Biebouw-resensies | http://www.litnet.co.za/Article/petra-muller-se-impressionistiese-bundelLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaWed, 22 May 2013 21:53:42 +0200LitNet - Biebouw-resensiesLitNet | RSS - Biebouw-resensiesMarius Croushttp://www.litnet.co.za/177/Marius Croushttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/gedagtegeelfocusweb.jpgBiebouw-resensies | http://www.litnet.co.za/Article/petra-muller-se-impressionistiese-bundelfIDSome textcathttp://www.litnet.co.za/Article/petra-muller-se-impressionistiese-bundelPetra Müller se impressionistiese bundel
Titel: Om die gedagte van geel
Skrywer: Petra Müller
Uitgewer: Tafelberg Uitgewers
ISBN: 9780624054467

Klik hier om Om die gedagte van geel te koop by Kalahari.com.

I

Geel is die kleur wat geassosieer word met die son, met energie en vitaliteit. Vir Cirlot is dit die kleur van assimilering, aktiwiteit en intensiteit en word geskakel met Apollo, die son-god. Dit is ook die rede hoekom geel met koninklikheid geassosieer word. Maar ’n groenerige geel word ook aan doodsheid gekoppel. Ook Van Gogh en Vermeer was lief vir die gebruik van geel. In “Somer in die vreemde” (90) word trouens verwys na ’n poskaart met ’n skildery deur Vincent van Gogh daarop wat Müller aanpas deur die graanland in sonneblomme te verander “met ’n diepgeel kokipen”.

Dit is met hierdie inligting ter hand dat die leser Petra Müller se jongste bundel, Om die gedagte van geel, opneem. Die voorbladontwerp, met ’n skildery deur Neil Alexander van geel telefoonpale teen ’n blou lug, ontwikkel die titel verder en moet saambeskou word met die eerste afdeling van dié bundel, naamlik “Telefoonpale”. In die gedig “sewe kinders” (9) beskryf die digter hoe hulle as kinders oor “daardie geel vlak” (in Alexander se skildery treffend uitgebeeld) gehardloop het en teen die telefoonpale gaan luister het na “die yl geskinder in ’n ander taal”.

Hierdie “yl geskinder in ’n ander taal” is ’n kode tot die werk van Petra Müller, want sy is ’n fyn luisteraar, ’n fyner waarnemer, en wanneer ek haar gedigte lees, dink ek aan Blake se wêreld in ’n klein korreltjie sand. Daar is min digters wat haar natuurgevoeligheid kan na-dig. Wat met ’n eenvoudige register “’n sirkelende tinteling aan’t gang [kan] hou”.

Lees ’n mens Müller se jongste bundel is daar heelwat intratekstuele heenwysinge na haar ander bundels. Daar is die bewondering vir die natuur, die elegiese afskeidneem van die verdrinkte broer, die gestorwe vriendin en eggenoot. Daar is die gesprekke met filosowe, skilders, digters, kenners; die heilige nuuskierigheid oor die Russiese letterkunde, die kulture van ander en die aan die woord stel van ander wat met ’n ewe stip blik kyk na die see of die Griekse landskap. Dit verklaar ook hoekom die bundel aan “my mense, met liefde” opgedra word, want daar is ’n skatpligtigheid teenoor medereisigers en -waarnemers. In aansluiting by die reismotief in haar werk haal sy in die gedig “poskaart vir harald” (100) vir Harald aan wat haar daarvan beskuldig dat sy soos ’n eietydse Odusseus “altyd elders” is.

As leser is ek dankbaar vir Müller se Odusseus-togte, want sodoende ontvlug sy uit ’n land wat soos volg beskryf word:

In hierdie land verbrand ’n man
sy eie onskuldige hand. ’n Ma spring met

Haar tweeling aan haar hande in die kimberleyse gat.
Sy het nuwe skoene gekoop vir die geleentheid.

’n Vekragte meisie word in stukke opgekerf
en verdeel. Presidente word dik. Hulle koppe glim. Hulle
[oë peul uit

van die las wat gedra móėt word deur presidente, groot en
[klein.
Honde word wild en maak trop. Wat is daar nog

wat gevreet kan word? Afgronde lonk. Die klip
val in die leegte weg, so ’n lang suis
word selde gehoor. Die hart hou asem op

en gee hom aan die lewe oor.

Juis hierdie lewe word gevier in hierdie sonryke bundel. Na ’n terugkeer van ’n reis af skryf sy vir haarself ’n gedig waarin sy ongesiens teruggeglip het in haar huis, maar in haar gedagtes “moontlik nog op reis [is] oor ysgebiede”.

II

In haar bundel My plek se naam is Waterval (1987) het Müller haar plasie op die Piketberge beskryf en die afgryse oor die vernietigende veldbrand. In haar jongste bundel is daar ook ’n “Gedig vir die klein plasie” (87) en is die digter verwonderd oor die uitwerking van die reën op die grond en die plantegroei. Interessant is ook die gebruik van die woord “jort”, wat volgens haar ’n huldeblyk is aan Sheila Cussons. Die gedig “Die jort sedertdien” uit Cussons se bundel Verf en vlam (1978) lui so:

Toe jy my nog teen alle were wou beskut
het die bliksem jou getref klein troue hut
en ek wonder: hoe’s jy dan van binne nóú
so onverklaarbaar stralend wit?

Maar dis nie net die werf van die plasie wat beskryf word nie. Daar word ook terugverwys na die werf van die kinderjare, waar daar twee poue was (35) en waar die pouvere, in die woorde van Elsie, “vrek mooi” is en in ’n pot gesit word as “vere van ’n liefde” – gedagtig aan die bygeloof dat pouvere ongelukkig is in ’n huis.

Dit is ook op hierdie werf uit die kinderjare dat die meisie groot word, begin menstrueer en weggehou word van haar broers en speletjies met hulle. Waar die meisie haar nou in ’n “bloedstondige wêreld” bevind.

III

Twee bundels uit Petra Müller se oeuvre wat elegies treur oor die verlies van ’n geliefde of ’n vriendin is Swerfgesange vir Susan en ander (1998) en Die aandag van jou oë waarvoor sy in 2005 met die Hertzogprys bekroon is. Die vierde afdeling van hierdie bundel, “Lief”, sit die gesprek met die geliefde uit laasgenoemde bundel voort. In “Ek vat die liefde met al twee hande aan” (81) verwys sy na hulle lewens wat “lank saamgeloop [het]/ en toe skielik opgeskort [is]”. Ook die verlange en die soeke na die afwesige geliefde duur voort, maar dit gaan gepaard met ontnugtering.

Maar hierdie geel bundel van Müller staan in die teken van die lewe en die vreugde van leef, en wanneer die spreker “dik snye/ vars brood en dik swart/ olywe” eet, vra sy die dood hoekom hy so haastig is. Selfs al beleef sy soms oomblikke waarin sy voel dat sy nou maar kan sterf, is daar ’n durende viering van menswees in hierdie bundel.

IV

Om die gedagte van geel lees soos ’n impressionistiese skildery. Dit is die werk van ’n beleë digterskap en sal net soos sy voorgangers sedert Liedere van land en see vir lesers visueel en intellektueel stimuleer. Anders as wat Cirlot beweer, word die geel in hierdie bundel eerder ’n Dionisiese vergryp aan om te leef.
2013-05-22T21:53:42+02:00