Presentjie vir Jan Rap

Ons is so gewoond daaraan dat die Afrikaner as 'n skurk voorgestel word dat 'n mens later selfs 'n negatiewe opinie van jouself het. Dis dan 'n skok om die volgende woorde in 'n boek te lees:

“There was a preponderance of Afrikaans folk in the area, with their more rigid behaviour and moral values. It would be difficult to find more sincere, likeable, and hospitable people in any part of the world.”

Dis 'n aanhaling uit 'n boek van Basil Shackleton The Grape Cure. A living testament. Die eerste uitgawe van die boek het in 1969 verskyn. Shackleton was 'n gebore Rhodesiër wat ook lank in Engeland gewoon het. Die aanhaling verwys na mense wat in die omgewing van Somerset-Wes gebly het. Ek is sommer lus en ry oor – dis naby my.

Hopelik maak ek Jan Rap se dag. Groetnis.

George

Kommentaar

  • Dankie George, hierdie Basil Schackleton is van die paar objektiewe mense wat nog oor is op aarde.  Hy vertel iets wat ek en jy natuurlik weet, dit mag egter ’n skok wees vir ouens soos Francois Williams en ander anglofiliese patete en hanskakies.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.