Biebouw-resensies | http://www.litnet.co.za/Article/ophef-van-grense-tussen-werklikheid-en-fiksie-in-die-kamer-langsaanLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaWed, 22 May 2013 00:01:14 +0200LitNet - Biebouw-resensiesLitNet | RSS - Biebouw-resensiesMadri Victorhttp://www.litnet.co.za/2/Madri Victorhttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/kamerlangsaan-fokus.jpgBiebouw-resensies | http://www.litnet.co.za/Article/ophef-van-grense-tussen-werklikheid-en-fiksie-in-die-kamer-langsaanfID89819Some textcat89819http://www.litnet.co.za/Article/ophef-van-grense-tussen-werklikheid-en-fiksie-in-die-kamer-langsaanOphef van grense tussen werklikheid en fiksie in Die kamer langsaan
Titel: Die kamer langsaan
Skrywer: Annemari Coetser
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799355147

Klik hier om Die kamer langsaan te koop by Kalahari.com.

“Dis minder ingrypend en permanent om te skryf as wat dit is om moord te pleeg. Op die lange duur is dit goedkoper ook.”

Die openingsin van Die kamer langsaan is, om die minste te sê, dramaties. Dit plaas onmiddellik die aandag op die eerstepersoonverteller, Donné. Want hierdie sin is immers ook die openingsin van haar eie poging tot ’n roman. En sy is ’n meisie vir wie verwerping “’n nuwe ervaring is”, ’n meisie wat van mans hou en nie ’n “muurblom” is nie. Sy is ’n “square peg in ’n round hole tussen die VLV-vroue” (6).

Na ’n uitval met haar man, Chris, pak Donné haar tasse en vat die pad Pretoria toe. Hier neem sy haar intrek in ’n meenthuis, met ’n Victoriaanse sitkamer en geslote hoofslaapkamer, met die vaste voorneme om te skryf. “Byna elkeen van die honderde boeke wat ek al gelees het,” verklaar sy, “het my geïnspireer om dit ook eendag te waag om te skryf” (5). Noudat sy haar man verlaat het, is dit volgens haar die aangewese tyd om ’n roman te begin. Maar waar begin sy? “Is alle debuutromans nie maar tot ’n mate outobiografies nie?” (6).

Donné wil nie skryf om haar verbrokkelende huwelik te ontleed of te verwerk nie; dit is nie in haar aard om “te karring oor my probleme nie, al is hierdie geskrif net vir my oë bedoel” (6). Daarom besluit sy dat die geslote hoofslaapkamer van Theresa, die eienaar van die huis, die perfekte inslag vir ’n roman is. Van Theresa weet Donné slegs dat sy op sestigjarige ouderdom steeds na haar tagtigjarige ma omsien – en boonop saam met dié na ’n ouetehuis verhuis het. Theresa werk by die oogpraktyk van ’n verlangse kennis van Donné en is dus nog geensins ouetehuismateriaal nie. Hierdie brokkies inligting, tesame met die geslote, wit hoofslaapkamer (dié het Donné deur die sleutelgat beloer), maak van Theresa ’n geheimsinnige, fassinerende karakter. Donné kan nie anders as om te wonder wat die beweegredes is vir Theresa se optrede nie. Haar wit kamer langsaan staan in skrille kontras met die res van die Victoriaans-versierde huis.

Aanvanklik skryf Donné wel so ietsie van haar verhouding met haar man, maar dit het slegs ten doel om haar besig te hou, ’n vingeroefening as ‘t ware, soos Julia Cameron (die skrywer van verskeie boeke oor kreatiwiteit) se voorgestelde oggendpapiere. “Wanneer ek genoeg sappige brokkies uitgesnuffel het, kan ek my storie los en haar (Theresa) die hoofkarakter van my boek maak,” verklaar Donné (8).

Wat dan presies gebeur – sonder dat sy veel sappige brokkies uitsnuffel – dié maak sy sommer self op.

Huiwerig begin Donné Theresa as karakter in haar eie verhaal gebruik, eers deur bloot ’n foto van dié vrou en haar ma te beskryf. Met tyd leer ken die leser Theresa as ’n vrou wat lamgelê word deur vele vrese, teruggetrokke en op haar plek is. Sy versorg haar moeder, ’n besonder moeilike, veeleisende vrou wat behep is met haar diensbaarheid en stand binne die VLV, met geduld, onderdanigheid en liefde. Maar die krake in hierdie ma-dogter-verhouding is duidelik daar. Hulle geskiedenis is besaai met manipulasie, leuens en geheime. Theresa se lewe staan, soos ’n sielkundige haar tereg daarop wys, “in die teken van verlies” (198).

’n Verhaal wat oor die skryfkuns gaan, ’n indruk wat in die eerste paar hoofstukke geskep word, is dikwels ’n waagstuk; nie alle lesers wil weet hoe ’n boek geskryf word of wat die skryfproses behels nie. Donné is boonop ’n onervare skrywer. Haar besinnings oor die skryfproses en literêre wêreld (“Wat bepaal nou eintlik of ’n boek groot letterkunde is of nie? Help! Ek het geen letterkundige opleiding nie” (10)), beheptheid met oggendpapiere en die “smilies” wat gedurig opduik in haar skryfsels, het ek aanvanklik erg irriterend gevind. Maar hierdie besinnings en selfbewustheid van die verteller verdwyn soos Donné se verhaal vorder en sy as skrywer na die agtergrond tree. In die proses ontsluit sy nie net die lewe van die karakters in haar roman nie, maar ook haar eie. Donné hou van drama (soos die leser reeds uit die openingsin aflei) en skep dikwels haar eie, waarskynlik omdat sy hoogs intelligent en kreatief is, maar vasgevang sit op ’n Karooplaas, in ’n huwelik wat haar versmoor. Chris is ’n versorger en beskermer, die een wat Donné gereeld teen haar impulsiewe geaardheid en haar goedgelowigheid waarsku. “As hy sy sin kan kry, sal hy my in ’n skoenboks aanhou, soos ’n sywurm. My elke dag moerbeiblare voer, op sy vingers laat loop en my ruggie vryf. Dit dryf my tot waansin” (6). Die leser vind langsaam uit dat Chris se “versmoring” egter nie die enigste probleem in dié huwelik is nie.

Met ’n eerstepersoonverteller neem dit dikwels veel langer om uit te pluis wat presies gebeur het, omdat die leser geen manier het om gebeure objektief te beskou nie; Donné wys die leser gebeure selektief soos dit haar pas en soos sy self daardeur werk. En aangesien ek nie aan die melodramatiese Donné as karakter kon vat kry nie, het ek die vertellerstem aanvanklik hinderlik gevind. Donné verlaat vir Chris in woede, maar haar aandeel in die verbrokkeling van hulle huwelik is groter, die krake in hulle verhouding het lankal geloop. Dit is eers wanneer sy haarself blootstel aan die leser, haar eie weerloosheid en foute uitwys, dat ek met haar as karakter kon identifiseer. Sy het ’n verhouding met die nuwe ontwikkelaar op die dorp, Ethan, aangeknoop. Ethan het haar oorrompel, laat swymel en ’n wêreld weg van haar man gebied. Hy het haar lyf van nuuts af ontdek, haar verlei met sy jeugdigheid en voortvarendheid, sy passie en drif. Met Ethan is seks “ligvoet en vermetel”, terwyl Chris haar slegs met sy “stilswyende tong penetreer”. “Om só te speel is om alles op die spel te plaas,” (63) weet Donné. Dit is uiteindelik ’n spel waarin sy meer verloor as wat sy besef het vir haar belangrik was.

Die verhaal van Theresa en haar ma word aanvanklik hakerig en onseker, maar later met meer selfvertroue en vernuf vir die leser vertel. Weldra verkry die verhaal sy eie ritme en word die leser al dieper ingetrek by die uitspeel van die verhouding tussen Theresa en haar moeder. Die fiktiewe verhaal van Theresa vermeng geleidelik met Donné se realiteit, en daarin lê die verleiding – en ook die verlossing – van hierdie roman. “Met die voordeel van kennis wat ek agterna bekom,” dink Donné, “kan ek in die manuskrip voorgee dat ek meer weet as wat ek regtig weet. Ek kan as ‘t ware in die toekoms die verlede manipuleer” (180).

En Donné manipuleer inderdaad die verlede, maar sy skep uit die fiktiewe ’n verhaal wat op byna magiese vlak ’n spieëlbeeld van die hede is, ’n skrikwekkende realiteit word. Die grense tussen werklikheid en fiksie word langsamerhand heeltemal opgehef. Meer uiteenlopend kon Donné en Theresa nie wees nie, en tog staan die ooreenkomste tussen dié twee vrouens se verhoudings skerp uit: “Versmorende liefde en verwyt. Wat ’n las om elke dag te moet dra” (86). Die wit kamer langsaan word vir Donné ’n simbool van die geheime van ’n lewe, dit wat geslote bly, verberg bly, weggesteek bly. Vir Theresa is dit simbolies van ontvlugting. Beide vroue stap ’n moeilike pad van ontnugtering en aanvaarding in dié roman oor individuasie en verbrokkelende, versmorende verhoudings wat soms opgebou kan word en soms tot oneindige hartseer lei.
Die kamer langsaan skud weldra van sy hinderlikhede af, danksy die fokus wat verskuif van ’n doelbewuste nadenke oor die skryfproses na ’n onbewustelike spel wat die skrywer met realiteit en fiksie speel. En daarin lê die roman se redding: die leser vergeet van die verteller se skryfpogings, die skryfproses en selfs die spel met die fiktiewe en kan hom/haar oorgee aan die verleiding van die verhaal self.2013-05-22T00:01:14+02:00