Clover Aardklop | Nasionale Kunstefeeshttp://www.litnet.co.za/Article/van-deuntjies-tot-klassieke-musiek-by-vanjaar-se-clover-aardklop-nasionale-kunstefeesLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaMon, 20 May 2013 21:28:26 +0200LitNet - Clover AardklopLitNet | RSS - Clover AardklopLitNethttp://www.litnet.co.za/1/LitNetwebvoet@litnet.co.zahttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/a_musiek.jpgClover Aardklop | Nasionale Kunstefeeshttp://www.litnet.co.za/Article/van-deuntjies-tot-klassieke-musiek-by-vanjaar-se-clover-aardklop-nasionale-kunstefeesfID89067Some textcat89067http://www.litnet.co.za/Article/van-deuntjies-tot-klassieke-musiek-by-vanjaar-se-clover-aardklop-nasionale-kunstefeesVan deuntjies tot klassieke musiek by vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees
Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees se program bied ’n wye verskeidenheid musiek – van groot konserte tot intieme klassieke musiekuitvoerings.
Chris Vorster sit sy satiriese hoed op met die “makabere musiekblyspel” Die geval van die mal huisvrou; Vagina Dentata – ’n Kabarett (benoem vir etlike Kannas) is nie vir die beskroomdes nie; LieSl Marx maak haar stem dik in Die VET-faktor; Lizz Meiring en CH2 pluk allerlei snare in Ping!; die duo Marcato bring hulde aan Simon & Garfunkel; Dana Snyman en Klopjag is weer op pad; die Namibiese liedjieskrywer/kitaarspeler/sanger Andra ondersoek die verskynsel rondom die syfer 27; en Wouter Kellerman verken wêreldmusiek so fluit-fluit. In Ken jy tant Mossie? word Afrikaanse liedjies opgezoesh, terwyl die Blues en Susters in My land, my lied dit ’n  jazz/blues-baadjie gee.
Gunstelingkunstenaars soos Mathys Roets, Jak de Priester, Blackie Swart, Jannie Moolman, Rocco de Villiers en Chris Chameleon (saam met die Drakensberg Seunskoor, wat ook op hul eie te sien is) maak ’n draai, terwyl feesgangers die seldsame geleentheid sal hê om een van die enkele konserte by te woon wat Gert Vlok Nel en ’n uitstaande band landwyd aanbied om sy nuwe album bekend te stel.
Die sanggroep a Capella hou na 40 jaar weer konsert; Ses Snare klim in die “Yellow Submarine” en Navi Redd doen dit steeds sonder instrumente.
Op die klassieke front kan feesgangers onder meer uitsien na die hoog aangeskrewe Duitse tjellis Wolfgang Schmidt se uitvoering saam met Bryan Wallick (klavier); orrelis Winand Grundling se 14 stasies van die kruis; ’n konsert van pianis Benjamin Fourie; en Magda de Vries wat met MarimBach wys wat uit ’n konsertmarimba opgetower kan word. De Vries is saam met die vibrafoonspeler Frank Mallows ook deel van Duo FourIVTwo in Concert.
In twee Barokkonserte word daar gefokus op die komposisies van Biber en Fux; Ave Maria / Halleluja is ’n saamgestelde konsert met liedere waarin “Ave Maria” en “Halleluja” as titel voorkom – van klassiek tot kontemporêr; en Dismotief – uitvoering is splinternuwe Suid-Afrikaanse komposisies wat uitgevoer word ter ondersteuning van die gelyknamige uitstalling.
Drie uiteenlopende trio’s is deel van die program. Trio Gloriosa – Camelia Onea (viool), Berthine van Schoor (tjello) en Annalien Ball (klavier) – speel die mees geliefde klaviertrio’s; in Shanghai Brunch gee Charl du Plessis (klavier), Hugo Radyn (tromme) en Werner Spies (basinstrumente) bekende klassieke werke ’n jazz-aanslag; en in Trio met ’n twist met Janine Neethling (klavier), Bridget Rennie-Salonen (fluit) en Elizabeth Furtner (altviool) word Vivaldi se Vier seisoene byvoorbeeld met Vier Seisoene Kind vervleg.
Die fees word van 2 tot 7 Oktober in Potchefstroom aangebied. Vir meer besonderhede besoek Clover Aardklop se webwerf by www.cloveraardklop.co.za.
2013-05-20T21:28:26+02:00