Snars poëtika | http://www.litnet.co.za/Article/die-gedig-as-god-en-godsdiensLitNet 2014en-usCopyright 2014media@litnet.co.zaThu, 24 Apr 2014 16:02:57 +0200LitNet - Snars poëtikaLitNet | RSS - Snars poëtikaBibi Slippershttp://www.litnet.co.za/763/Bibi Slippersbibi@litnet.co.zahttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/rumi_etal_blo.jpgSnars poëtika | http://www.litnet.co.za/Article/die-gedig-as-god-en-godsdiensfID87812Some textcat87812http://www.litnet.co.za/Article/die-gedig-as-god-en-godsdiensDie gedig as god en godsdiens
Die week in woorde

Op pad terug na Suid-Afrika ná my twee jaar in Nieu-Seeland en Australië word ek op die lughawe voorgekeer en na die ondersoekhokkie vergesel. Hier word ek deeglik uitgekyk en opgevoel, my handbagasie en klere deursoek vir wapens, dwelms en ander ongerymdhede. Ek was heel uit die veld geslaan ... Ek is die onskuld self en boonop uiters voorbeeldig (was immers hoofmeisie op laerskool). Ek lyk nie eers (baie) soos ’n hippie nie. Ek kon nie verstaan wat my juis verdag laat lyk het nie.

Dit was eers toe ek later my plek op die vliegtuig inneem en my boek op my skoot oopslaan dat ek besef wat dit was: die Goeie Boek! Ek het my 2000-uitgawe van Groot verseboek by my gehad omdat die ding te groot en swaar is om in ’n tas te pak. Myne is gereference en gecross-reference met duisende mini-post-its wat bo en langs die kante uitpeul, en die hardeband is al aan die uitmekaarval van jare se gebruik. Met die donkerblou omslag en goue letters moes dit vir die geoefende oë van die sekuriteitswagte op die lughawe soos die religieuse teks van ’n absolute fanatikus gelyk het, die tipe wat dalk ’n vliegtuig sal opblaas in die naam van een of ander god.

Hulle was seker nie so ver verkeerd nie. Ek sal miskien nie ’n vliegtuig daaroor opblaas nie, maar die digkuns is die naaste ding wat ek aan ’n godsdiens het. En ek is nie alleen nie. In die onderhoud wat ek met haar gevoer het oor haar bundel in die niks al om, sê René Bohnen:

[Ek] vertrou ... die begin van ’n gedig bo alle dinge. Onvoorwaardelik vertrou ek dit. Nog nooit het ’n gedig my in die steek gelaat nie.

Dis die digter as gelowige wat hier aan die woord is, die individu met onwrikbare geloof in die gedig. Die gedig is god, die digkuns godsdiens. Dis net nie dieselfde tipe godsdiens waaraan ons gewoond is nie.

In sy essay "Religions are poems" skryf Nick Laird:

Poems have the mythological dimensions of religion − the hearthside stories, histories, imagery and myths through which the invisible world is symbolised − but lack the doctrine.

Die digkuns bied ruimte vir vrae en onsekerheid, eerder as antwoorde en finaliteit. Die meeste mense verstaan dit intuïtief – dit kan mens aflei uit die aantal ellipse wat in amateur-gedigte voorkom. Die kuns is om die tegnieke te ontwikkel om in woorde te kan sê wat jy met ’n ellips bedoel. Gedigte wat die toets van tyd deurstaan, is dié wat genoeg ruimte binne hulleself ooplaat vir mense om daarin te beweeg, te groei en te verander. Dis gedigte wat elasties is.

Later in sy essay skryf Laird: "Poetry can hold oppositions in equilibrium. Life tends to paradox and poetry can cope with that."

Poësie kan cope, en soos die beste gelowe, kan poësie jóú help cope. Dis so oud soos die oudstes en so aanpasbaar soos die mees gewildes. Poësie het sy profete en sy hoëpriesters, sy heilige tekste, sy martelaars en sy relieke. Al wat nou nog kort, is ’n vakansiedag vir poësie, maar terwyl ons wag vir daardie een, maak solank die beste van die vakansiedae vir die godsdienste wat wel met hulle geseën is.

Mag die gees met jou wees.

Voorgeskrewe leesstof

Hier is ’n mandjie vol goed om te lees as jy nie gelukkig genoeg is om paaseiers te jag dié naweek nie:

Essay: “Religions are poems” deur Nick Laird
Essay: “Poetry and Prayer” deur James Midgley
Gedig: “Psalm” deur Emily Warn
Gedig: “Poetry and Religion” deur Les Murray
Gedig: “God on the treadmill” deur Benjamin S Grossman
Gedig: “Oh God” deur Michelle Tea
Gedig: “Wildpeace” deur Yehuda Amichai
Webblad met verskeie gedigte deur Rumi
Onderhoud met Mavis Vermaak oor haar Rumi-vertalings in Afrikaans
Poets.org se bladsy oor William Blake, met heelwat gedigte

Gedigte op LitNet

Klik hier vir alle nuwe poësie op LitNet.

2014-04-24T16:02:57+02:00