Bieg | Confesshttp://www.litnet.co.za/Article/ek-word-weer-pa--maar-my-vrou-weet-nie-van-die-skelmpie-nieLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaWed, 19 Jun 2013 17:24:42 +0200LitNet - BiegLitNet | RSS - BiegBrucehttp://www.litnet.co.za/3088/Brucehttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/baba.jpgBieg | Confesshttp://www.litnet.co.za/Article/ek-word-weer-pa--maar-my-vrou-weet-nie-van-die-skelmpie-niefID89246Some textcat89246http://www.litnet.co.za/Article/ek-word-weer-pa--maar-my-vrou-weet-nie-van-die-skelmpie-nieEk word weer pa ... maar my vrou weet nie van die skelmpie nieEk werk in die buiteland. ’n Land met pragtige mooi vroue. My lewensmaat was huistoe vir ’n maand, en ek het ’n skelmpie raakgeloop. Sy het geweet ek is "attached", maar aanvaar dat ons ’n maand lank gaan "fun" hê, en daarna niks ... en dit WAS "fun"!!! Baie. Pragtige liggaam, lang digte swart hare, warmbloedig!!! Ons kon nie genoeg van mekaar kry nie.

Maar toe verander dinge. Vir my en vir haar was dit nie net meer "fun" nie. Ons het verlief geraak op mekaar. Ek is huistoe, en toe kry ek die boodskap ..."I am pregnant." Wat de f...?!! Sy het dan gesê sy kan nie swanger raak nie, ek het haar geglo ... stupid stupid van my, ek weet. Wat nou gedaan? Aborsie is uit, sy het gewetensbeswaar daarteen ... ek nie, nie as dit binne die eerste paar weke is nie ... later, wel dis ’n ander saak. Ons is nogsteeds verlief op mekaar, maar daar is geen kans dat ons mekaar kan sien nie. Die hartseer is byna ondraaglik. Hunkering ...

My lewensmaat van bykans 7 jaar weet van niks ... en ek? Ek is nie meer lief vir haar nie, dit kom al ’n lang pad. Maar sy klou soos ’n neet. Sy het haarself verwaarloos, ly aan ’n minderwaardigheidskompleks, is verskriklik jaloers, alhoewel ek nog nooit vantevore (hierdie keer uitgesluit) haar enige rede daarvoor gegee het nie...ek wil uitkom, weer vry wees. Weer EK wees. Maar ek kan net nie dit oor my hart kry om die bande te breek nie, ek voel te jammer vir haar. So, ten koste van my geluk, byt ek maar vas ... maar vir hoe lank, dit weet ek nie ... ek word weer pa in Desember 2012 ... op 50-jarige ouderdom ... Fok!

Bruce (skuilnaam)
2013-06-19T17:24:42+02:00