SêNet-briewe | Lettershttp://www.litnet.co.za/Article/myners-se-loneLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaWed, 22 May 2013 00:15:47 +0200LitNet - SêNet-brieweLitNet | RSS - SêNet-brieweVarkspekhttp://www.litnet.co.za/1790/Varkspekbrakentiens@vox.co.zahttp://www.litnet.co.za/SêNet-briewe | Lettershttp://www.litnet.co.za/Article/myners-se-lonefID89619Some textcat89619http://www.litnet.co.za/Article/myners-se-loneMyners se lone
Die lone wat aan myners betaal word, is myns insiens darem bitter min en onvoldoende. Wie van ons kan leef op R4 000 per maand? Die werk wat hulle doen is baie belangrik vir die land se ekonomie en alle Suid-Afrikaners baat daarby, deur die belasting wat aan die regering betaal word en ander ekonomiese voordele wat dit inhou, soos om die betalingsbalans te verbeter deur geld wat van oorsee inkom.

En die mynbase floreer! Hulle maak miljarde terwyl die werkers swoeg om te oorleef.

Ek sê nie die lone moet sommer nou al opskiet na R12 500 per maand nie, maar R8 000 lyk vir my darem meer aantreklik. Stel dan eerder minder mense aan deur tot ’n mate te meganiseer, maar nie tot so ’n mate dat dit grootskaalse werkloosheid tot gevolg het nie. Ek moet toegee dat dit die werkloosheidsyfer sal opjaag, maar dan sal ons waarskynlik minder stakings hê, wat geweldige skade aan die ekonomie aanrig.

Groete,

Varkspek
2013-05-22T00:15:47+02:00