Rekenaars en mense word reeds geïntegreer

  • 5

Neuro-morfiese prosessering sal rekenaars bring wat programme self dmv ewolusie ontwikkel. Ek glo dat Frankenstein en Robocop-tipe mense tog sal ontwikkel.

Eksoskelet wat met breinseine funksioneer, word reeds ontwikkel en ondergaan veldtoetse. Genetiese manipulasie word reeds gedoen. Die supermens sal aan die einde van die eeu algemeen wees, gegrond op mikro-rekenaars ingespuit om siektes te voorkom of beveg, in stede van entstof of Anti-biotika teen siektes. 

  • 5

Kommentaar

  • Beste Hans,
    Dis interessante onderwerpe wat jy aanraak, maar dit is al of google jou die bel laat hoor, maar dan weet jy nie waar die klepel hang nie.
    Jy stel dit as ʼn voldonge feit dat rekenaars en mense alreeds “geïntegreer” is (wat jy ook al daarmee bedoel), maar jy sê nie waar of hoe of deur wie nie, en dan GLO jy net verder dat Frankenstein en Robocop-mense “sal ontwikkel.” Dan gebruik jy nogal hoge terme soos “Neuro-morfiese prosessering”, maar aan jou skrywe kan ek sien, jy weet nie eintlik wat dit behels nie.
    Dan beweer jy ook dat genetiese manipulasie alreeds gedoen word, so asof dit iets alledaags is. Ek neem aan dat jy dink dat genetiese manipulasie op die mens gedoen word, want jy skryf nie oor diere of plante nie. Ek kan jou verseker dat daar hewige beswaar teen is, sedert die Hitler-dae al. Tog dink die wetenskaplikes daaraan om die menslike embrio geneties te manipuleer om sekere siektetoestande uit te skakel. In Amerika het hulle al geëksperimenteer op die menslike embrio, maar dit nie in die baarmoeder teruggeplaas nie. Chinese wetenskaplikes het ook al op onvrugbare menslike embrio’s geëksperimenteer.
    Neuro-morfiese proses is iets heel anders. Die rekenaar chip met sy heksluiters van 0 en 1 word nou vervang met ʼn chip wat soos die menslike brein en senustelsel werk. Die neuron het nie 0 en 1 heksluiters nie, maar stuur boodskappe aan dmv elektriese impulse. Alhoewel die brein baie ingewikkeld is, is hierdie impulse relatief eenvoudig. Dit al egter ʼn spanpoging kos tussen rekenaardeskundiges, breinspesialiste, neuroloë, en wat nog.
    Jy hoef dus nie so erg te skrik nie: die mens sal maar altyd in beheer van sy masjiene bly, en hy sal maar altyd net op een bed kan slaap, in een huis op 'n slag bly, en sy rugby, braaivleis en biertjie geniet; dit maak nie saak hoe super hy is nie.
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    Angus, dink nou 100 jaar gelede. Toe het hulle nog nat katvel op jou bors gesit om bronchitis te genees.
    Om te dink dat mense op maan sou loop, was ondenkbaar en Siener was 'n profeet ...
    Die papierwerk was nie klaar, as broek in veld opgetrek was en nou is daar al retro bidet ... Op 60 hardloop mense nog marathon, terwyl 100 jaar terug, hul bejaard was en kierie gebruik het. As dit nie ewolusie is nie, dan weet ek wragtag nie.
    Ek dink dat die mens in die volgende dekade reeds sal museumstukke word met die nuwe rekenaartegnologie wat reeds in gevorderde navorsingstadium is.

  • Beste Hans,
    As dit verandering beteken om beter te kan aanpas by nuwe lewensomstandighede, dan is dit natuurlik evolusie, hoe dan anders? Nou weet jy wragtag.
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    Angus, ons het hier in SA nie meer keuse nie. Ons het reeds vierde industriële rewolusie gemis, omdat SA nou tegnologies gestrem is.

  • Slegs diegene wat kan aanpas by hierdie tegnologiese gestremdheid se gene sal voortbestaan, die ander sal afsterwe. Dis maar hoe evolusie werk, dmv seleksie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top