Prometheus ongebonde | http://www.litnet.co.za/Article/dertien-wapens-teen-onsinverkopersLitNet 2013en-usCopyright 2013media@litnet.co.zaMon, 20 May 2013 21:21:24 +0200LitNet - Prometheus ongebondeLitNet | RSS - Prometheus ongebondeGeorge Claassenhttp://www.litnet.co.za/458/George Claassengeorge.claassen@gmail.comhttp://www.litnet.co.za/assets/content/large/robotevolution.jpgPrometheus ongebonde | http://www.litnet.co.za/Article/dertien-wapens-teen-onsinverkopersfIDSome textcathttp://www.litnet.co.za/Article/dertien-wapens-teen-onsinverkopersDertien wapens teen onsinverkopers
Die aanslag wat Suid-Afrikaanse kinders op skool en in hul ouerhuise moet trotseer en wat hul verstandelike vermoë aantas om krities te dink, het gereeld by my opgekom terwyl ek onlangs die Pulitzerpryswenner Edward Humes se ontleding van ’n omstrede en bakermathofsaak, Kitzmiller en andere v Dover School Board of Education, gelees het.

In Monkey Girl: Evolution, Education, Religion, and the Battle for America’s Soul (HarperCollins) sit Humes die neerlaag van kreasionisme en sy “goedkoop tuxedo”-suster, Intelligente Ontwerp, in ’n Harrisburg-hof in Pennsilvanië uiteen toe ’n groep ouers in 2007 die skoolraad voor die gereg gedaag het. Die skoolraad, bestaande uit ’n meerderheid kreasioniste, wat glo die aarde is net 6 000 jaar oud en dat evolusie as lewensontwikkeling onsin is, het bepaal Intelligente Ontwerp moet as geldige wetenskap by biologieleerplanne ingesluit en in klaskamers bespreek word.

Klik hier om Monkey Girl van Kalahari te koop.

Maar regter John Jones III het die Kitzmillers en ander ouers gelyk gegee en beslis Intelligente Ontwerp is nie wetenskap nie, maar religie, en hoort nie in wetenskapleerplanne nie omdat dit die skeiding tussen kerk en staat wat deur die Amerikaanse Grondwet bepaal word, opgehef het en dus die Grondwet oortree het.

Ons bring twaalf jaar van ons kort lewe op die skoolbanke deur, sterk onder die invloed van onderwysers wat ons verstand kan vorm, stuur en manipuleer om feitlik enigiets te glo. Die proses begin natuurlik tuis, waar ouers ’n reusagtige invloed kan uitoefen op die jong lote se verstand om enigiets te glo, hoe irrasioneel ook al, en soms heeltemal onversoenbaar met die wetenskaplik bewese wette van die natuur. So word die doktrines van pa en ma, meneer en juffrou by die skool, die priester, molla, rabbi, ’n rockster, sportafrigter en politieke leiers – ja, enigiemand in ’n posisie van gesag oor hulle – onkrities aanvaar. Of dit nou intellektuele gesag is, gesag opgedwing deur ouderdom en jare op die planeet, gesag deur voorsaatskap, vriendskap, bloedbande of lojaliteit, dit maak nie saak nie: ons kinders is onkrities en gedweë om die grootste onsin as die waarheid te aanvaar.

Terwyl ek luister na die uitspraak in die Boeremagverhoor waar ’n groep wit Afrikaanse mans in Pretoria teregstaan op klagte van hoogverraad omdat hulle onder andere swart mense met hul bakkies in die see wou jaag, wonder ek hoe dit moontlik is dat ’n groep mense so ernstig die kluts kon kwytraak dat hulle hul ras en kultuur bo alle ander kon stel en bereid was om moord te pleeg in die nastrewing van hul doel. Kyk maar na regse en neo-Nazi-agtige byeenkomste waar piepjong en meestal blonde kindertjies geparadeer word om hul vaders en moeders se rasse-ideologie te verkondig met swaaiende swastikas en gebalde Hitler-vererende vuisies.

Hoe kan hierdie soort breinspoeling voorkom word? Hier dan dertien wapens wat kinders behoort te dra om hulle teen onsinverkopers te beskerm (die laaste drie met erkenning aan Richard Dawkins, wat dit in sy aangrypende Good and Bad Reasons for Believing: A Letter to My Daughter uiteengesit het).

Die aarde is ongeveer 4,57 miljard jaar oud, nie net 6 000 jaar nie. Dit is deeglik deur wetenskaplikes vasgestel met behulp van gesofistikeerde dateringsmetodes waarmee die ouderdom van voorwerpe bepaal kan word. Radioaktiewe isotope in voorwerpe gaan teen ’n vasgestelde en voorspelbare tempo tot niet. Fisici gebruik die term “halflewe” om die snelheid van ontbinding te beskryf. Die gemiddelde tyd waarin ’n element ontbind tot die helfte van sy oorspronklike waarde staan bekend as die halflewe van die isotoop. Die stabiliteit van ’n isotoop bepaal hoe lank die halflewe is, en ook die tempo waarteen dit ontbind. Die halflewe van koolstof-14 is byvoorbeeld 5 730 jaar en dié van polonium-239 is ongeveer 24 000 jaar. Maar uraan-238 is geweldig stabiel, met ’n halflewe van 4,66 miljard jaar (langer as die aarde se bestaan!). Ander elemente, soos die isotoop francium-233, se halflewe is net 22 minute. Dit beteken dat as jy 10 gram francium-233 het, dit binne 22 minute sal verminder tot net 5 gram – die orige 5 gram se atome het ontbind tot ander elemente. (Meer kan hieroor gelees word by sciencegeek.net.)

Lewe op aarde het ongeveer 3,8 miljard jaar gelede ontwikkel deur ’n proses van evolusie uit ’n oersop (primal soup), soos Charles Darwin dit in ’n brief aan ’n vriend genoem het. Genoeg wetenskaplike bewyse bestaan reeds vir hierdie teorie oor die ontstaan van lewe in al sy kompleksiteite.

Ons as menslike spesie en al die ander spesies wat vandag lewe, is die nasate van die eerste sellulêre organismes wat ongeveer ’n driekwart miljard jaar ná die aarde se ontstaan in hierdie oersop begin ontwikkel het.

Ons naaste familie in ander spesies is ander primate en veral die sjimpansee en bonobo, met wie ons ongeveer sewe miljoen jaar gelede ’n gesamentlike voorsaat gedeel het.

Vra altyd vir die bewyse wanneer mense allerhande aansprake maak, of dit nou oor sogenaamde wondermedisynes is wat jou gesond kan maak, ’n instrument of apparaat wat volgens die verkoper of vervaardiger jou lewe kan verander, of ’n onbekende en onsigbare “intelligente ontwerper” wat kwansuis wonderwerke in jou lewe kan bewerkstellig.

Niemand kan die dood ontkom nie. Dit is ’n onvermydelike deel van die lewe dat ek en jy eendag gaan sterf. Geniet hierdie lewe omdat daar geen bewyse is dat daar hierna nog een gaan aanbreek nie. En respekteer die wette van die lewe en die natuur wat onvermydelik deel is van hierdie siklus van geboorte en dood.

Daar is geen enkele wetenskaplike bewys dat daar ’n hemel en hel bestaan nie. Om goed te wees, sal jou nie in die hemel laat beland nie, en as jy kwaad aanvang, wag daar nie ’n hel op jou nie. Moraliteit is ’n menslike spesieverskynsel en -instelling wat oor duisende jare deur sosiale ordening ontwikkel en waaroor religie nie ’n monopolie het nie. Navorsing wys inderdaad dat sekulêre samelewings se misdaadsyfer veel laer is as dié van sterk religieuse groeperings.

Daar is geen enkele bewys dat enigeen van ons ’n onsterflike siel besit nie, dat jy met die dooies kan praat of uit die dood kan opstaan nie. Die dood is volgens alle wetenskaplike bewyse tot ons beskikking die finale afsluiting van ons lewe. Die idee van die siel het reeds in die vroeë Neolitiese tyd, ongeveer 15 000 jaar gelede, ontstaan en verskillende formate in antieke beskawings aangeneem. Geen enkele bewys bestaan egter dat die mens se siel, as dit sou bestaan, sou voortleef nadat die liggaam sterf nie.

Betoon respek teenoor die wetenskap se metode waarvolgens waarde geheg word aan bewyse voordat enigiets geglo kan word. Hiervolgens is daar geen enkele bewys van ’n intelligente ontwerper as grondlegger van alles nie. Die vraag om altyd te vra, is: Wie sou dan die intelligente ontwerper gemaak het, en wie dan daardie ontwerper? Ad infinitum. Genoeg antropologiese en historiese bewyse bestaan dat die mens ongeveer 20 000 jaar gelede gode begin skep en aanbid het omdat die vroegste mense natuurverskynsels soos weerlig, vulkaniese uitbarstings en aardbewings nie kon verklaar nie en dit aan ’n krag buite hul verstand toegeskryf het. Vermy dus wensdenkery oor onbewese dinge.

Die betroubaarste manier om ons wêreld en ons kosmos te begryp, is die wetenskaplike metode, ’n sistematiese soektog na kennis oor die wêreld en om daardie kennis te organiseer en saam te vat in toetsbare wette en teorieë wat op bewyse gegrond is (soos die bioloog EO Wilson dit in Consilience opsom).

Moet nooit enige aansprake en beloftes glo omdat jy dink dit is gegrond op gesag of outoriteit nie. Nie die gesag van jou ouers of dié van die dominee, priester, politieke leiers, ‘n rockster, rabbi, molla, onderwyser, jou vriend of die sportafrigter nie – niemand s’n nie. Vra altyd vir die bewyse.

Moenie enige aansprake en beloftes glo omdat jy dink dit is gegrond op tradisie nie – nie die skool s’n of dié van jou ouers, ras, taalgroep, kulturele herkoms of ander tradisies wat kwansuis gevolg moet word net omdat dit tradisie is nie. Vra altyd vir die bewyse.

Moenie enige aansprake en beloftes glo omdat jy dink dit is gegrond op openbaring nie – nie dié van ‘n sjamaan, wysgeer, politikus, filosoof, priester, dominee, rabbi, molla of wie ook al beweer hulle het so ’n openbaring in ’n afgesonderde plek beleef waar nie een ander mens hul aansprake as getuie kan bevestig nie. Vra altyd vir die bewyse.
2013-05-20T21:21:24+02:00