Skole | Schoolshttp://www.litnet.co.za/Article/uitslae-atkv-tienertoneelfinaal-2012LitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaWed, 19 Jun 2013 12:16:17 +0200LitNet - SkoleLitNet | RSS - SkoleLitNethttp://www.litnet.co.za/1/LitNetwebvoet@litnet.co.zahttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/tienertoneelfokus.jpgSkole | Schoolshttp://www.litnet.co.za/Article/uitslae-atkv-tienertoneelfinaal-2012fIDSome textcathttp://www.litnet.co.za/Article/uitslae-atkv-tienertoneelfinaal-2012Uitslae: ATKV-Tienertoneelfinaal 2012
Spektakel wen eerste prys! Hoër Meisieskool Bloemhof is aangekondig as die wenner van ATKV-Tienertoneel 2012. Hulle wen R20 000 en ’n wisseltrofee. In hierdie satiriese kykie na talentkompetisies sê vyf moderne familiegroepe (bestaande uit slegs vroue) mekaar die stryd aan in die fiktiewe Beste in die Boland-kompetisie. In hierdie fel stryd tussen die Trots-gesin, die Obsessies, die Pretensies, die Kief K9’s en die Jaloesies word daar met menige heilige koeie die spot gedryf. Die organiseerder, Elna Egosentries, en haar hulpaanbieder, Nina Narcisties, ding self meedoënloos mee om die kalklig te steel.

Regisseur en skrywer van die stuk, Christiaan Olwagen, het ook aandag geskenk aan die stryd tussen die ouers wat soms gedurende hierdie tipe kompetisies kop uitsteek, sowel as aan die identiteitskrisis van die vrou in Suid-Afrika.

Christi Steyn is as die beste aktrise in ’n ondersteunende rol aangewys vir haar rol as Telana Trots in Spektakel. Hoër Meisieskool Bloemhof se meisies het asems weggeslaan en een van hulle het ook die prys vir die beste aktrise in ’n hoofrol gewen - Lisa-Jean Malan vir haar rol as Elna Egosentries. Die groep het ook die toekenning vir die beste ensemblewerk ingepalm.

Nico Scheepers is vir die derde opeenvolgende jaar aangewys as die beste regisseur vir ATLAS van Hoërskool Louis Trichardt. Hoërskool Louis Trichardt is ook as die naaswenner aangewys.

Hoërskool Parel Vallei is in die derde plek aangewys met hul toneelstuk, Die Oop Geheim, geregisseer deur Marí Borstlap. Jane de Wet is as die mees belowende aktrise aangewys vir haar rol as Mot van Staden en Ben Albertyn as die mees belowende akteur vir sy rol as Tobias – ’n doodsengel. Hoërskool Parel Vallei het ook die toekenning vir bogemiddelde uitvoering van algemene tegniese aspekte, asook dít wat agter die skerms gebeur, ontvang.

Die toekenning vir die beste akteur in ’n ondersteunende rol is gedeel deur Gideon Basson van Hoërskool Vredendal vir sy rolle in Tjello(esie) en Violin(ce) en Wiehann Smith, wat die heer gespeel het in Die Koffer van Hoërskool Eldoraigne. Rohan Kruger is ook beloon as die beste akteur in ’n hoofrol vir sy rol as die man in Die Koffer. Hoërskool Eldoraigne se Die Koffer is in die vierde plek aangewys en Hoërskool Brackenfell het in die vyfde plek geëindig met Sjuut!! Netnou hoor die gode jou!

Die doel van die Prys vir Beste Nuutgeskrewe Tienertoneelteks is die daarstelling van goeie opvoerbare nuwe eenbedrywe vir skole. Al die nuutgeskrewe tekste wat ingeskryf word vir ATKV-Tienertoneel, kom ook in aanmerking vir die Prys vir Beste Nuutgeskrewe Tienertoneelteks van die volgende jaar.

Vyf-en-vyftig nuutgeskrewe tekste van 2011 is deur die loop van 2012 deur dr Peet Jansen van Rensburg, Wim Vorster en Adri Breed beoordeel. Die tekste word beoordeel op grond van tema, verhaallyn of intrige, karakterisering en toneelmatigheid.

Die wenner van die Prys vir Beste Nuutgeskrewe Tienertoneelteks 2012 was Pierre-André Viviers met Hartskelder.

Die beoordelaars tydens die finaal was Ilne Fourie, Ira Blanckenberg, Johny Klein, Pierre Nelson, dr Pierre-André Viviers, Retha Pool en Tina Kruger.

Algehele wenners: Hoër Meisieskool Bloemhof

Kyk nog foto’s van die ATKV-Tienertoneel by Clover Aardklop 2012.
2013-06-19T12:16:17+02:00