Menings | Opinionshttp://www.litnet.co.za/Article/vir-thomas-oor-die-definisie-van-afrikanerLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaSun, 19 May 2013 15:08:46 +0200LitNet - MeningsLitNet | RSS - MeningsJan Raphttp://www.litnet.co.za/2154/Jan Rapskryner@gmail.comhttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/422_afrikaner.jpgMenings | Opinionshttp://www.litnet.co.za/Article/vir-thomas-oor-die-definisie-van-afrikanerfID89905Some textcat89905http://www.litnet.co.za/Article/vir-thomas-oor-die-definisie-van-afrikanerVir Thomas oor die definisie van Afrikaner
Hallo Thomas

Ek verwys na jou opmerking onderaan my brief aan Heiden, 1 Oktober, waar jy aangedui het dat jy graag die kwessie oor wie en wat 'n Afrikaner is wil debatteer.

Dit is baie interessant vir my dat almal presies weet wat 'n Afrikaner is maar dat daar dan gedurig met die definisie gespook word en dan dikwels word die gevolgtrekking bereik dat daar eintlik nie so 'n ding soos die Afrikaner is nie.

Piet Croukamp, so paar weke gelede, het dringend versoek dat mense hulle nie as 'Afrikaner' moet verpak nie.  Wat sy redes daarvoor was is nie nou ter sprake nie maar die implikasie is tog duidelik dat die Afrikaner hom nie moet verpak as Afrikaner nie.  So Piet weet darem daar is so-iets.  In koerantkolomme het ek al gesien dat vooraanstaande bruinmense een en ander te sê het oor Afrikaners, so hulle weet dat daar so-iets is.  Jaco in sy jongste brief, en Johannes Comestor, in sy kommentaar onderaan Jaco se brief, praat van Afrikaners.  Daar is selfs 'n paar boeke met 'Afrikaner' in die titel.

Ek dink dit is 'n fout as mens die Afrikaner definieer as daardie persoon van Suid-Afrika wat Afrikaans praat.  Om dit te regverdig deur dit 'inklusief' te noem is eintlik sinneloos want wie word nou eintlik benadeel as die definisie NIE inklusief is nie?  Niemand nie; om die waarheid te sê, daar is bruinmense (99.999% van hulle sou ek sê) wat ernstig eksepsie gaan neem.

Die persepsie is daar dat dit soort van 'n toegewing is, al is dit in alle eerlikheid nie so bedoel nie.  Ek, byvoorbeeld, sal my bloedig vererg as, sê 'n Hollander, my met 'n breë glimlag inlig dat hy besluit het om my in sy definisie van Hollander in te sluit.  Buitendien, sou jy sê die 'inklusiewe' definisie van 'n Duitser sluit 'n Oostenryker in, of selfde van 'n Engelsman sluit 'n Skot in?  Nooit as te nimmer nie.

Vir 'n vreemdeling wat Suid-Afrika besoek sal 'n goeie definisie van 'n Afrikaner wees daardie persoon wat Afrikaans praat maar waarop regstellende aksie nie van toepassing is nie.  Die maklikste egter, soos ek al vele male tevore gesê het, om uit te vind of iemand 'n Afrikaner is, is om hom te vra.  As hy sê 'nee' is hy nie 'n Afrikaner nie, as hy sê 'ja' dan is hy een, ongeag kleur, geloof, credo, politieke verbintenis, oriëntasie, domicilium (daar is byvoorbeeld baie op die oomblik in Australië) of wat ookal.

Groetnis

Jan Rap

2013-05-19T15:08:46+02:00