Jason Lloyd: Hotnotsgot | http://www.litnet.co.za/Article/woolworths-debat-dis-nog-steeds-swart-en-bruin-mense-wat-kasregisters-slaanLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaWed, 22 May 2013 18:37:48 +0200LitNet - Jason Lloyd: HotnotsgotLitNet | RSS - Jason Lloyd: HotnotsgotJason Lloydhttp://www.litnet.co.za/99/Jason LloydJason.Lloyd@dpw.ecape.gov.zahttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/woolworths_fokus.jpgJason Lloyd: Hotnotsgot | http://www.litnet.co.za/Article/woolworths-debat-dis-nog-steeds-swart-en-bruin-mense-wat-kasregisters-slaanfID89665Some textcat89665http://www.litnet.co.za/Article/woolworths-debat-dis-nog-steeds-swart-en-bruin-mense-wat-kasregisters-slaanWoolworths-debat: Dis nog steeds swart en bruin mense wat kasregisters slaanSolidariteit is oneerlik as hy regstellende aksie en rassediskriminasie met mekaar vergelyk in hul onbeholpe en futiele oefenlopie om Woolworths se werkadvertensies (“slegs vir swart mense”) in die wiele te probeer ry.

’n Storm soos min en ’n boikot-aksie – wat hoofsaaklik gedryf word deur Solidariteit – het onlangs losgebars nadat Woolworths advertensies geplaas het wat dit duidelik maak dat net swart mense (in die breë generiese sin) aansoek kan doen. Met ander woorde: vir poste waar daar nog onderverteenwoordiging is in Woolworths.

Dr Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het teruggekap en gesê rassediskriminasie word geregverdig as dit regstellende aksie genoem word.

Om rassediskriminasie en regstellende aksie met mekaar te vergelyk, is verregaande. Voor 1994 is apartheidswetgewing ingespan om wit mense bo swart en bruin mense en Indiërs op alle vlakke van die samelewing te verhef. Dit was rassediskriminasie in sy ergste vorm.

Toe het dit Solidariteit – ’n oorblyfsel van die Mynwerkersunie wat onder Arrie Paulus momentum gekry het om vir die belange van wit werkers te veg – gepas. In reaksie op dié rassediskriminasie is regstellende aksie ná 1994 ingestel om die apartheidskade van die verlede te probeer regstel. Om die speelveld gelyk te probeer maak sodat alle vlakke van die samelewing (veral die werkplek) die demografie van die land kan weerspieël.

Nou beroep Solidariteit hom op ’n kunsmatige nierassigheid net om regstellende aksie teen te staan. Dit is ’n skandelose ontkenning van die impak en nalatenskap van 350 jaar se institusionele rassediskriminasie teenoor mense van kleur.

Regstellende aksie is ’n internasionaal aanvaarbare praktyk om reg te stel wat in die verlede verkeerd was.

In die Suid-Afrikaanse konteks beteken dit nie noodwendig dat alle mense van kleur in die nuwe Suid-Afrika vir regstellende aksie kwalifiseer nie. Dit beteken dat daar altyd gepoog moet word om regstellende aksie reg toe te pas.

So, wat is die regte toepassing van regstellende aksie? Dit beteken dat die “aangewese” groepe oor die regte kwalifikasies moet beskik. Ook dat hulle die nodige ervaring moet hê – en indien nie voldoende nie, moet maatskappye die nodige programme in plek kry vir verdere indiensopleiding.

Dit is min of meer presies wat Woolworths verduidelik het.

Die maatskappy het selfs verder gegaan en gesê dat, in gevalle waar hulle nie ’n kandidaat uit die “aangewese” groep kan kry nie, poste oopgestel kan word vir “onaangewese” persone. Ook dat hul gelykheids- en transformasiebeleid in pas is met huidige arbeidswetgewing.

Volgens Hermann het hulle mense regoor die land gevra om een wit kassier in ’n Woolworths-winkel te soek. Nie een kon gevind word nie.

Dit is presies hier waar die knoop lê. Dit illustreer dat Woolworths se studies dat 70% van hul bestuursposte deur hoofsaaklik wit mans beklee word, in die kol is.

Solidariteit moet kennis neem daarvan dat bestuurders hoofsaaklik in raadsale en kantore met lugreëling aangetref word – nie agter kasregisters nie. Dit is nog hoofsaaklik swart en bruin mense en Indiërs wat die kasregisters slaan, terwyl wittes nog van bo af besluite neem.

Dit is onsensitief van Solidariteit om op die gevoelens van wit mense te speel dat Woolworths hulle uitboender of uithou. Woolworths moet eerder gelukgewens word omdat hulle diversiteit in die werkplek bevorder.

2013-05-22T18:37:48+02:00