antwoord. Verwys ons dan spesifiek na 'n paar. Jy kan mos darem seker meer as een sin op 'n slag baasraak om te verduidelik ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top