Is SA reg vir die idee van "tegnologie"?

  • 3

As mens net na SABC nuus luister of kyk, krimp jou wêreld van begrip, want tans smous hul politieke korrektheid ideologieë dat dit skrik vir niks nie.

Die ou speletjie van "staatskaping" is ook oordrewe, want as politieke partye saam in parlement sit, dan kaap die hele ou spul saam. Die geveg is net oor wie grootste deel van gedeelde koek kry.

'n Ander saak, is die idee van "tegnologie"! Daar is al soveel slim intelligensie-tegnologie reeds in gebruik, selfs in oningeligte SA, maar 'n nuwe selfoon of selfoon app is nuus? 

Waar is die kommissie van Pandor wat aktief rekenaartegnologie en robotika bevorder? Waar is die nuwe vakrigtings en opleiding in hierdie slimtegnologie?

Op graad 12-vlak behoort leerders al hul eie robotte as projek te bou en met rekenaar te bedryf. 

800 miljoen bekende werkgeleenthede gaan binne dekade VERDWYN en met SA wat reeds vierde Industriële rewolusie agterstand het, is daar nie meer beleggingsgeleenthede met al die BA-grade nie. Dokters gaan toenemend opgelei word in AI, robotika en bionika, as deel van hul basiese opleiding.

Selfs aptekers en kliniese susters sal mbv AI in staat wees om kliniese ondersoek te doen op bepaalde pasiënt-inligting. Die primêre sorg sal vinniger, meer effektief en goedkoper word. Dokters sal na verwysing vanaf primêre versorger aandag aan meer ernstige aspekte kan gee, voor verwysing na spesialis. Dink bv dat jy op jou sakrekenaar jou simptome intik by jou primêre versorger, wanneer jy afspraak maak vir konsultasie, bloeddruk en suikervlakke reeds getoets tuis en ingevul. Geen lang rye in oorvol wagkamers meer nie. Ek kan nie wag nie, geen sekondêre infeksies meer wat jy kry in wagkamers nie ... 

 

  • 3

Kommentaar

  • Dis om van goormaag te kry, al daai tegnologie. Waar kan 'n man gelukkiger wees as om op die oewer van die Vaalrivier te sit en visvang, terwyl hy hom vergaap aan die sonsondergang. Netnou skink hy vir hom 'n wyntjie en braai sy vleisie want die vissie wou in elk geval nie bytie.

  • Hans Richardt

    Met nano-mediese bods in jou bloedstroom, sal jou toekomstige slimfoon baie funksies konstant kan monitor en sal basiese mediese diagnose deur 'n slimtegnologie-rekenaar jou reeds kan analiseer en behandeling voorskryf of aanbeveel.
    Angus, as dit nie ewolusie en integrasie van rekenaartegnologie en mens is nie, dan weet ek darem nie. Met die menslike genetiese indrukke uit verlede, wat nageslagte beïnvloed, is genetiese ewolusie onafwendbaar, ongeag beswaar deur bv FC Boot.

  • Beste Hans,
    Hoeveel mense het al die sogenaamde nano-mediese bods in hulle bloedstroom?
    Ek verstaan nie wat jy skryf nie. Wat bedoel jy met genetiese ewolusie wat onafwendbaar is? En wat is genetiese indrukke? Die indruk wat jy skep, is dat jy die bel hoor lui het, maar nie weet waar die klepel hang nie.
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top