Skole | Schoolshttp://www.litnet.co.za/Article/oefentekkies-vir-jou-brein-elzette-steenkamp-gesels-met-lucia-brandLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaSun, 19 May 2013 08:04:11 +0200LitNet - SkoleLitNet | RSS - SkoleElzette Steenkamphttp://www.litnet.co.za/2322/Elzette Steenkampelzette@litnet.co.zahttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/luciafokus.jpgSkole | Schoolshttp://www.litnet.co.za/Article/oefentekkies-vir-jou-brein-elzette-steenkamp-gesels-met-lucia-brandfIDSome textcathttp://www.litnet.co.za/Article/oefentekkies-vir-jou-brein-elzette-steenkamp-gesels-met-lucia-brandStudieberading: Oefentekkies vir jou brein!

Lucia Brand bied studieberading aan wat leerders se unieke intelligensieprofiele in ag neem. Elzette Steenkamp het met haar gesels.

Jy bied studieberading aan volgens leerders se unieke intelligensieprofiele. Hoe werk dit?

Ek skop nou net af met ’n nuwe studiekursus vir ’n groepie van drie leerders (en hulp word ook aan studente gegee). In my blog skryf ek in my laaste inskrywing oor doelwitte as begeertes om leerders intern te motiveer. Vervolgens word elkeen se profiel opgestel, sodat hulle hul eie sterk punte kan raaksien en ontdek hoe om dit uit te brei.

Die langtermyn-missie vervaag dan in die agtergrond, want van nou af moet daar op pret gefokus word sodat die eindstreep bereik kan word. Dit is ’n genotvolle proses van spel en dit wat maklik kom!

Die intelligensieprofiel bestaan uit die visuele, musikale, taalkundige, liggaams-, logies-wiskundige, interpersoonlike (sosiale) en intrapersoonlike (selfstandige) intelligensies. Om dit te vereenvoudig word daar onderskei tussen die visuele, ouditiewe en kinestetiese modaliteite.

Hoe kan leerders se natuurlike sterk punte gebruik word om potensiaal in ander areas/vakgebiede te ontgin?

Die brein is geïntegreerd en dinamies en ontwikkel namate dit gestimuleer word. Die verbetering van die intellek geskied deur verstandelike uitdagings met dit wat makliker kom. Hoe meer inligting daar aan die brein verskaf word, en hoe meer take aangepak word deur hierdie modaliteite (met ’n ontspanne ingesteldheid), hoe meer gebruik die brein sy eie intelligensie om te groei. Uiteindelik word al die modaliteite geïntegreer.

Voorbeelde hiervan is iemand met visuele en taalkundige voorkeur wat die lees en hardop dramatisering van ’n aantal boeke geniet – dit verbeter ook haar ouditiewe modaliteit. Of iemand wat meer liggaamlik (“hands on”) leer, choreografeer drie danse en verbeter (ook) sy musikale, ouditiewe en wiskundige vermoë. Of gehoor-dominantes kan inligting omsit in ouditiewe vorm, byvoorbeeld deur ’n video-opname of liedjie te komponeer. Só oefen hulle hul taalkundige, visuele en kinestetiese intelligensies.

Lucia Brand

Die mite bestaan dat ons net 10% van ons breinkapasiteit gebruik, alhoewel navorsing toon dat die meeste dele van die brein wel 'n funksie het. Wat is “whole brain learning” en hoe kan dit leerders help om beter op skool te presteer?

Ek dink die syfers word genoem om leerders aan te spoor om harder te werk. Van meer belang is dat die brein ’n wonderwerk is (met ongeveer 100 miljard senuweeselle) – die werking van die brein is soortgelyk aan ’n ​​kombinasie van ’n rekenaar (met enorme kapasiteit, vergelykbaar met die grootte van Tafelberg!) en 'n chemiese fabriek. Dit is ’n geskenk waarmee hul in ’n eksamen toegelaat word!

Die regter- en linkerkante van die brein het elkeen sy eie manier van inligting verwerk: die linkerkant werk van die besonderhede na die geheel (byvoorbeeld logies-wiskundig; 2 x 2 = 4) en die regterkant van die geheel na die besonderhede (4 is 2 groepe van 2). Wanneer die twee helftes saamwerk, is daar dus sprake van werklike begrip.

Om ’n omgewing te skep waarin die twee breinhelftes ’n ewe groot inset kan lewer, kan ’n mens byvoorbeeld ’n breinkaart opstel. Hierin verbind idees op ’n logiese manier met mekaar. Verbindings en gevolgtrekkings kan ook tussen idees (op die takke van die kaart) gemaak word, terwyl daar ’n duidelike oorsig of geheelbeeld is.

Heelbrein-leer word ook moontlik gemaak deur die leerder se houding. Die korpus kallosum stel as ’t ware die twee helftes in staat om met mekaar “te praat”. Sy of haar eie ingesteldheid bepaal die helderheid van die kommunikasie tussen die hemisfere. Die leerder kies of daar oor inkomende inligting nagedink word of nie. (Die fokus op pret maak dít moontlik.)

Breinkaarte soos hierdie is baie mooi en eintlik kunswerke. Maar neem dit nie onnodig baie tyd in beslag nie en help dit regtig?

Ja, hierdie breinkaart lyk inderdaad soos ’n mooi tatoeëer-merk en sal te veel tyd in beslag neem. By breinkaarte vir studie gaan dit meer oor die assosiasie met die idee – die prent wat die leerder in sy of haar geestesoog sien, word rofweg geteken. Geheuetegnieke soos om dit humoristies, absurd of oordrewe te teken laat dit uitstaan in die brein. Dit is aangenaam om te “doodle” en dit is kalmerend. Dit roep ook fokus op, omdat die struktuur sin moet maak. Dit werk ook omdat ’n sekere plek op die papier en die beweging van die “tak” met daardie idee verbind word en in die kop vassteek.

Daar word ook ander geheuetegnieke op breinkaarte gebruik, soos om teksture, kleurkodes, simbole, grafiese organiseerders met die hand in te voeg. Om werk te organiseer word ongeveer drie kleure gebruik (faktore wat baie ingestel is op die oë).

Breinkaarte word ouditief gebruik deur hardop te redeneer en vrae te stel. En liggaamlik kan dit gebruik word soos ’n “landskap” waarop jy “afsak” (geprojekteer op die grond); daar word “ingetree” op die kaart, “gekyk” na subopskrifte vanaf daardie perspektief, en daarna “in die lug opgestyg”; en dan word “weer ingetree” by die hooftema om te herhaal.

Benewens hierdie breinvriendelike struktuur kan daar ook lineêr in drie kolomme (hoofidee, subidee en voorbeeld) gewerk en lyste van byvoorbeeld definisies gemaak word.

Jou sessies behels ook die aanleer van ontspanningstegnieke. Kan dit help met kinders wat ly aan aandagafleibaarheid en aandagtekort-hiperaktiwiteit-versteuring?

Ja, ons kan almal paadjies vind na ontspanning en op-gemak-wees – veral gegewe die feit dat daar baie eise gestel word en dat dit vir genoemde persone nog moeiliker blyk te wees. Op-gemak-wees beteken effektief wees. As die druk verlig word en die klem na plesier en ontspanning verskuif, in die inspanning, is daar ruimte vir verandering en die persoon kan sy of haar potensiaal verwesenlik.

Tegnieke soos om te fokus op die sensasie van asemhaling is ontspannend en bevorder heelbrein-funksionering. Dit laat bloedvloei toe en suurstof word beskikbaar gestel sodat al die dele van die brein, in plaas van slegs die agterste area, werk. Dit maak kreatiwiteit moontlik.

Ook die bewuswording en verandering van hul eie taal is hier belangrik; byvoorbeeld: "Ek stres baie keer" kan vervang word met "Ek voel onseker, maar ek leer my sterk punte gebruik om dié stuk werk te onthou”, of “Ek geniet dit om hierdie werk met ’n speletjie van my eie flitskaarte te leer.”

Verder word daar tegnieke soos bevraagtekening toegepas om leerders se eie realiteit en oortuigings te toets.

Daar word ook aan ouers algemene en spesifieke riglyne verskaf, byvoorbeeld dat positiewe boodskappe baie motiverend is en help om die druk te verlig.

Kontak Lucia by 021 880 0846 of 082 552 0303

E-pos: luciabrand@cybersmart.co.za.

2013-05-19T08:04:11+02:00