Saving grace darjeeling vir Sir Francis Williams Dragon

  • 2

Hier in die lui holte van die Sondagnamiddag bepeins ek en ‘n paar ou hande van SêNet die toestand van die leeglêers op die werf. Ons wonder toe of Fransie Willemse, Alias Sir Francis William Draak van China nog steeds so baie gifwolke blaas oor die sedige gardes van die SêNet.

Ek visualiseer Sir Francis weer op sy lugskip vanwaar hy sy goed gemikte aanvalle loods en dan terug leun in sy vergulde gemakstoel en grimmig-genoeglik tee drink. Dalk groen tee. Watter soort sou ek nie weet nie – die teeblaar soort of die hanf djarjeeling wat die anties in “Saving Grace” so lekker hups gemaak het.

Dis ook maar goed dat hy op sy lugskip bly. Vandaar kan hy korrupsie raaksien in Oz. Hopelik ook in Nkandlaville. Maar ek is bevrees sy oge is geblinddoek as dit oor die danser op die heuwels gaan.

Nou ja, die lugskip het darem ook die voordeel dat mens vinnig orals heen kom, hoofsaak daar vlieg genoeg blitse rond wat die engintjie op trap hou.

Die posisie daar bo in die hemelse hoogtes is ook ideaal om soos Noag se ark op die Himalaja se spitse te land. Maar sê nou daar’s ’n sneeukanon wat hom tot op die Mekong skiet?

O genade, daar bo in die berge het die stroompie nogal baie stroom versnellings. Sê nou hy tuimel hals oor kop in een of ander dwelm-hool in? Ene waar daar in ’n donker agterkamertjie tattoos pynigend in mense graveer word ...

Nou moet ek iets toegee. Ek het nog altyd gewonder of Sir Francis se lyf getatoeëer is en wat se tattoos hy het. Sekerlik!

Dalk iets mooi en liefderik soos groen tamaties. Of ’n sonnetjie wat heimlik vir die maan knipoog.

Of sou daar dalk ’n wilde Chinese vergulde draak tussen sy borshare rondkruip? Of dalk het hy vir Angus Evangelist op sy skouer verewig ...

Voordat die gemoedere opvlam, wat ek liewer my lyf weg en gaan knyp ’n salige uiltjie in die hangmat.

Aller skatlikste groete,

Paloma Pouveer

  • 2

Kommentaar

  • Lekka...mooi...ek was al met die Mekong af, en die dwelmhole is wel daar, reg langs die rivier, en hulle is vol Witmense, van OZ, NZ, Kan, en die soort van plekke waar geen mens sonner sy dwelm kan klaarkom nie...en nee, tattoes is nie vir die uwe nie...behalwe nou die natuurlike soort...die wat my goed ken, weet waarvan ek praat...

    Korrupsie in SA is 'n absolute vulletjie ivg met die VSA, EU en die soort van plekke...Viva Afrika!!!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top