SêNet-briewe | Lettershttp://www.litnet.co.za/Article/my-donker-jare-eensaam-en-alleenLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaSat, 25 May 2013 23:39:33 +0200LitNet - SêNet-brieweLitNet | RSS - SêNet-brieweLeonhttp://www.litnet.co.za/2823/Leonhttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/man_vroueklere.jpgSêNet-briewe | Lettershttp://www.litnet.co.za/Article/my-donker-jare-eensaam-en-alleenfID88474Some textcat88474http://www.litnet.co.za/Article/my-donker-jare-eensaam-en-alleenMy donker jare, eensaam en alleenDie inhoud in die volgende brief gaan dalk baie deurmekaar klink of dit kan dalk nie heeltemal sin maak nie ...

Ek is in die somer van ’69 gebore. Soos enige seun wil sy ouers net die beste hê vir hul kinders en ons het gelukkig grootgeword met susters en broers. Ek het ’n oudste suster, dan my broer (wat my baie leed veroorsaak het) – dan ek – my jongste broer – en my jongste suster.

My broer het nog altyd vir my gesê ek is ’n vrou. Hy het my na sy kamer geroep en dan gebeur vreeslike dinge.

Ek het begin om vroueklere te dra, so skelm-skelm het ek van my suster se ou-klere gekry, of my ma se klere. Ek het net daai drang/begeerte gehad om iets vrouliks te dra, eintlik meer iets soos beskerming, dit het my beskerm of laat ek so sê: die vrou daarbinne het my beskerm, my veilig laat voel.

Ek het dit basies gesteel uit hul kamer of soms uit die wasgoedmandjie dan het ek altyd na leë huise gegaan en dit aangetrek en dit het my oneindige bevrediging gegee net om daai gevoel te hê om die klere te dra.

My pa het my en my broer een aand gevang en na ’n helse pak slae was dinge oor, ek was verbied om na sy kamer te gaan en oor is dinge (maar met tyd het ek besef dit was die begin van my stille-stryd waarin ek alleen moes gesuffer het, waarin ek altyd ’n front cover gehad en niemand kon werklik sien daar deur nie).

Dit is waar my dinge toe basies begin ontkiem het.

Ek het steeds die vroueklere gedra en nog na leë huise gegaan maar toe begin ek al hoe meer eensamer word ek begin om stemme te hoor, mense praat met my aanhoudend dit voel of ek agtervolg word, ek het iemand nodig gehad wat my moes beskerm, daar was nog niks seksueel aan dit nie, dit het my net daai bevredigende gevoel gegee asof ek tevrede en gelukkig en veilig was om die klere te dra, ek het amper ’n gevoel gehad van ek is “untouchable” (on top of the world).

Toe word Michelle gebore, of sy kom tevore. Sy het my beskerm, sy het my altyd vasgehou, sy het my getroos. Ek was “untouchable” niemand kon my meer seer maak, my aanraak of enige ding aandoen as sy nie daar as nie. Soos die tyd aanstap kom ek in hoërskool en Michelle bly toe steeds deel van my. Toe in standerd 6 begin ek oefen om fiks te word vir staptoere saam met die Voortrekkers, daar by die stadion gebeur nog vreeslike dinge met 'n onbekende man.

Niemand het geweet of was bewus van dit nie. Die vreeslike dinge het aangehou - sewe jaar daarvan, ingesluit my weermagdae. Michelle nog meer & meer deel geword van my lewe en ek kon nie meer die regte damesklere kry by die huis nie, toe begin ek dit steel want ek het ’n bevrediging om te bevredig, want Michelle wil soos ’n vrou lyk en voel.

Ek wil huil, ek was histeries ek het mal te kere gegaan binne my ek het woede en aggressie gehad, ek het baklei met my binneste dat hoekom dit weer moes aangaan ek het so my hoop opgesit net om weg te kom en ek dink toe nog ’n jaar in die kloue van die monster?

Ek weet nie wat het my weerhou om te praat nie, maar ek kon net nooit iets sê nie. Oral het ek misluk, ek kon nie ’n meisie kry nie, hul het eenvoudig net nie belangestel nie, dis asof iets hul verwilder van my. Oftemeer ek dink hul weet wat ek doen daarom distansieer hul hulself van my. Nie eers met seuns kon ek inpas nie, ek het self begin te rook op skool om net deel te wees van iets. Maar dit het ook nie gehelp nie.

En as ek alleen is met Michelle dan voel ek rustig, kalm, ontspanne, dan is Michelle in beheer, sy gesels met my, sy vat my na ons eie wêreld waar sy ’n prinsess is, ek sweef deur die lug vry soos ’n arend.

Ek bid my laaste jaar op skool om, toe is ek weermag toe, dit was in ’n mate okei maar ook nie, ek kon nie Michelle uitleef nie & hoe die monster geweet het ek kry pas sal seker net die duiwel weet, want dan is dit erger, dis asof hy beheer het oor my ...

(Word vervolg)

Leon

Brief versag, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder2013-05-25T23:39:33+02:00