SêNet-briewe | Lettershttp://www.litnet.co.za/Article/die-wetenskapLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaThu, 23 May 2013 07:28:44 +0200LitNet - SêNet-brieweLitNet | RSS - SêNet-brieweJan Raphttp://www.litnet.co.za/2154/Jan Rapskryner@gmail.comhttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/wetenskap.jpgSêNet-briewe | Lettershttp://www.litnet.co.za/Article/die-wetenskapfID90179Some textcat90179http://www.litnet.co.za/Article/die-wetenskapDie WetenskapMense word dikwels aangeraai, ook hier op SêNet, om op te hou onsin praat en te gaan kyk wat Die Wetenskap sê. Of hulle word sommer direk gesê dat DW sus en so sê wat dan die finale doodsteek sou wees vir enigiets wat hulle as drogredenasie beskou.

Hierdie aanraaiers praat van Die Wetenskap asof dit een of ander alwetende entiteit is, iets soos 'n orakel wat in 'n hut in die middel van die bos bly of in 'n grot bo teen die berg.

Daar is nie so-iets nie, die wetenskap is maar net die versamelde natuurkennis wat die mens met moeite oor millennia oopgevlek, ontdek of afgelei het en opgeteken of mondeling oorgedra het. Aan hierdie versameling van natuurkennis word gedurig toegevoeg soos mense natuurverskynsels begin verstaan, verwantskappe tussen natuurverskynsels verklaar (en bewys) maar ook weggeneem soos mense agterkom hulle was op 'n dwaalspoor of daar het foute in hulle bewyse ingesluip.

Byvoorbeeld, op 'n stadium was dit deel van die wetenskap dat mans meer tande as vrouens het, dat 'n gewig van tien pond tien keer vinniger val as ene van een pond, dat lawaai 'n sonsverduistering herstel en dat fosfor 'n sekere kwaal genees. Ons weet hierdie kennis was wat mens wankennis kan noem en vorm nie meer deel van die versameling van kennis, of dan nou wetenskap, nie. Nie dat die wetenskap verander nie (behalwe dat die versameling kennis nou gedurigdeur uitbrei), sekere aspekte word net nou en dan verkeerd vertolk.

So mens moet maar versigtig omgaan met Die Wetenskap, mens weet nooit watter aspekte hy op hierdie stadium die kat aan die stert beet het nie.

Jan Rap
2013-05-23T07:28:44+02:00