Revolusie

  • 5

Onder die slagspreuke 
van jou versoete tong
granaat die alfabet
in heiligheid
van Erosketel se fluit
wat in eggo’s teer
teen hartswande tuit.

Met gebalde vuis
omklem elke partikel
die innigheid van die
palpitasie van my
tenger bestaan
wat om jou
wentelbaan.

Chaos word wild gesaai
in ‘n donker tornado-draai
en verval ek in
verdoemde sinnigheid
om mee te doen
aan die revolusie
van omgekeerde haat.

  • 5

Kommentaar

  • jurgens David Christie

    Baie goeie uitdrukking, diepte weerspieël gekropte emosie in vertroue en wantroue hou daarvan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top