Henry Cloete: Verworpe dopamien | http://www.litnet.co.za/Article/die-antwoord-versus-gaga-verby-gesigwaardeLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaFri, 24 May 2013 10:29:35 +0200LitNet - Henry Cloete: Verworpe dopamienLitNet | RSS - Henry Cloete: Verworpe dopamienHenry Cloetehttp://www.litnet.co.za/102/Henry CloeteCloetehj@gmail.comhttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/ladyantwoordfocusweb.jpgHenry Cloete: Verworpe dopamien | http://www.litnet.co.za/Article/die-antwoord-versus-gaga-verby-gesigwaardefIDSome textcathttp://www.litnet.co.za/Article/die-antwoord-versus-gaga-verby-gesigwaardeDie Antwoord versus Gaga – verby (ge)sigwaarde
Goed, ek weet ek is allermins die eerste persoon wat hieroor skryf en ek sal ook nie die laaste persoon wees nie. Iewers in die middel ... die mediaan-persoon, as't ware? Waarskynlik nie. Maar nou ja.

Eerstens, hier is die video waaroor almal brom of juig, afhangende van in watter kamp jy jouself bevind. Kortom: ’n Lady Gaga-lookalike verskyn in die video en word uitgebeeld as ’n redelik breinlose, tipies Amerikaanse toeris, met opvattings oor hoe dinge dan nou juis in Afrika gebeur (kompleet met wilde diere in die strate). Ek gaan nou nie ’n hele sinopsis skryf nie, want as jy te lui is om dit te kyk, is ek te lui om dit te skryf. Kiets is ons.

Eers ’n "disclaimer": In teenstelling met die meeste (Suid-) Afrikaners is ek ’n aanhanger van Die Antwoord. Vandat ek die musiekskrywer Annie Klopper se stuk  oor hulle (pre-fame) in Rapport gelees het, was die nuuskierigheid, oorbluftheid en blote opgewondenheid oor iets geheel en al nuuts redelik skaamteloos en kwalik bedek. Daarom het ek hulle so gou moontlik vir ’n onderhoud  opgespoor, ’n paar dae ná hulle op die internet ontplof het soos die binnekant van ’n pomelo waarin ’n vurk gesteek is. Reg in die oog!

Hulle was vriendelik, entoesiasties en heeltemal bereid om tyd af te staan vir fotosessies, wat lank geneem het.

Kortliks, dus: ek het ’n slag  of wat  met hulle te doen gekry. Dit gestel as die bogenoemde “disclaimer”, nie as skaamtelose selfbemarking nie ... Indien dit so voorkom, vra ek om verskoning.

Lady Gaga se musiek ken ek bloot nie baie goed nie. Dit het my nooit werklik geïnteresseer nie, dis al. Ek en my woonstelmaat groet mekaar wel soms met die "ra ra rarara"-deuntjie uit "Bad Romance".

Gee my eerder Katy Perry, enige tyd van die dag. Sy is pragtig en fantasties en perfek en meesleurend.

En dan sing sy ook nog!

Nou, die gewraakte “Fatty Boom Boom”-video. Daar's ’n paar opvattings daaroor wat my irriteer. Eerstens dat die "Fatty Boom Boom"-lied na Gaga se onlangse gewigtoename verwys. Mense reken dit versterk media-opvattings oor hoe "vroue moet lyk" – een van die elemente wat lei tot erge selfbeeldprobleme onder veral jong vroue, anoreksie, ensovoorts. Dat hierdie opvattings wat deur die media versprei word, wel ’n euwel is, betwis ek nie. Maar Ten$ion (waarop "Fatty Boom Boom" verskyn) is reeds vroeg in 2012 vrygestel. Sover ek kan agterkom, het die Gaga-gewig-ding eers middel- of laat vanjaar rond kop uitgesteek. Dit egter ter syde – dit behoort redelik duidelik vir die luisteraar te wees dat die lirieke van die lied verwys na die magtige maatskappy Interscope Records, by wie hulle aanvanklik geteken het en wat hulle kort daarna verlaat het, en die eienaar, Jimmy Iovine: “Jimmy Jimmy Jimmy, hold on to your ching ..."

Dit is ook bekend dat beide Ninja en Yo-Landi vegetariërs is – dit is dalk nêrens duideliker nie as in "Super Evil", wat op die eerste album, $O$, verskyn het:

“Kom nou seun, eet daardie been!”
“Nee dankie pa, ek's ’n vegetariër.”
“Jy's ’n fokken poes!”

Hul afsku teenoor Gaga se gewraakte "vleisrok" (wat ook in die “Fatty Boom Boom”-video verskyn) het waarskynlik meer hiermee te doen as met Gaga se modesin in die algemeen (hoewel hul duidelik ook ’n renons daarin het). Die leeu verslind die Gaga-karakter aan die einde van die video. Wel, jy kan nie werklik die leeu blameer nie, kan jy? Sy lyk basies soos ’n groot rou biefstuk. Die subteks is natuurlik dat Gaga nie sal oorleef in Die Antwoord se wêreld nie. (Die feit dat hulle deesdae superryk is en die Johannesburgse middestad allermins hul "wêreld" is, is ’n debat vir ’n ander dag.)

Die gestryery onder aanhangers van wie tussen Die Antwoord en Gaga nou eintlik die ware "kunstenaars" is en ook wie, wel, "beter mense" is, sal ook nog lank woed. Die algemene redeneringsvermoë in dié gesprekke is wel wat ’n mens sou verwag van kommentare onder YouTube-video's – die spelling is nie al wat bedenklik is nie.

O, net een punt oor die "beter mense"-ding: een van die pro-Gaga-punte is dat sy baie doen vir gay- en lesbian-regte. Dit is natuurlik so en dit is uiters prysenswaardig. Die Antwoord doen dit egter ook, op hul eie (toegegee, vreemde) manier – dis nie ’n geheim dat DJ Hi-Tek gay is nie – hulle het dit al meermale en met trots op Facebook verkondig. In "Fok julle naaiers" kletsrym hy onder meer: "DJ Hi-Tek will fuck you in the ass, you punk-ass white boy." Dit staan in skrille kontras met die aanslag van byvoorbeeld die It Gets Better-veldtog. Wat Die Antwoord hier doen, is om die "slagoffer-mentaliteit" (dit bestaan gelukkig natuurlik nie in alle kringe nie) van gay-wees in ’n grootliks heteroseksuele samelewing tussen die bene te skop en te sê: wees net so paraat, skaamteloos en, wel, kras, as jy wil oor jou homoseksualiteit as wat jy sou wees oor jou heteroseksualiteit ... Dis hoe ek (bygesê, as ’n straight man) dit interpreteer.

Raait, dit daar gelaat.

Die tweede groot gesprekspunt oor die video is Yo-Landi se gebruik van "Blackface". Hier moet ek bieg: ek het aanvanklik bloot gedink sy "vermom" haarself soos die swart luiperd wat vroeër in die video verskyn. "Nobody is going to steal nothing when he's chilling with that black beauty," verkondig die toergids. ’n Verwysing na Gaga wat Die Antwoord probeer oorreed het om die verhoog vir haar warm te maak tydens haar toer? Waarskynlik.

Die oorsese media het egter toegeslaan op die "rassistiese" gebruik van "blackface" in die video – lees byvoorbeeld hierdie stuk wat in The Guardian verskyn het, waarin die skrywer argumenteer dat die gebruik van "blackface" Suid-Afrika se samelewing "geen gunste doen nie". Die "Blackface"-verskynsel in die gebruik van reisende sirkusse en toneelstukke was inderdaad haatlik – ons het dit immers in Suid-Afrika ook beleef, met akteurs wat hulself met skoenpolitoer moes besmeer (dit was lank voor my tyd, so hier gaan ek maar op die mondelinge oordrag van die onlangse geskiedenis wat aan my toegedien is) om die rolle van swart en/of bruin karakters te vertolk. Haatlik.

(Snaaks, egter, dat niemand veel daaroor sê as Leon Schuster dit in bykans elke fliek van hom doen nie.)

Yo-Landi het ook intussen gesê sy "weet nie eens wat Blackface is nie". Die huidige klimaat in Suid-Afrika vra egter vir meer as die (verskoon die woord) toesmeer van ongemaklike kwessies en verskynsels uit die verlede. Ja, die "kunste" herbesoek hierdie verlede gedurig, maar die boodskap is grootliks monotoon. Is die afwisselende grimeerkuns op Yo-Landi in hierdie video, tussen wit en swart lyfverf, nie juis subtiele kommentaar op die vloeibaarheid van identiteit (individueel en groepsverwant), verwarring en absurditeite wat bestaan rondom rassegroeperinge en -verhoudings nie? Moontlik sien ek bloot wat ek wil sien hierin, maar dit maak vir my sin.

Jy kan my ook seker daarvan beskuldig dat ek die ding oor-ontleed en oor-intellektualiseer (is dit ’n woord?). Ook dat ek moontlik bevooroordeeld is, gegewe my fassinasie met die verskynsel wat Die Antwoord is en ook dit wat hulle so aantreklik vir internasionale gehore en so ’n verleentheid (te oordeel aan kommentare onderaan nuusberigte en meningstukke) vir (Suid-) Afrikaners maak.

Al wat ek éintlik wil sê, is dat dinge nie op (ge)sigwaarde geoordeel moet word nie. Ja, hierdie spesifieke aanslag op Lady Gaga is waarskynlik laakbaar in sekere opsigte. Ten slegste is dit kinderagtig. Ten beste is dit ’n onapologetiese (blits-) ondersoek na die persepsies en "kunstenaarskap" (ja, hulself ook – diegene wat die tong-in-die-kies-element van hul musiek misluister, luister dit moontlik aspris mis) binne die wêreld van popmusiek en, ook, moderne self- en ander-beskouing.

Wat onteenseglik is, is dat dit nuut is, in bykans elke opsig.

Het ons dan nie meer daarvan nodig nie?

- Klik hier om Reney Warrington se mening oor die kwessie te lees.
2013-05-24T10:29:35+02:00