Naklanke | Musiek-rubriekhttp://www.litnet.co.za/Article/ons-se-baie-baie-dankieLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaSat, 25 May 2013 04:26:21 +0200LitNet - NaklankeLitNet | RSS - NaklankeChutney de Ridderhttp://www.litnet.co.za/2919/Chutney de RidderPieter.Redelinghuys@dieburger.comhttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/423_chutney280.jpgNaklanke | Musiek-rubriekhttp://www.litnet.co.za/Article/ons-se-baie-baie-dankiefID90072Some textcat90072http://www.litnet.co.za/Article/ons-se-baie-baie-dankieOns sê baie-baie-dankie!
In hierdie donker dae van stakings en Springbok-rugby is daar maar min om voor dankbaar te wees.

Ek is byvoorbeeld dankbaar vir die spesiale aanbod wat die drankwinkel waarby ek saans na werk verby móét ry, tans op Famous Grouse-whisky het.

Ek is dankbaar dat die deli binne loopafstand van my huis begin het om Namibiese sekeldoringhout te verkoop. Enigeen wat al in 'n siedende suidooster probeer braai het, sal jou vertel jy kort 'n tipe doringhout vir ordentlike kole onder uitdagende omstandighede.

Noudat ek daaraan dink, is daar eintlik heelwat dinge om voor dankbaar te wees.

Soos die familie en vrinne met wie jy daai whisky en kole wil deel.

Of die gratis goeters wat jy aldag sien, maar waarskynlik nie aldag waardeer nie: die reuk van die see, 'n son wat oor die bosveld sak, die onvoorwaardelike liefde van 'n troeteldier, 'n tune oor die radio wat jy donkiejare laas gehoor het en hoe dit skielik goeie herinneringe in jou harspan loswikkel. Ek kan honderd plus deuntjies lys wat in dié kategorie val en elkeen sal 'n storietjie hê.

Karavaanpark-vakansies in Mosselbaai as kind: “Mammy Blue” van Ricky Shayne:

Daai eerste, onhandige, onseker oomblik van tiener-intimiteit: Suzi Quatro se “She's in love with you”:

Naweekpas tydens verpligte militêre diens: “Road to Nowhere” van Talking Heads:

My eerste en laaste universiteitsjaar, onderskeidelik: “Swart September” van André Letoit en “Ware liefde” van Valiant Swart.

Die Stone Roses, Dinosaur Jr, Pavement, Pixies, Giant Sand en PJ Harvey ... Deur die jare het hierdie musikante – en vele ander – deuntjies geskep wat my steeds met ootmoedige dankbaarheid laat.

Sedertdien is ek groot dank verskuldig aan die internet in sy geheel, en spesifiek sy aangetroude neef, alom bekend as sosiale media.

Via afsetpunte soos Facebook, YouTube en SoundCloud het ek deuntjies ontdek van kunstenaars van wie ek nog nooit vantevore gehoor het nie en wat in alle waarskynlikheid nooit my ore sou bereik het as dit nie op dié platforms deur random mense voorgestel, aanbeveel of ingeskakel is nie.

Ek deel graag enkeles met julle:

Cat Power

Charlyn Marie Marshall – aan haar ouers bekend as Chan Marshall, maar op die verhoog Cat Power – is een van daardie sanger-liedjieskrywers wat jou nie laat los as jy haar musiek die eerste keer gehoor het nie.

Ofskoon haar debuut-album (Dear Sir) reeds in 1995 uitgereik is, het sy eers met haar derde probeerslag, die briljante Moonpix in 1998, aanhangers van lo-fi, indie- en folk rock se hartsnare begin tokkel. Kry gerus haar 2003-album, You Are Free,in die hande, ’n meesterstuk wat wyd en syd deur musiekskrywers geloof is. Haar jongste (en negende) album, Sun, is vanjaar uitgereik – Cat Power eksperimenteer op dié een met elektronika en klankvermenging, maar daardie intense lirieke is steeds so priemend soos altyd. Dit neem ’n rukkie om aan dié een gewoond te raak, maar dis ongetwyfeld ’n veel sterker album as 2008 se Jukebox. Die snit “Cherokee” is een van die bestes uit die 11 wat daarop voorkom:

Bruno Merz

Een van daai kunstenaars wat ek toevallig ontdek het terwyl ek aan’t luister was na iets anders op YouTube. Moet hom asseblief net nie met Bruno Mars verwar nie!

Merz – nóg ’n sanger-liedjieskrywer – het in 2009 ’n kort-CD getitel Departing from the Crowds uitgereik en werk tans aan sy vollengte-debuut (laat hy my per e-pos weet!). Die snit “For You Now” is op dié kortspeler en as dit ’n aanduiding is van die tipe folk wat ons van mnr Merz kan verwag, sien ek uit na die debuut voor die einde van die jaar:

AA Bondy

Ek is deur ’n vriend aan Auguste Arthur Bondy bekend gestel. En sedertdien volg ek die alternatiewe-folk-kunstenaar se loopbaan soos ’n skaduwee.

Bewys jouself ’n guns en gaan luister na sy solodebuut, “American Hearts”. Sy nuutste (derde) album, Believers, is vroeër vanjaar uitgereik. Ondanks baie positiewe resensies deur gerekende publikasies soos Spin en Pitchfork Media (aanlyn) bly AA Bondy steeds ’n relatief onbekende kunstenaar wat nie naastenby die blootstelling kry wat hom toekom nie.

Van Believers kom die snit “Drmz”:

Shiny & The Spoon

Die bluegrass/Americana-duo is al vergelyk met ’n hedendaagse weergawe van June Carter en Johnny Cash, of Gillian Welch en Dave Rawlings.

Amber Nash en Jordan Neff is Shiny & The Spoon (oftewel S&S) en hul debuut-album, Ferris Wheel, bevat 11 oorspronklike snitte en twee covers.

Dis juis met cover-liedjies wat die twee van Cincinnati, Ohio vir hulself ’n naam begin uitkerf het op YouTube – eers met ’n ukulele-weergawe van Aha se “Take On Me” en toe Johnny Cash se “Ring of Fire”, weer gestroop tot ’n akoestiese kitaar en ukulele en twee stemme in perfekte harmonie.

Ek het hul debuut-album van iTunes afgelaai, maar ’n verhoogoptrede en tuisgemaakte video’s is op YouTube beskikbaar. Die oorspronklikes is verruklik en van S&S wil ek nog baie meer hoor.

Hier is “Run”, een van hul eie snitte op Ferris Wheel:

2013-05-25T04:26:21+02:00