LAPA Uitgewersportaal | LAPA Publishers Foyerhttp://www.litnet.co.za/Article/veelsydige-vlaamse-skrywer-besoek-suid-afrikaLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaWed, 22 May 2013 20:07:35 +0200LitNet - LAPA UitgewersportaalLitNet | RSS - LAPA UitgewersportaalLAPA Uitgewershttp://www.litnet.co.za/2473/LAPA UitgewersSuzannP@lapa.co.zahttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/413_ingrid280.gifLAPA Uitgewersportaal | LAPA Publishers Foyerhttp://www.litnet.co.za/Article/veelsydige-vlaamse-skrywer-besoek-suid-afrikafID89215Some textcat89215http://www.litnet.co.za/Article/veelsydige-vlaamse-skrywer-besoek-suid-afrikaVeelsydige Vlaamse skrywer besoek Suid-Afrika
Ingrid Vander Veken, ’n bekende Belgiese joernalis en skrywer van kinderboeke, drama en volwasse fiksie, is ’n aangename toevoeging tot die skrywersgroep wat vanjaar by LAPA se Boeke-oggende gaan gesels oor hul nuwe publikasies. Díe gesoute skrywer besoek Suid-Afrika van 20-24 Augustus en sal by verskeie geleenthede gesels oor haar nuwe boek Sam, wat onlangs uit Vlaams vertaal is.

Vander Veken woon en werk steeds in haar geboortestad, Antwerpen. Daar het onder meer vier romans, twee kortverhaalbundels en twee kinderboeke uit dié veelsydige skrywer se pen verskyn. Sy is ook ’n gerekende joernalis wat bydraes vir verskeie koerante asook TV- en radiostasies lewer.

Sam is gegrond op die ware verhaal van ’n Franse dogtertjie, Marthe, wat meer as ’n eeu gelede met haar olifant van China na Frankryk moes reis. Die boek is bekroon met ’n Boekenwelp-toekenning, benoem vir ’n Gouden Uil, en deur die Belgiese Kinder- en Jeugdjury vereer. Haar outobiografiese roman vir volwassenes, Papawers, is ook deur LAPA Uitgewers in Afrikaans gepubliseer.

Antjie Krog skryf: “Wie nog nie die pragtige, opregte stem van Ingrid Vander Veken beleef het nie, verbeur iets wonderliks. Ek ken geen ander skrywer in watter taal ook al met so ’n oorrompelende, empatiese stem nie.”

Nanette van Rooyen, kinderboekskrywer en wenner van die LAPA Jeugromankompetise (met Ek was hier) sal ’n gesprek lei tussen Vander Veken en Krog (vertaler van Sam) tydens die LAPA Boeke-oggend op 21 Augustus by SASNEV in Pinelands. Irma Joubert sal ook meer vertel oor die vertalings van haar historiese romans en haar onlangse boekereis na Nederland, terwyl Chanette Paul die program sal afsluit met ’n gesprek oor haar opwindende tweeluik, Maanschijnbaai. Die koste beloop R125 wat ’n Kaaps-Maleise ontbyt en ’n geskenkbewys van LAPA insluit.

Op 23 Augustus is Maritha Snyman, besturende direkteur van LAPA, in gesprek met Ingrid by die tweede Boeke-oggend, wat by die bekoorlike Angel’s Place-boetiekhotel in Pretoria gehou word. Die sessie beloof om ’n vars blik op Afrikaanse fiksie te werp met skrywers soos Deborah Steinmair (Poppekas), die Radloff-susters (Een stad, drie rooikoppe, sewe dae) en Japie Bogaards (Tussen middernag en dagbreek). Die koste beloop R140 wat ’n noenontbyt en ’n geskenkbewys van LAPA insluit.

Albei geleenthede word deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere geborg.

Vir meer inligting oor Ingrid Vander Veken se optredes in Suid-Afrika of oor die Boeke-oggende, kontak Samantha Buitendach by (012) 401 0700, of samantha@lapa.co.za. Besprekings is noodsaaklik.
Besoek ons webblad by www.lapa.co.za of ons Facebook-blad vir meer inligting.2013-05-22T20:07:35+02:00