Clover Aardklop | Nasionale Kunstefeeshttp://www.litnet.co.za/Article/kyknet-wat-is-alles-by-clover-aardklop-2012LitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaThu, 20 Jun 2013 01:47:26 +0200LitNet - Clover AardklopLitNet | RSS - Clover AardklopNico Nelhttp://www.litnet.co.za/3262/Nico Nelhttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/tjiff_fokus.jpgClover Aardklop | Nasionale Kunstefeeshttp://www.litnet.co.za/Article/kyknet-wat-is-alles-by-clover-aardklop-2012fIDSome textcathttp://www.litnet.co.za/Article/kyknet-wat-is-alles-by-clover-aardklop-2012kykNET wat is alles by Clover Aardklop 2012

Tjiff en Tjaff kom kuier weer vanjaar in lewende lywe by al die kinders wat saam met hul ouers Aardklop toe kom. Naomi Meyer vra Nico Nel, kykNET, MK & Koowee se Waarnemende Bemarkings- & Publisiteitsbestuurder, waar kykNET nog betrokke is by vanjaar se Aardklop, sodat feesgangers hul bywoningsgeleenthede kan beplan.

Hallo Nico, ek hoor kykNET bring Tjiff en Tjaff vanjaar Aardklop toe – is dit ’n jaarlikse gebruik? Waar kan die kinders vir Tjiff en Tjaff kom kyk en wanneer?

Tjiff en Tjaff was verlede jaar ook by Aardklop. Hulle kan vanjaar van Dinsdag die 2de tot Saterdag die 6de Oktober by die NG Kerk Koowee-tuin asook tydens middagete op die ATKV-verhoog te siene wees.

By watter ander produksies op Aardklop is kykNET ook betrokke? Het julle ’n vlagskipproduksie waarna feesgangers kan uitsien?

kykNET neem vanjaar weer die Gimmies-hoërskoolsaal tydens die fees onder hande en bied wonderlike teatervertonings regdeur die week. Ook die Konserwatorium bied ’n besondere klassiekemusiekprogram tydens die week aan. Die hoogtepunt van die fees is Saterdagaand se Aardpel-vertoning, met trots geborg deur kykNET Musiek (kykNET loods ’n splinternuwe Afrikaanse musiekkanaal wat van 1 November 2012 op die DStv-pakket beskikbaar sal wees: kykNET Musiekkanaal 146). Dit sal by die stadiongronde plaasvind, waar die grootste name in die Afrikaanse musiekindustrie te siene sal wees.

Waarom kom kykNET Aardklop toe? Wat spesifiek is vir julle lekker van hierdie fees?

kykNET-mense is kuier- en gesels-mense, so dit is altyd vir ons ’n voorreg om by Aardklop betrokke te wees en direk van aangesig tot aangesig met ons kykers te kan gesels en te hoor wat klop in Afrikaans.
2013-06-20T01:47:26+02:00