Biebouw-resensies | http://www.litnet.co.za/Article/raaiselroman-met-bek-en-binnegoedLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaThu, 20 Jun 2013 05:19:21 +0200LitNet - Biebouw-resensiesLitNet | RSS - Biebouw-resensiesJonathan Amidhttp://www.litnet.co.za/824/Jonathan Amidhttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/neusres-fokus.jpgBiebouw-resensies | http://www.litnet.co.za/Article/raaiselroman-met-bek-en-binnegoedfIDSome textcathttp://www.litnet.co.za/Article/raaiselroman-met-bek-en-binnegoedʼn Raaiselroman met bek en binnegoed
Titel: Die Neus
Skrywer: Deborah Steinmair
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN:  9780798152969

Klik hier om Die Neus te koop by Kalahari.com.

In 2012 is die misdaadroman of speurverhaal ongetwyfeld een van die mees populêre skryfvorme in Suid-Afrika, in beide Engels en Afrikaans. Terwyl skrywers soos Margie Orford, Jassy Mackenzie, Mike Nicol, Roger Smith, Chris Marnewick en andere groot naam gemaak het die afgelope paar jaar met hul eiesoortige weergawes van genre-fiksie in Engels, het die mark vir sogenaamde “krimi’s” in Afrikaans eenvoudig die hoogtes ingeskiet. Met die immer gewilde Deon Meyer aan die spits, en skrywers soos Francois Bloemhof, Karin Brynard, Chris Karsten en Isa Konrad ook voor in die koor, het die tyd aangebreek vir ander skrywers om ’n roman in dié genre aan te pak. Deborah Steinmair het nie op haar laat wag nie. Sy het vroeër vanjaar met haar heerlik aweregse en avontuurlustige Poppekas gewys dat die genre voortdurend produktief kan wees in sy bydrae tot gesprekke oor Suid-Afrikaanse letterkunde, en iets nuuts kan bied aan lesers wat uitgehonger is vir ’n vars aanslag tot bekende formules.

Met Die Neus skep Steinmair ’n wêreld van intrige, geheimenis en ontvlugting. Hierdie wêreld word gekanaliseer deur die vertelstem van die hoofkarakter, Agathe of Aga Gruber: menssku, onseker oor haar verlede en plek in die wêreld, maar geseënd met besonderse intuïsie, heldersiendheid en telepatie. Die buitestander Aga is iemand wat geheel en al verwyder voel van haar verlede, iemand wat foto’s met haar geestesoog neem, met basies geen geheue van gesigte nie. Sy vind ʼn tipe obsessie, maar ook terapie, in die reuk en pak van klippe, die uitsoek en identifiseer van allerlei patrone en die korrespondensie wat sy handhaaf met haar penvriend, die skrywer Xavier Vercuyl. Aga was vir my ʼn meer toeganklike, dinamiese en geloofwaardige hoofkarakter as Wiesa Rabie in Poppekas, en is eerder veel nader geskets aan Marika se Laaste Dans se Maud.

In Die Neus moet Aga agter die kap van die byl kom van die moord op haar ma, Rosalie Schwarzbraun, in 1966, en terselfdertyd ondersoek instel na die identiteit en lewensgang van haar pa, dr Boas Birkenbaum. Hierdie soektog word vergemaklik met die hulp van haar mechanic-buurman, Claude, die tipe gemoedelike, gemaklike charmer wat beslis aanklank by beide manlike en vroulike lesers sal vind. Sy kan ook staatmaak op die innemende en energieke eksrocksanger Jesse, ʼn vrou wat deur die loop van die roman ʼn toenemende rol speel in die karakter-ontwikkeling van die heldin.

Alhoewel die oplossing van ʼn moordraaisel in ʼn mate die aksie van die narratief bepaal, is Steinmair se roman allermins geskoei op die noue navolging van genre-konvensies, wat soms soos ʼn erg noupassende baadjie skrywers se meer riskante skuiwe en beweegruimte kan kortwiek. Die Neus vervul eerstens die beloftes van die tipe genre-kontrak wat gesluit word met lesers van die misdaadroman: dit handhaaf ʼn meer as bevredigende spanningslyn; dit stel die leser bekend aan ʼn gevarieerde, interessante groep hoof- en subkarakters wat voortdurend die intrige lewend hou, asook die leser se aandag boei; die gebeure word op ʼn skeppende en meesleurende wyse uitgebeeld sonder dat daar ’n oormaat toeval of ongeloofwaardighede by die agterdeur inslyp; en ’n dodelike dosis galgehumor (soos in die beste misdaadromans) verskyn om elke hoek en draai.

Steinmair se flair vir taal, en veral haar karakterbeskrywings, soos dié van Aga, Jesse en Claude, is besielend, om die minste te sê, en die stemming van die roman is nie plek-plek hakerig of onseker soos met Poppekas nie. Dáár was die probleem dalk eenvoudig net dat die hoofkarakters ʼn mens op ʼn afstand gehou het; hier is dit nie die geval nie.

Daar is hope aksie in veral die tweede helfte van die roman, maar wel opmerklik minder geweld en ook sekstonele as wat ’n mens in Poppekas gekry het. Dit sal die deursnee-leser ook opval met hoeveel deernis en insig Steinmair hier skryf oor moeilike kwessies soos geheuenis, die verband tussen en vervlegtheid van die verlede en die hede, vergifnis, familie, verlies en vroulikheid. Dit sit beslis nie in almal se broek om so ’n reeks temas se raakpunte bymekaar te bring nie, en die roman se veelvlakkigheid verdien ’n pluimpie. Metafiksionele onderstrominge is oral, en daar is verwysings na genre-verwagtinge, en na ander skrywers soos Dumas, Lewis Carroll, Tolkien, Proust, Brecht, selfs ʼn pou met die naam Flaubert. Wat ʼn intertekstuele fees!
Die Neus behoort by ʼn wye mark aanklank te vind weens die aanslag, wat deurgaans pittig, prettig en poëties is. Dis ʼn sensuele roman in elke sin van die woord: dit stimuleer, dit bied ʼn verskeidenheid van ligte en donker oomblikke, dit lei die leser aan die neus na ʼn plek waar geeneen uiteindelik onaangeraak sal bly nie.2013-06-20T05:19:21+02:00