Taal | Languagehttp://www.litnet.co.za/Article/kaaps-in-fokus-verslag-oor-die-simposium-aan-uwkLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaSun, 19 May 2013 05:28:17 +0200LitNet - TaalLitNet | RSS - TaalGunther Pakendorf http://www.litnet.co.za/1615/Gunther Pakendorf http://www.litnet.co.za/assets/content/large/kaapsfokus.jpgTaal | Languagehttp://www.litnet.co.za/Article/kaaps-in-fokus-verslag-oor-die-simposium-aan-uwkfIDSome textcathttp://www.litnet.co.za/Article/kaaps-in-fokus-verslag-oor-die-simposium-aan-uwkKaaps in fokus! Verslag oor die simposium aan UWK, 19–20 Julie 2012

Dit is gepas dat die tweedaagse simposium oor Kaapse Afrikaans, of Kaaps, soos dit vry algemeen bekend is, aan die Universiteit van Wes-Kaapland gehou is, in die hartjie van die woongebied van die meeste van hierdie taalvariëteit se sprekers.

Tog kom ’n mens nie weg van die tweevoudige ironie wat so tekenend is van die kultuurpolitieke situasie in ons ongemaklike tye nie: Aan die een kant is die UWK, wat pas sy 50ste bestaansjaar vier, gestig as deel van die groot apartheidswaan wat aan “Kleurlinge” ’n eie universiteit wou gun – met hulle “eie” taal, Afrikaans (in sy standaardvorm), as medium. Aan die ander kant is die universiteit deesdae grotendeels Engels: dis die taal van amptelike kommunikasie, klasse, werkstukke en publikasies. Afrikaans is prakties afwesig, Kaaps is letterlik ongehoord – behalwe (’n verdere ironie) uit die monde van ’n groot aantal van sy studente.

Dít was juis een van die konferensie se doelstellings: om die kollig op hierdie vorm van Afrikaans te laat val – die eerste keer dat dit gebeur, volgens Charlyn Dyers van UWK se taalkunde-departement. Daar blyk ’n algemene gevoel te wees dat daar nou oorgegaan behoort te word na ’n meer (pro-) aktiewe fase met betrekking tot die taalkwessie, veral wat die plek van Kaaps betref, nadat verspreide akademiese publikasies reeds enkele aspekte van dié problematiek aangespreek het. Ook LitNet Akademies gee al ’n geruime tyd aandag aan hierdie en verwante temas.1

Die UWK vier hierdie jaar sy 50ste bestaansjaar.

Soos by hierdie soort byeenkoms te wagte sou wees, was daar ’n – heel gesonde – mengsel van ’n warm gemeenskapsgevoel en die droër benadering van die akademici. Maar daar was ’n algemene ondertoon wat al die verrigtinge en uitsprake gekenmerk het, en dit was, soos Hein Willemse van UP dit gestel het, die behoefte aan waardigheid van hierdie taalvariëteit.

Reeds in sy openingsrede het die rektor, Brian O’Connell, die tema van die moeilike vraag van taalbewussyn en persoonlike en kulturele identiteit aangesny. Hy het die situasie op die Kaapse Vlakte vergelyk met dié van die Afro-Amerikaanse jeug, van wie tot 60% op ’n jong ouderdom al met die polisie gebots het. O’Connell het die sentiment van menige spreker en die talle deelnemers vooruitgeloop met sy stelling dat die vernedering van die Kaapse taal, en sy sprekers, soveel jare ná die oorgang na ’n demokratiese Suid-Afrika, steeds voortduur. Die selfbeeld van die bruin mense is volgens hom hier op die spel.

In dieselfde trant het Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, sterk klem gelê op wat hy noem “kulturele warmte”, dit is, die regte ingesteldheid met betrekking tot taal en sy gebruikers om diversiteit in ’n plurale gemeenskap te bevorder.

Na die formaliteite was dit die hoofsprekers se beurt om uit verskillende hoeke aspekte van Kaaps Die taalkundige swaargewigte was dit oor verskeie basiese punte eens, veral dat Kaaps nie ’n afsonderlike taal is nie, maar ’n variëteit van die standaardvorm. “Kaaps hoort by en binne Afrikaans,” aldus Frank Hendricks van die UWK. En al wys hy en talle ander sprekers op die streeksgebondenheid van Kaaps, sy grootlikse beperking tot die werkersklas en, in terme van sy dominante sprekers, ook tot die bruin mense van die Kaapse metropool, was daar ’n sterk indruk dat hierdie taalvorm deur alle deelnemers aan die simposium by wyse van spreke as die vlagskip van Afrikaans en sy verskillende dialekte en streeksvariasies beskou word. Hendricks wys op die ontstaan van Kaaps as ’n produk van verskeie historiese gegewens, waarvan die invloed eers van die VOC en later die Britse bewind die mees opvallende is. Die Kaap was vroeg al ’n smeltkroes waar ’n “superdiversiteit” as gevolg van ’n konstante migrasie tussen verskillende wêrelddele en kulture ’n vroeë vorm van globalisering in ’t kleine teweeg gebring het. ’n Kenmerk van Kaaps is sy dinamiese aard om woorde en vorme uit enige bron op te neem en te gebruik. Hier is eers die Islam en later Engels van groot betekenis. Ook Hendricks se pleidooi vir verdere navorsing oor taalvariëteite en sy beroep op die onderwys om tot die destigmatisering van hierdie vorme by te dra, is deur baie ander sprekers herhaal. Hy voel veral sterk oor die gelyke behandeling van al Afrikaans se variëteite.

Dit is jammer dat Hendricks se stelling dat ’n toekomstige herstandaardisering van Afrikaans haas onvermydelik is, nie behoorlik aandag ontvang het in verdere besprekings nie.

Ook vir Ernst Kotzé, afgetrede taalwetenskaplike van NMMU, is die “historiese dinamika” van Kaaps na die kontaksituasie van die vroeë nedersetting aan die Kaap herleibaar. Die groot aantal slawe – altesaam 63 000 tussen 1652 en 1808 – uit Suidoos-Asië, Madagaskar en ander Afrikalande het die vormingsproses van vroeë Afrikaans as ’n proses van kreolisering in die hand gewerk. Die belangrikheid van die intervensie van Moslem-geleerdes in Kaapse aangeleenthede in die vroeë 19de eeu het baie verder gestrek as ’n verryking van die leksikon: dit was bowenal fundamenteel vir die invloed van skriftelike en etiese norme, byvoorbeeld by die gebruik van die Arabiese skrif vir godsdsdienstige gebruik, wat sonder twyfel ’n sekere gevoel van bestendigheid aan die taal en sy sprekers verleen het. Volgens Kotzé is die “bewese lewenskragtigheid” van Kaaps veral te danke aan sy kenmerkende vermoë om beide histories behoudend, deur die voortbestaan van ouer Nederlandse vorme, én dinamies progressief te wees met sy konstante verwerwing en uitbreiding van nuwe vorme.

In die bespreking agterna het Kotzé op die waarde van ’n vergelyking van die ontstaan van Afrikaans met Brasiliaanse Portugees gewys.

Hein Willemse, hoof van Afrikaans en Nederlands aan UP, het hom sterk oor die behoefte aan waardigheid van Kaaps en sy sprekers uitgespreek. Terwyl Standaardafrikaans oor die afgelope eeu indrukwekkende prestasies by die totstandbring van instellings en infrastruktuur vir die uitbreiding en handhawing van die taal behaal het, is dit betreurenswaardig dat dit ten koste van die uitsluiting en stigmatisering van alle ander variëteite geskied het. Hy beklemtoon ook die rol van die onderwys as ’n belangrike ruimte vir bemagtiging deur ’n herstel van trots in die eie taal, want kinders van die Kaapse Vlakte voel te dikwels ongemaklik met die standaardvorm in die onderrigsituasie. Wat hier nodig is, is volgens Willemse ’n “bidialektiese” benadering. Hierdie punt is by herhaling deur ander deelnemers aan die simposium beaam. Met betrekking tot die literêre neerslag van taalvariëteite het Willemse dit betreur dat daar tot dusver geen diepgaande studie oor Kaaps in die letterkunde gelewer is nie. Ook noem hy dat gedigte in Kaaps sedert Adam Small opmerklik verskraal het in die sin dat hulle “beperk en formuleagtig” is en sodoende stereotipes eerder bevestig as om dit te bevraagteken, veral deur die klem op afwykende gedrag en taal te laat val.

Die taalhistorikus Christo van Rensburg het oor ’n fassinerende “ontdekking” met betrekking tot Afrikaans se “DNS” verslag gelewer, naamlik dat sekere afwykings van Nederlands wat tipies van Afrikaans is – hy noem môre, reën en waens – reeds vóór die vestiging van die VOC aan die Kaap opgeteken is. Die eerste taalkontaksituasie tussen Nederlands en Khoi gebeur naamlik in die 1590’s, en woordelyste van besoekende seelui waarin hierdie woorde voorkom, teken daarbenewens ook “tipies Kaapse” verskynsels soos wate’ (vir water) of va’giet (vergeet) op, benewens enkele gemengde Khoi-Hollandse woorde (bv kierie, of brokwa vir broodsoorte). Dit mag dalk nie die taalhistoriese ekwivalent van Homo Sediba wees nie, maar dit werp nietemin opwindende nuwe lig op die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans – of is dit dan eintlik: van Kaaps? Van Rensburg het voorts die sentrale taalhistoriese vraag: “Hoe? Hoe het taalveranderings en verskuiwings plaasgevind?” aan die hand van die “migrasie” van die woordjie ek veraanskoulik. Tot 1920 het die vorm ik ben (asook ik heb) met die weergawe ek is (plus ek heef), wat veral onder (bruin) sprekers in die suidelike streke van die land gebruiklik was, meegeding. Hoe het dit gebeur, vra die taalhistorikus, dat hierdie afwykende Kaapse/Khoi-vorm ek die meer aanvaarde Nederlandse (of “Hooghollandse”) vorm ik in die noorde verdring het om vanaf 1920 die voorgeskrewe norm te word?

Charlyn Dyers van UWK het konsepomwentelinge in die taalwetenskap in ’n goed-beredeneerde en informatiewe bydrae toegelig. Dit kom in wese daarop neer dat skynbaar gevestigde grondbegrippe oor taal heroorweeg (moet) word vanweë die besef dat dit konstrukte is op grond van sosiopolitieke en nie taalkundige kriteria nie. Die agtergrond is die verskuiwing na globalisering en die gepaardgaande grootskaalse migrasie in die postkoloniale wêreld, waar kruisbestuiwing as gevolg van ’n ontmoeting van tale en kulture tot diversiteit, hibriditeit, veeltaligheid en ’n oplossing van eng begrepe nasionale identiteite lei. Konsepte wat nou onder die kritiese loep geneem of selfs verwerp word is onder andere moedertaal, eerste en tweede taal, standaardtaal versus variëteite, twee- of meertaligheid vanuit ’n eentalige perspektief, taalverskuiwing, en selfs die uitsterf van tale. Hierteenoor is die huidige taalplan in Suid-Afrika verouderd, aangesien dit van eentalige modelle uitgaan en nie ruimte laat vir veeltaligheid nie. Volgens Dyers moet die taalbeleid drasties heroorweeg en aangepas word. Die nuwe insigte oor taal beteken voorts dat alle verwysings na Kaaps uitgedien is en nie verband hou met die “linguistiese werklikheid” nie.

Quentin Williams

Tydens die daaropvolgende paneelbespreking het feitlik alle sprekers die huidige toedrag van sake met betrekking tot die onderrig en openbare beeld van Niestandaardafrikaans betreur en was iets wat herhaaldelik beklemtoon is, die noodsaak om bemagtiging van die sprekers van Kaaps te bewerkstellig om sodoende hulle eie stem te vind as deel van wat Quentin Williams (UWK) “linguistic citizenship” noem. (Tog was die taal van die simposium, interessant genoeg, deurgaans Standaardafrikaans, met hier en daar ’n bietjie Engels; daar was nie een spreker wat sy of haar bydrae in Kaaps probeer voorlê het nie.) ’n Opmerking deur ’n onderwyseres het ’n fel lig op besprekings gewerp; volgens haar is daar in ’n sekere skool op die Kaapse Vlakte met ’n leerlingtal van meer as 1 000 net 35 kinders in die Afrikaans-huistaal-klas. Die mense sien neer op hulle eie taal, sê sy.

In die loop van die twee dae het die besef by ’n mens opgekom dat Kaaps in wese eintlik Moslem-Afrikaans is. Sy bakermat lê volgens Frank Hendricks in die Bo-Kaap en in Distrik Ses. Sosiologies gesproke is dit die omgangstaal van die gekleurde werkersklas van die Kaap in ’n stedelike ghetto.

Bemagtiging, maar nou op ekonomiese terrein, was ook die tema van Christo van der Rheede van die Afrikaanse Handelsinstituut se inset. Die ekonomiese potensiaal van die Kaapse taalgemeenskap (hy noem die bedrag van R60 miljard-koopkrag vir die bruin bevolkingsgroep) is ’n geruime tyd reeds deur die vermaaklikheidswêreld én die advertensiebedryf raakgesien. Bemagtiging en welvaartskepping, sê hy, is egter in die hande van die sprekers van Kaaps.

Die tweede dag van die simposium het hoofsaaklik na meer pragmatiese aspekte en probleme rondom Kaaps gekyk. Michael le Cordeur, wat, soos menige ander spreker, aan die UWK gestudeer het, maar nou by die US betrokke is, het oor een van die sentrale fokuspunte, die onderwys, gepraat. Sy uitgangspunt is dat bruin skole, en veral die sprekers van Kaaps, deur die onderwysstelsel afgeknou en in die steek gelaat is. Hy sluit aan by kritici soos Vilakazi en Soudien, wat die hoë druipsyfer in die skole op die Kaapse Vlakte aan hoofsaaklik twee faktore toeskryf: die Eurosentriese karakter van die leerplan, en die kloof tussen die gesproke taal van die leerlinge (dus Kaaps) en die medium van onderrig en eksamens (Standaardafrikaans). Boonop stel die kurrikulum, en spesifiek die voorgeskrewe boeke, ’n leefwêreld voor wat vreemd is vir die mense van die Vlakte. Volgens Le Cordeur moet nie net die medium van onderrig en die inhoud en doelstellings van die leerplan getransformeer word nie, maar ook moet die onderwysers aanpas by die nuwe vereistes, “om leerders voor te berei vir ’n vervulde lewe in ’n demokratiese land”. Verder is daar ’n behoefte aan voorgeskrewe boeke in Kaaps.

’n Vraag wat hier opduik (maar deur niemand gestel is nie), is of die Kaapssprekende skoliere wat Engels verkies omdat hulle probleme met Standaardafrikaans het, ook probleme met Standaardengels ondervind, en indien nie, waarom nie?

In ’n lewendige voordrag het Dmitri Jegels die simposium na die harde feite van die lewe en omstandighede op die Kaapse Vlakte verwys. Sy fokus was die problematiek van geletterdheid wat na vore gekom het in ’n mikrokosmiese studie van Manenberg, ’n voorstad van die Kaapse Vlakte met ’n bevolking van om en by 90 000, wat gebuk gaan onder die tipiese probleme van die stedelike onderklas, oorbevolking, grootskaalse werkloosheid, knellende armoede, bendes, dwelms, geweld en sosiale ontwrigting. Terwyl die onderwyssituasie ernstige gebreke en haas onoplosbare probleme in die gesig staar (hy noem byvoorbeeld dat slegs 21,2% van graad 3-leerders by 11 skole in die gebied bo 50% in geletterdheidstoetse behaal het), is daar iets wat Jegels “omgewingsgeletterdheid” noem – graffiti, T-hemde, rap-musiek, die boodskappe van die verskillende bendes. Geletterdheid is slegs omskryfbaar binne die sosio-ekonomiese konteks en lees is verstrengel met die milieu, in ’n gebied met baie gevare op straat, waar boeke ’n ondenkbare luukse is en met die enigste openbare biblioteek in die land wat koeëlvaste ruite in sy vensters het. Nogtans is taal as sodanig nie ’n probleem nie – die mense is trots op hulle taal en Afrikaans het ’n kragtige teenwoordigheid, sê hy. Kom dit egter by strewe na sosiale en ekonomiese mobiliteit, word Engels deurgaans verkies.

Dmitri Jegels

Ook Danie van Wyk van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans het verwys na die moontlikhede vir die bevordering van Kaaps en sy gemeenskap deur kultuurfeeste, streeksradio, die reklamebedryf en die gedrukte media. Hy vra of die tyd nie aangebreek het vir ’n “unifikasie” van Kaaps en Standaardafrikaans om ’n nuwe gedemokratiseerde taal te skep nie.

Anastasia de Vries van Rapport het die groot sukses van poniekoerante, veral in die Kaap, uitgelig in haar bydrae oor Kaaps in die koerantbedryf. Terwyl gevestigde Afrikaanse dagblaaie (die sogenaamde hoofstroom) met hulle tradisionele styl en inhoud al hoe meer stagneer – en algaande ook al hoe meer aanpassings (moet) maak – gaan Son en sy stalmaats met rasse skrede vooruit. Die hoofrede hiervoor is die gebruik van Kaaps, asook die weerspieëlde werklikheid, waarmee die lesers kennelik gemaklik en gelukkig voel. Son se groot prestasie is volgens De Vries dat dit mense so ver gekry het om te lees. Sy was uitgesproke in haar stelling dat die koerantwese uitsluitlik op die maksimalisering van verkope en winste gemik is.

Die vraag of daar ’n behoefte aan ’n ernstige hoofstroomkoerant of -tydskrif in Kaaps bestaan, is deur niemand geopper nie.

In die bydraes oor Kaaps in die musiek- en vermaaklikheidswêreld was daar ’n verfrissende, en dalk selfs verrassende, oopheid met betrekking tot die taalkwessie. Daar is volgens Quentin Williams ’n sterk teenwoordigheid van die gesproke patois in rymkletsmusiek met sy dinamiese gerigtheid teen die hoofstroom-establishment en sy gelyktydige begeerte om gehoor te word, binne die spanning van rasselyne én in weerwil daarvan, en as weerstand teen stereotipes.

Simon Witbooi (alias Hemelbesem) het dieselfde vloeibaarheid en oopmaak van voorheen vas-omlynde grense in hip-hop-aktivisme geskilder. Die rebelsheid in die ontstaan van hip-hop is deesdae nie meer op die struggle gefokus nie, tog word die “system” steeds geteiken, wat dit ook mag behels. Kaaps is ’n wesenlike element in hierdie energiegelaaide kunsvorm – en daar is selfs ’n nuwe tendens: hulle fight nou ook vir Afrikaans. “Ons is lief vir die taal”, sê hy, “ons eien hom.”

Simon Witbooi (alias Hemelbesem)

Eindnotas

1 Enkele van die vele bydraes op LitNet Akademies  wat hier genoem kan word, is: Steward van Wyk, “Hibriditeit, of die baster in ons”, 2000; Neville Alexander, “Etlike gedagtes oor moedertaalonderrig in Suid-Afrika na Apartheid”, 2006; Vic Webb, “Voorwaardes vir die behoud van Afrikaans as wetenskapstaal: ’n taalbeplanningsperspektief”, 2006; asook die volgende, wat almal in 2011 verskyn het: Daan Wissing, “Ontronding in Kharkamsafrikaans?”; Elvis Saal en Joline Blignaut, “‘Moetie rai gammattaal gebrykie’: Die gebruik en waarde van ’n Tienerkaaps in gedrukte advertensies”; Michael le Cordeur, “Moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys: ’n moontlike oplossing vir Suid-Afrika se geletterdheids- en syfervaardigheidsprobleme”; Jaap Steyn en André Duvenhage, “Taalverskuiwing en taalhandhawing in die Afrikaanse gemeenskap: tendense en toekomsperspektiewe”.

Klik hier om Danie van Wyk se referaat te lees.
Klik hier vir foto's van die simposium.
Klik hier om Hein Willemse se abstrak te lees.
Klik hier om Michael le Cordeur se abstrak te lees.
Klik hier om Anastasia de Vries se abstrak te lees.
Klik hier om Dmitri Jegels se abstrak te lees.
Klik hier om Ernst Kotzé se abstrak te lees.
Klik hier om Christo van Rensburg se abstrak te lees.
Klik hier om ’n onderhoud met Ria Olivier te lees.

Foto's: Elzette Steenkamp
2013-05-19T05:28:17+02:00