SêNet-briewe | Lettershttp://www.litnet.co.za/Article/die-waarde-van-fossiele-veral-vir-ko--ek-bedoel-dolfLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaMon, 20 May 2013 19:43:49 +0200LitNet - SêNet-brieweLitNet | RSS - SêNet-brieweAngushttp://www.litnet.co.za/1761/Angusbester.am@gmail.comhttp://www.litnet.co.za/SêNet-briewe | Lettershttp://www.litnet.co.za/Article/die-waarde-van-fossiele-veral-vir-ko--ek-bedoel-dolffID89480Some textcat89480http://www.litnet.co.za/Article/die-waarde-van-fossiele-veral-vir-ko--ek-bedoel-dolfDie waarde van fossiele, veral vir Ko ... ek bedoel Dolf
Dolf,

Jou redenasies ruik nogal baie na Kobus.  Jy en hy het so presies dieselfde opvatting oor wat in die wetenskap aangaan dat ek dink julle kan miskien tweelingbroers wees. Geen wetenskaplike wat sy sout werd is, sal kan sê dat dit wat hy nou bereken het, presies en akkuraat is nie. Almal soek en ondersoek en werskaf en swoeg en slaaf ook maar. Gedurigdeur word sy berekeninge bevraagteken, getoets en deur nuwe navorsing as nie so akkuraat  nie, bewys. Die dag dat absoluut alles nagevors en bewys is, sal seker die einde van alle dissiplines van die wetenskap wees. Dan is die wetenskap die Bybel.  Dan kan die wetenskap ook ’n predikant hê wat vir jou dink en jou beveel om te glo dat die aarde in 3,4 biljoen jaar gemaak is. Dan glo jy maar, want wie die hel wil nou in die hel brand?

Die feit dat die wetenskap dan nie so “akkuraat” is nie, is nog een van die min dinge waaroor Christen kreasioniste hulle kan verheug – wie wil nou hulle enigste vreugdetjie van hulle wegvat. Intussen swyg húlle natuurlik soos die graf oor die “akkuraatheid” van die Bybel, en of dit so dééglik getoets is.

Nou kan ek probeer om jou skrywe onder aan my brief, Die Eendbek-platipus, te beantwoord.

Nee, ek gaan nie kyk wat Darwin of Dawkins te sê gehad het nie. Ek is ook nie iemand wat nou vinnig eers gaan google om jou te beantwoord nie. Ek gaan sommer reguit na die bron, nl. Australië.  So onlangs soos verlede jaar (2011) het geoloë aan die Weskus van Australië fossielselle afgekom wat by toetsing ongeveer 3,4 miljoen jaar oud is. Fossielselle het nie beendere nie, dus is dit moeilik om te besluit of ons hier te make het met lewe. Dis ontdek deur  ’n ene Brasier van Oxford universiteit en hy is juis een van die grootste kritici van sogenaamde fossiele wat ontdek word. Ek gaan nou nie die hele storie vertel nie, miskien, as jy kan google soos Kobus kan google, sal jy dit kan google.

Ja, fossiele is skaars, so skaars soos die spreekwoordelike hoendertande, in elk geval skaarser as diamante, maar meer as goud werd. Wanneer het die eerste “mense” gelewe? Dit vertel die skaars fossiele ons. Wetenskaplikes gaan krap in hulle ashope rond, en ondersoek en toets dít wat hulle vind. Ek het nie plek om jou eers ’n klein deeltjie van die soektog te vertel nie; dus kies ek sommer lukraak Koobi Fora. Soos jy seker weet, dis die plek waar o.a. Richard Leakey rondgekrap het. Kay Behrensmeyer, ’n gegradueerde Harvard student, het ook daar gaan rondsoek en o.a. klipinstrumente gekry. ’n Mens kan mos duidelik sien dat dit voorwerpe is wat doelbewus gevorm is deur klip op ’n sekere manier te kap en te laat afsplinter. Hierdie instrumente is na Cambridge universiteit gestuur waar dit deur ’n kalium-argon toets as ongeveer 2.4 miljoen jaar oud bevind is.

Spore van Homo Habilis, saam met sy fossiele is dus al “miljoene der miljoene jare” oud, soos Perdebytjie jou gesê het. Kort-kort is daar nuwe ontdekkings van nuwe “eerste mense”. Dink maar aan die werk van Michel Brunet (miskien sal jy hom kry as jy google), professor in Paleontologie . In 1994 het hy in die Djurab woestyn die fossiel van ’n man gekry wat 3 miljoen jaar gelede geleef het.  Baie duidelik een van die mens se voorouers, uitgeken aan die vergrote breinkas, die verminderde kies- en voortande en die feit dat hy regop geloop het, om maar net  ’n paar menslike eienskappe te noem.

Oor die akkuraatheid van die toetse kan ek gelukkig nie my kop op ’n blok sit nie. Ons moet die "miljoene –der-miljoene" wetenskaplikes se toetse maar aanvaar, aangesien hulle weer mekaar se werk soos valke dophou. Indien ek dalk verkeerd is, is daar gelukkig nie ’n hel wat op my wag soos by die Christen as hy nie wil glo en bely dat die aarde in ses dae gemaak is nie.

En dit nogals ongetoets!

Groete

Angus
2013-05-20T19:43:49+02:00