RE Hoe om 'n tent op te blaas!!

  • 4

Toe ons nog kinders en stoute seuntjies was wou ons ook van ons maatjies se tente tydens ’n kampsessie “opblaas”!! Alle voorsorg was getref met ’n kannetjie van een of ander haarsproei wat kastig ontplof as jy dit oopmaak en druk en ’n vuurhoutjie voor hou. Dit sou ons heerlik pret verskaf om te sien hoe die ouens binne hulle g…e afskrik in die middel van die nag en veld inhol …

Maar tot ons ontnugtering het ons toe uitgevind – jy kan nie ’n tent opblaas nie – slegs afbrand. Hy “kaboem” nie en val nie inmekaar soos ’n stasiegebou of ’n winkelkompleks nie en dis sommer voerts en die tent brand sommer so met ’n ligte briese aangedryf bo-oor sy eie pale weg. Sonder ’n gedruis en ’n gedonder!! Ai was ons teleurgesteld. Ons moes toe onderdak aan die maters bied in ons tente wat die slaap effe ongemaklik gemaak het!

Nou lees ek hier in Italië die naweek van terroriste wat volgens die polisie op Sondag gevang is by hulle huise in veraf plekke soos Pretoria, Nylstroom en sulke plekke – en wat ook die tent wou opblaas met mortiere en gevaarlike wapens … En ek wonder toe nou maar wat is die logika daaragter. Sit by die huis, die kongres is al vanaf Vrydag aan met geen voorval van geweld nie, en op die laaste dag word  4 of 7 mense in hegtenis geneem vir iets wat hulle kwansuis sou gedoen het – waaraan die polisie glo al weke intensief ondersoek het – maar hulle soek eers die huise deur op die Sondag waar hulle die mens kom in hegtenis neem. Toe noem hulle dit terrorisme en hoogverraad!!? 

Nou verstaan ons Italianers dit glad nie – hoekom en wanneer wou hulle die tent “opblaas”?  Weet hulle mens kan nie ’n tent opblaas nie? En hoekom mortiere. En is AK47’s wat nog nie gekoop is nie bewys van so ’n aggressiewe daad? So dit wil my voorkom asof niks in plek was soos die polisie dit graag sou wou he nie. Alles is sinspelings op hulle verskriklike ondersoek van weke lank – en toe waarsku hulle nie eens die ANC nie? Dis mos nie mooi nie – ek meen hulle moet die mense mos beskerm.

Maar nou is die interessant dat die klag teen terrorisme uitgegooi is en verander na hoogverraad om die pres Zuma en enkele grootkoppe uit te wis! Wanneer? En ek verstaan steeds nie die bewyse nie. Ek meen hier in Europa is die reël: “wie beweer moet bewys”. 

Ek gesels toe met ’n vriend die week wat regs en politieke kenner is in SA en die noem dat daar duidelike  planting van getuienis asook bewys plaasgevind het. Want die bewyse was nie werklik in die huise gevind nie. Ag ensovoorts …

Ek wonder of die konflik binne die ANC nie afleiding nodig gehad het nie en iemand moes toe nou die aandag aflei – en ongelukkig was dit nou maklik en teiken weereens (soos altyd) nog ’n paar Afrikaners wat kwansuis die by die 50 miljoen ander sou wou regeer. Dit klink bietjie baie dom vir ons hier. 4 to 7 mense??? Regtig polisie Jones, is jy regtig so intelligent?? Of is hulle so dom?? En jy vang glo nog tien. Nou waar is hulle en die mortiere en gevaarlike wapens wat die 50 miljoen ANC-gesindes omver sou werp?

Ek meen 7 mense kan tog insien dat hulle miskien sewe ander sou skiet – maar as die polisiestaat op hulle sou toesak dan bly daar nie een oor nie – en hulle is nou nie so gelukkig om ’n Selebi of Shabir Schaik te wees en binnekort weer golf te speel nie. Hulle moet volgens die  meeste swart mense se kommentare “uit die gemeenskap verwyder word” (News24) .  Net boere mag vermoor word en dan kan die moordenaars nog borgtog kry ook – al het hulle die dade klaar gepleeg!! Sjoe of “eish” soos ek hoor die Afrikaners deesdae spot!     

Ons wat in die buiteland bly en so baie sentimente het oor ’n land wat was, het met hartseer verneem dat die meeste van hierdie intelligensiediens persone blankes is, asook die polisie wat glo die Arende of aasvoëls of so ’n wrede voel naam het. En die geplante (en sekerlik betaalde getuies) soos die AK47 verkoper (wat glad nie so iets mag besit nie), is geplant om hierdie mens in die moeilikheid te bring – ou taktieke van die kommuniste hierdie kant …! Mens kan sien die ANC en die intelligensiediens het uitstekende maar voorspelbare opleiding gehad hier by ons Noordelike bure!

Een van die redes waarom ek my gesin na Italië gebring het, is juis omdat ek waargeneem het dat die blankes in SA glad nie meer – of dan bitter min agting en respek vir eerlikheid en integriteit oorhet. Hulle is ’n nasie wat nie eens saam die Groot Trek kon aanpak nie, nie saam een kerk kon handhaaf nie, nie eens saam in een party teen die Engelse staan nie en nie eens saam die Boereoorlog kon veg nie. Hulle wil elkeen hulle eie agenda laat geld.

Indien ek nou nie die veralgemening toelaat om aan die min wat nog mooi egte Europese karakter integriteit oorhet laat beledig nie, wil ek hier die stelling maak dat die wat oorgebly het en deel in hierdie landbedrog teen hulle eie mense, geen integriteit of die gene daarvan in hulle het nie. Hulle werk saam met ’n korrupte polisiestaat om mense wat durf waag om bietjie vir hulle self te dink te illumineer – en dit  doen hulle so oor tyd dat die groter bevolking weldra vergeet van die verhoorafwagtende blankes in die tronke (waaroor die swartes so spog in hulle kommentare op News24). En wat hulle self nie besef nie is dat hulle uiteindelik sal deel hê daarin dat die blankebevolking heeltemal  gaan verdwyn of net so ’n agterlike bestaan voer soos die wat oorgebly het in Zimbabwe. (Wonder wat hulle daaruit verdien en kry?) Seker ook deel in die miljoene wat so vryelik uitgedeel word aan almal wat wil deel hê aan die regering van daardie patetiese landjie.

Nee wat, vir ons mense wat hier in Europa sit , en ek is seker oor die hele wêreld , is die blankes in Suid-Afrika ’n groot teleurstelling. Nie dat ons terrorisme goedpraat nie, maar die wyse van regspleging in julle land is totaal nie op beskaafde norme en waardes geskoei nie. Dit laat ons dink aan ons eie land se gesegde: “Nero speel viool terwyl Rome aan die brand is”.

Ons maak dus werklik ’n opsomming dat baie min blankes nog met edel bloed in Suid Afrika oorgebly het. Meeste is korrup en sonder enige identiteit of trots. Hulle loop reeds in die wolke rook van die brandende land en dink hulle is in die paradys. Goddank ek kan my kinders grootmaak in ’n arm land, maar ’n land waar daar nog ’n sin vir waardes is en jou woord jou eer en jou mede Italianer nog jou Naaste is. En daar respek is vir die vreemdeling – want hy ken sy plek hier en bied en geniet die voorreg om hier te woon met respek.

Nee wat ek is van mening dat die oorgrote meerderheid van blankes met hierdie mooi karaktereienskappe reeds weg is uit daardie wonderlike land en dat Suid-Afrika op die rand van werklike burgeroorlog, anargie en ekonomiese Afrika verval is.

Hartseer! Miskien moet ek my familie wat nog daar oor is (want daar is ook al ’n paar vermoor op plase) en ander blankes wat nog innerlike integriteit het waarsku om liewer so gou moontlik maar pad te gee. Julle betaal tog in elk geval net die belasting wat die regering mors en julle self daarmee bykom.

Laat hulle die land alleen besit (saam met die integriteitlose blankes – want ons wil hulle tog nie he nie asb) en dat die wêreld kan sien hoe hulle dan die mas gaan opkom.

Mag die manne wat nou in die tronke sit en wag totdat die regering die beste leuens kan uitdink vir straf, werklik vrede van die God van hemel en aarde verkry. Dit is net Hy wat eendag triomfantelik die finale oordele gaan uitspreek en uitoefen. En al glo baie dit nie, wag nog net ’n klein rukkie en vind julle vrede daarin.

Ons Europeërs (en glo my hier is baie wat pro-blankes is en al hierdie goed lees), bid vir julle en ons wens julle sterkte toe – en vir julle gesinne. Mag julle bewaar word van die toorn van God wat kom vir die wat die reg verydel het!

Sterkte uit ’n swaarkryende maar mooi Europa!!
https://mail.google.com/mail/u/0/images/cleardot.gif

Erensto Marafi   

  • 4

Kommentaar

  • Dagsê Erensto

     
    Ek is bly jy is so gelukkig in Itali?. Jou skrywe vervul my met diepe dankbaarheid dat jy nie meer hier in Suid-Afrika is nie om jou boodskap van verdoemenis persoonlik te versprei nie. Hoekom mors jy jou tyd met ons agterlike spul hier op die Sê?
     
    Groete vir die Pous
    Thomas
  • Thomas
    Hoekom is jy so lelik met die man?  Hy simpatiseer dan met ons en daar is wel waarheid in sy stelling dat daar blankes is wat heul.  Buitendien, hy's ook nog seer want hy het van sy mense in plaasaanvalle verloor en mens kan niemand kwalik neem dat hulle ontstoke daaroor is nie, dié dat hy miskien bietjie oor-veralgemeen.  Jy weet mos, net so goed soos ek, dat nie al die Afrikaners hier hulle beywer het vir hierdie gemors nie.

  • Erensto, of sommer in Afrikaans Ernst.

     
    Dis nou wragtag 'n trol brief (Engelse definisie van forum "trolling"). Dis die een veralgemening na die ander. Die groot grap is natuurlik, dat terwyl jy die Afrikaner uitkryt dat hy nie saam kan staan nie, is jy een van die grootpraters wat stert tussen die bene landuit is toe die reenboogdroom nie verwesenlik het nie. Wat het dan nou geword van saamstaan?
     
    Nee man, mens maak nie so met die balk nog duidelik in jou eie oog nie.
     
    Ons het eerder die manne wat wel ge-emmigreer het nodig om ons saak daar in die buiteland te stel. Die propoganda oorlog woed nog voort, en die Afrikaner se beeld moet herstel word.
     
    Groete Kobus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top