Refleksie

  • 1

Prent verskaf

ons drink stomende koffie
dit is nektarsoet
"môre, môre", sê jy
jou oë belowe geluk 
ek glimlag

die son skyn buite in goue karamelstrale
ek bestel wéér vanoggend koffie
my gedagtes verdrink in die koppie voor my
elke sluk is méér bitter as die één voor dit

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top