SêNet-briewe | Lettershttp://www.litnet.co.za/Article/hoe-moses-horings-gekry-hetLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaWed, 19 Jun 2013 00:44:51 +0200LitNet - SêNet-brieweLitNet | RSS - SêNet-brieweAngushttp://www.litnet.co.za/1761/Angusbester.am@gmail.comhttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/moses_horings.jpgSêNet-briewe | Lettershttp://www.litnet.co.za/Article/hoe-moses-horings-gekry-hetfIDSome textcathttp://www.litnet.co.za/Article/hoe-moses-horings-gekry-hetHoe Moses horings gekry het
Nee, Moses het nie sy horings gekry omdat hy stout was nie, ook nie geërf van Bacchus nie. Sy horings het hy gekry omdat mense die Bybel krities begin lees het. Die saak staan eintlik so:

Na die verskillende Konsilies by Nicea, Konstantinopel, Ephesus en Chalcedon, was daar só  ’n hewige stryery tussen kerkvaders oor wat die Bybel nou eintlik sê, dat keiser Theodosius met die  Konsilie van Konstantinopel al stappe begin neem het om die ware inhoud van die Bybel te verdoesel. Die probleem, of Jesus Christus ’n god is of nie, was nog nie opgeklaar nie. Pous Damasus, ook bekend as die man wat graag die dames se ore gekielie het, het erken dat die evangelies wat in die Bybel opgeneem is, vol foute is, en uit betwyfelbare tekste bestaan het. Kopieë wat van die verskillende skryfkamers gekom het, het ook van mekaar verskil. Om te verhoed dat hierdie geskrifte deur verkeerde oë gesien word, het hy met ’n briljante plan vorendag gekom. Hy het die Bybel eenvoudig verban!

Toe die nuwe Bybel dus in 381 sy verskyning maak, is die gewone man verbied om dit te lees. Almal is selfs verbied om enige uitsprake daaroor te maak, of om die Woord van God enigsins te probeer verklaar.

Om die gepeupel verder die skrik op die lyf te jaag, is ’n hele reeks anatemas uitgevaardig en vir die volgende 1500 jaar is dit streng toegepas deur die “bose” te straf met verbranding  van twyfelaars. Die hoofdoel van die priesterskap was om die Bybel weg te hou van die mense en om die kerk se outoriteit op hulle af te dwing. Selfs die besit van ’n Bybel kon ’n man op die brandstapel laat beland.

Na die verbanning van die Bybel, het pous Damasus beveel dat die Ou en Nuwe Testament  heeltemal oorgeskryf moet word. Hierdie taak is aan die heilige Hieronymus (St Jerome) opgedra. ’n Snaakse vent was dié Hieronymus. Hy het lank in ’n grot gewoon waar ’n monnik hom Hebreeus leer lees en skryf het. Of hy ’n Christen was, weet ek nie, want hy was bekend as ’n ketter wat heidense geskrifte verkies het bo die Bybel. Die pous het hom ’n groot som geld aangebied en hy sit toe af Rome toe om met sy nuwe Bybel, die Versio Vulgar, of “verse van die vulgêre”, te begin.  Waarom dit so genoem is, weet ek ook nie. Dalk kan iemand my dit verduidelik. Ek dink hy het sy Bybel aanvanklik  bedoel vir die gepeupel, en daarom dat dit vulgêr moet wees, maar ek weet nie.

Hieronymus  is ook daarvoor bekend dat hy in die kerk verskyn het in vroueklere.  Die gewade van die RK kardinale getuig nog van sy invloed.

Die Versio Vulgar is egter opsetlik toe in Latyn geskryf sodat die gepeupel g’n woord daarvan kon verstaan nie. Van tyd tot tyd het hy ook instruksies gekry van pous Damasus wat bygevoeg moet word, soos bv die storie van die maagdelike geboorte van Christus. Aanvanklik het hy hierdie byvoeging as belaglik beskou, maar later het hy die maagdelike geboorte van Christus  heftig verdedig in ’n geskrif as reaksie op Helvetus se skrywe.  Tydens die Konsilie van Trent is die Versio Vulgar hernoem en het dit as die Vulgaat bekend gestaan.

Dit is hierdie einste Hieronymus wat deur ’n verkeerde vertaling vir Moses die horings gegee het. In plek van Moses voor te stel  met sy glansende gesig en ligkrans om die hoof, het hy hom as gehoring beskryf. Dit het latere Bybelvertalers  soms hoofbrekens besorg, want as Moses self sê Moses het horings,  dan moet hy mos horings hê.

Groete

Angus

2013-06-19T00:44:51+02:00